Jesus — Opstanding en Lewe

31 Maart 2021

“Very simply, the resurrection
is the overcoming of death.
It is a reawakening; a rebirth;
a change of mind about
the meaning of the world.”

― A Course in Miracles —

Laat my begin om dankie te sê vir almal wat die laaste maand ons Sondae Sirkel bygewoon het. Dit is hartverblydend om ons Kapel weer so vol (as wat regulasies ons toelaat) te sien.

Eerskomende naweek is Paasnaweek — die belangrikste naweek in elke Christen se lewe. Wat ons van kindsbeen af geleer is oor die ‘kruisiging en opstanding’ kom in een naweek bymekaar. As ons dink die herdenking hiervan gaan net oor wat 2000 jaar gelede gebeur het dan mis ons die inhoud en betekenis totaal. As ons nie ons eie ‘kruisiging (dood) en opstanding (wedergeboorte)’ hierin sien nie, sal dit soos elke ander jaar net nóg ʼn langnaweek wees.

Miskien moet ons begin met die vraag: Hoekom is Kersfees steeds meer belangrik as Paasfees?

Waarom is Kersgeskenke steeds meer belangrik as die geskenk van versoening & vergiffenis — van my aan jou, en van jou aan my?

Een keer ʼn jaar kry ons die geleentheid om tot stilstand te kom en onsself te vra: waar het ek die afgelope jaar, keer op keer, myself gekruisig tussen vrees en skuldgevoel; waarom het hierdie twee rowers gemaak dat ek my doel mis; en waarom roep ons steeds, “My God, my God, waarom het U my verlaat…” (Psalm 22:2) as dit donker word om my?

As ons as Christene net vir ʼn oomblik sal besef dat Paasfees vir ons is wat Yom Kippur (Dag van Versoening) vir die Jode is. Dit is die Heiligste dag van die jaar in Judaïsme. ʼn Dag wat sonder twyfel ook vir Jesus die allerheiligste dag van die jaar sou wees. Daar word geen werk gedoen nie, daar word gevas met kos en van alle fisiese plesier. Dit is ʼn dag van toewyding — devotion and dedication.

Hierdie ‘versoening’ (atonement = at|one|ment with God) wat ons met Paasfees vier, staan in direkte verband met Jesus se dood en ‘opstanding’ net soos dit in direkte verband staan met my eie transformasie (rebirth, reset, return, revival, reawakening) waarvan ons die hele maand gepraat het.

Kom ons hersien net weer wat ons elke jaar met Paasfees hoor as die Evangelie van Johannes ons lei op die pad van Golgota, na die Graf, na die Manifestasie van Christus.

Daar is in die Johannes Evangelie geen melding van Jesus wat worstel met God om die beker van hom weg te neem nie, maar eerder: “Hiervoor is ek gebore — this is my destiny!”

Volgens Johannes roep Jesus nie aan die kruis die woorde van wanhoop (“My God, my God waarom het U my verlaat?”) nie, maar word sy totale lewe en leer saamgevat in die uitroep, “DIT IS VOLBRING!”

Die hele konsep van ʼn “opstanding uit die dood” was in die tyd van Jesus reeds ʼn goed ontwikkelde filosofie in die Griekse denkwêreld wat bekendstaan as: Apotheosis.

Feitlik van alle keisers, konings, en mense met ʼn besonderse invloed op die geskiedenis word vertel dat hul ‘opgestaan’ het uit die dood. Die idee was nie vreemd in die milieu van Jesus nie.

Daarbenewens gee die Griekse teks ook vir ons ʼn aanduiding dat hier veel meer aan die hand is as ʼn letterlike ‘opstanding uit die dood’.

  • Die Griekse werkwoord vir ‘opstaan’ is ἐγείρω (egeiro) — soos om vanuit ʼn bed of vanaf die grond op te staan. Die werkwoord wat egter gebruik word om te praat van Jesus se ‘opstanding’ is ἀνάστασις (anastasis) wat letterlik beteken: geestelike ontwaking (awakening), herlewing, wedergeboorte.

Wat die dissipels en volgelinge van Jesus ervaar het ná sy dood, was ʼn diep bewussyn van sy teenwoordigheid wat gelei het tot ʼn ingrypende herlewing en transformasie in Christus.

Kan dit wees dat sy ‘opstanding’ nie ʼn resussitasie van ʼn liggaam was nie — but a profound awareness of the presence of God in die awakening of the Christ in us all…? Dít is die Christus-openbaring (opstanding) — om IN Jesus te leef, is om IN God te leef…

  • Die Grieks gaan verder: in die werkwoord φανερόω (phaneroo) wat in Afrikaans vertaal word met ‘verskyn’ as daar gepraat word van Jesus wat aan die vroue by die graf en aan sy dissipels ‘verskyn’ — maar dié woord beteken letterlik: to manifest what has been hidden or unknown! 'Phaneroo' kom van die stamwoord φαίνω (phainó) wat beteken: to bring into the light, to become clear or manifest.

Kan dit wees dat Jesus se ‘verskyning’ iets baie dieper en meer betekenisvol is as die letterlike, fisiese interpretasie van ʼn liggaamlike vorm, definisie, en dimensie? Dit is my beskeie mening dat die antwoord hierop ʼn volslae “JA!” is.

Ons vier die ‘opstanding’ van Christus elke dag, en ons vier sy ‘verskyning’ in elke oomblik waar ons die Liefde van God manifesteer en reflekteer. Daarom is die ‘wederkoms’ nie gebeure op ʼn tydlyn of ʼn almanak nie, maar in elke moment van onthou dat ons geskape is in die ‘Beeld en die Gelykenis van God’ (Genesis 1:26) en dat ons die ‘Asem van God’ in ons asem (Genesis 2:7).

Dan maak die woorde van Jesus in Johannes 11:25-26 verbasend sin ...

  • “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?”

… hierop antwoord ons vrymoedig, “Ja Here, ek glo dit!” want dit het niks te doen met my fisiese liggaam nie.Dit is wat Paasfees vir my beteken. Dit is ons Yom Kippur (Dag van Versoening).

“The crucified one is the presence of God among us. He is the God who is the source of life, and his call to us is to live fully! To have life — that is the function of the Christ. It is to bring us to the experience of living in which we pass into new dimensions of life and cross the boundaries of fear that separate us from one another and from ourselves." ― John Shelby Spong, The Fourth Gospel — Tales of a Jewish Mystic

 

Dít is my geloof. Hierin lê my hoop. Dít is die liefde wat my stukkies stukkend heelmaak en my lewe sin en betekenis gee.

Kom breek Sondag saam met ons brood en deel saam met ons die wyn as ʼn simbool van LEWE, en ʼn lewe in oorvloed.

Geseënde Paasfees!

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“It is not more surprising to be born twice than once;
everything in nature is resurrection.”

― Voltaire 

 

Nuwe Sirkel-Flits is uit ... plus 'n paar ander belangrike skakels om te besoek:

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Elke Sondag om 10h00
Kolping Kapel
7 Biccard Straat
Durbanville

Die eerste 50 wat kom
kry 'n sitplek

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights