“The only love worthy of a name
is unconditional.” ― John Powell —Vir ʼn maand lank het ons gesels oor: ‘Onvoorwaardelike Liefde’ — wat dit beteken en hoe om dit te koester, kweek, en kultiveer.
Die slotsom was dat onvoorwaardelike liefde is nie afhanklik van behoeftes of verwagtinge, of solank dit tot my voordeel is nie. Allesomvattende en allesinsluitende liefde aanvaar mekaar presies soos hul is, sonder 'n agenda wat sê: ek is lief vir jou solank dit my pas, solank dit maklik is, solank jy doen wat ek wil hê — unconditional love says: “No terms and conditions apply.”
Ons het begin om te sê dat hierdie onvoorwaardelike liefde rus op VYF pilare: aanvaarding (embrace), respek, lojaliteit, menswaardigheid (dignity), en liefdevolle-goedheid (kindness). As jy een van dié wegvat, tuimel die ander ook inmekaar.
Dit is maklik om oor liefde te praat en dit te demonstreer as alles goed gaan en as daar gevoel word dit is wederkerig maar wanneer die konflik kom, is dit moeilik om ons verskille, misverstand, en ongelukkigheid met LIEFDE op te los. Daarom het ons na SEWE REËLS gekyk om konflik sinvol op te los:
Ons het hierdie hele tema geweef om Paulus se oproep:
“Clothe yourselves with compassion, kindness, humility, gentleness, and patience.”
— Colossians 3:12 —• Compassion
— the garment of loveOm empatie met ander te hê, hul pyn te voel, en met opregte sorg te reageer. In 'n wêreld wat dikwels gekenmerk word deur laksheid en 'n traak-my-nieagtige houding (indifference), daag deernis ons uit om hindernisse af te breek en 'n helpende hand uit te reik na die wat swaar dra aan emosionele pyn.
Net soos Jesus sy deernis gedemonstreer het deur sy liefde en onbaatsugtige opoffering, laat ons onsself klee met deernis sodat ons VATE en FAKKELS van God se liefde kan word vir 'n gebroke wêreld.
• Kindness
— the garment of graceDit roep ons op om met sagmoedigheid, vrygewigheid, en bedagsaamheid teenoor ander op te tree. KINDNESS oortref blote hoflikheid en poog om diegene rondom ons op te hef, aan te moedig, en te inspireer.
As volgelinge van Christus word ons geroep om navolgers van God se goedhartigheid te wees en Sy liefde in elke interaksie te demonstreer. Laat ons onsself met KINDNESS klee, en laat die lig van Christus skyn deur ons welwillendheid.
• Humility
— the garment of surrenderDit maak ons harte nederig en herinner ons daaraan dat sonder Liefde, is ons niks. Nederigheid stel ons in staat om ons foute, swakhede, en behoefte aan God se liefde in ons lewens te erken.
Deur nederig te wees, leer ons om te dien in plaas daarvan om bedien te word, om ander se behoeftes bo ons eie te stel. Laat ons onsself klee met nederigheid as ons strewe om in Christus te leef.
• Gentleness
— the garment of restraintDit temper ons reaksies, versag ons woorde en bevorder harmonie in ons verhoudings. In 'n wêreld gevul met woede en vyandigheid, is sagmoedigheid 'n kragtige getuienis van die transformerende werk van Christus. Deur teerheid te omhels, beliggaam ons die liefde en medelye van Christus, wat selfs in die gesig van teenstand met onwrikbare liefde reageer het.
• Patience
— the garment of enduranceWat beteken liefde as daar nie geduld is met mekaar nie? Hoe lank sal jy dit volhou as daar nie uithouvermoë is nie?
Onvoorwaardelike liefde kom met verdraagsaamheid. Dit leer ons om te volhard, selfs/veral wanneer ons te doen kry met uitdagings, mislukkings, en teleurstellings. Deur geduld te ontwikkel, demonstreer ons ons vertroue in God se onvoorwaardelike liefde en ons bereidwilligheid om ons behoeftes, begeertes, verwagtinge oor te gee aan dié LIEFDE.
Om sonder voorwaarde lief te hê, sonder beperking te versorg, en om sonder rede te gee, en om te gee sonder verwagting — dit is die gees van ware liefde.
Julie is my geboortemaand en ons gaan gesels oor die tema: What gives meaning to your life?
Om betekenis te vind in jou lewe is om te besef dat die kwaliteit van jou lewe word bepaal deur die kwaliteit van jou verhoudings.
Met liefde en waardering
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.