Uit die Rykdom van Tradisie — Regrets

“Fully experienced, regret turns our eyes, attentive and alert, to a future possibly lived better than our past."― David Whyte —

Facebook herinner my dat op hierdie dag, tien jaar gelede, het ek op my muur geskryf:

Too often when someone stands up and shouts “Tradition!” values have to sit down. Tradition is a guide not a guard. Tradition should always be about principles and values; civility and ethics. History is what we make today. Tradition is what we create today. History is NOT tradition.

Daar is by my ʼn enorme respek en waardering vir ‘tradisie’ — die oordra van kennis en insig, oortuigings en gewoontes, gewoonlik ‘by word of mouth’ van een generasie na die ander sonder skriftelike opdrag.

Tradisie kom met ʼn sekere konvensie — dit gee inhoud en betekenis aan ons gebruike en kultuurgoedere.

Ons sou kon sê dat ‘braai’ is deel van ons Afrikanertradisie. Ons braai as ons bly is en ons braai as ons hartseer is. Ons braai as iemand gebore is en as iemand sterf. Ons braai as ons span wen en ons braai as hulle verloor.

ʼn Braai gaan gepaard met vuur, en vuur gaan gepaard met die gemoedelikheid van vriendskap en stories deel, wat ook deel is van ʼn Afrikatradisie, want in alle kulture op hierdie kontinent het dit dieselfde betekenis.

Ons godsdiens is gelaai met tradisie wat gepaardgaan met rituele en simbole soos ons sakramente (nagmaal, doop, kruis, en kerse). Die oomblik as ʼn mens die simbole moet begin verduidelik, verloor dit hul betekenis.

Ongelukkig is dit ook so dat baie mense ʼn sekere tradisie volg sonder begrip waarom hulle dit doen. Dan word dit tradisie net ter wille van tradisie sonder sin of dat dit enige waarde toevoeg.

Gustav Mahler verwoord dit mooi:

“Tradition is not the worship of ashes, but the preservation of fire.”

Hier is die vonk van die vlam en die gloed van die vuur: tradisie help jou onthou.

Tradisie sê iets van waar ons vandaan kom, en hoe ons gekom het tot waar ons nou is. Dit sê iets van 'behoort' en gee 'konteks' in ons verhouding met andere.

Maar te dikwels haak tradisie vas by die vorm daarvan en vergeet om na die ‘inhoud’ te kyk — ons fokus op die glas, maar skink nie die wyn nie; ons bestudeer die vaas, maar sit nooit blomme daarin nie; ons bewonder die seilboot, maar waag dit nie uit die hawe nie.

We have a house but not a home. We know the road but don’t experience the journey. We have the recipe but not the ingredients.

Dan kom die spyt (regrets) wat die meeste van die tyd te doen het met wat ons NIE het, of NIE gedoen het nie?

Ons is teleurgesteld oor wat gebeur het, maar vra nie wat het ons geleer nie. Ons is beswaard omdat dinge nie uitgewerk het soos ons dit graag sou wou gehad het nie, maar neem nie verantwoordelikheid vir ons keuses nie.

Helaas is dit ook waar dat soveel mense die woord ‘tradisie’ gebruik as ʼn verskoning om nie vir hulself te dink nie, en niks te wil verander nie.

Vat Amerika as ʼn voorbeeld. Die laaste week hoor ons (weer) hoe mense praat van “traditional values” as verwys word na The Second Amendment and the right to keep and bear arms.”

Daar is nou meer “mass shootings” (waar meer as vier mense dood is in ʼn skietvoorval) in Amerika per jaar as wat daar dae in ʼn jaar is. ʼn Mens is nie jou lewe seker in ʼn inkopiesentrum, kerk, of skool nie. Kinders word afgemaai en die debat gaan oor die geestesgesondheid van die een wat die sneller getrek het. Niemand vra hulself: hoekom gebeur dit NÉT in Amerika nie?

Dit het NIKS te doen met ‘tradisie’ nie!

Dink aan die instelling van die huwelik — tradisioneel is ʼn huwelik gesien as een man met een vrou ‘tot die dood ons skei’, maar vandag is ʼn huwelik solank die liefde hou.

In ʼn konvensionele huwelik word die man gesien as die ‘hoof van die gesin’, maar vandag berus ʼn huwelik op ʼn vennootskap tussen twee sielsgenote wat mekaar sien as ewemens, en waar die ‘commitment’ belangriker is as die kontrak.

Hopelik word ʼn nuwe tradisie gebore in die verstaan van wat ʼn huwelik beteken — naamlik om altyd, en onder alle omstandighede emosioneleintellektuele, en spirituele waarde toe te voeg.

Ek kan my dit nie indink of ʼn mens enigsins van ʼn huwelik kan praat as een van die drie waardes ontbreek nie.

Kom ons praat eerskomende Sondag oor REGRETS — en dan kyk ons na vyf goed om die emosies van spyt te verander in iets wat helend en opbouend is:

  1. Aanvaar wat gebeur het
  2. Vermy die dryfsand van spyt
  3. Fokus op wat jy kán doen
  4. Leer die les en kies anders
  5. Gee die wond lig en lug

Ons kom uit ʼn ryk Christelike tradisie wat leiding gee hoe om sinvol om te gaan met ons spyt en selfverwyt.

Geseënde week verder.

Met liefde

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“There is a tide in the affairs of men.Which, taken at the flood, leads on to fortune;Omitted, all the voyage of their lifeIs bound in shallows and in miseries.On such a full sea are we now afloat,And we must take the current when it serves,Or lose our ventures.”―  Shakespeare's 'Julius Caesar' 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights