14 Julie 2013

Hierdie week se liturgie: 14_julie_2013

Die eerste sin van dié week se epos het nou al ʼn paar keer begin, gestol, uitgevee en weer begin. Soms wil mens praat oor dit wat jy nie sê nie en dit verswygings noem. Ek het nie skoene vir my woorde nie en ek staan kaalvoet ... ʼn skoenmaker sonder skoene.
Eerskomende Maandag vier ek my 50ste verjaarsdag en dit voel soos die afsluiting van ʼn era wat verby is en die begin van ʼn nuwe, ander seisoen. Party verwys spottendegewys daarna as ʼn midlife-crisis alhoewel dit geen krisis is nie, is daar wel ʼn stukkie nostalgie oor hoe vlietend die membraan tussen toe en nou lê. Die heimwee van ʼn tydperk wat verby is en die onsekerheid oor die volgende fase van ʼn mens se lewe. Reeds vir maande lank is ek besig met bestekopname oor wat vat mens saam vir die reis vorentoe en wat sit ʼn mens neer. Kaalvoet het ek geleer om sagter te loop, suutjies die pad te verken voor ek die randjies stormloop. Ek sit en lees deur jare se dagboeke, verse, gedigte, liedere, preke, briewe, woorde waarvan elke lettergreep iets weerkaats van ʼn sonsopkoms en sonsondergang oor die intervalle van elke ekstase maar ook tye van verwildering en vervreemding. Die oorloop seëninge en vreugdes maar ook tye van verdwaal en vernedering. In elke spasie tussen letters en woorde lê daar ʼn stilte waarin my ervaar en verstaan van God, netjies pas.
Ek sit gister om ʼn tafel saam met twee predikantsvriende wat ʼn groot invloed in my lewe gehad het (en hét) en ons gesels oor die kerk; oor die reisigers wat in ons lewe kom en ons vertrou om ʼn spirituele fakkel vir hulle te wees; ons praat oor hoop en geloof maar bowenal praat ons oor ons liefde vir God. Al sou ons elkeen op ons eie manier omgaan met ons ontnugtering en vertwyfeling, is daar by ons ʼn medelye, ʼn passie om die tuine wat aan ons toevertrou is om te spit, te plant, te oes, en die vrugte te deel met almal wat vir ons ʼn naaste geword het. Ek ry huis toe in die verkeer en ek dink aan ons tuin wat vir my ʼn tuiste geword het — ʼn nuwe spektrum van lig en verligting — en my hart loop van dankbaarheid oor vir elkeen wat hier lees en elkeen wat op sy/haar eie manier my lewe verryk en my telkemale weer in verwondering laat stilstaan in aanbidding voor die God wat ons ervaar en beleef in ons liefhê!
Ek wil jou nooi om eerskomende Sondag saam met my te kom dankie sê. Dankie vir elkeen wat maak dat ek myself hoor. Dankie vir elkeen wat my siel voed en oor die laaste paar jaar gehelp het om ʼn ruimte te skep waar ek, meer as wat jy dalk besef, myself gevind het. Dankie vir elkeen wat my hand vat om nie op te gee op my drome, of drome verruil vir vrees nie. Dankie vir elke man en vrou wat ʼn bedding geword het in ons tuin. Dankie vir die wysheid en warmte wat ek weekliks van elkeen ontvang. Daar is nie ʼn groter geskenk as dit nie. Kom geniet ʼn snytjie koek en tee saam met my na die tyd. Dit sal ʼn voorreg wees om elkeen in die oë te kyk om my dank en waardering uit te spreek.

In ʼn dagboek van 2006 lees ek: Love is a decision, a decision to return to the same arms after every journey ... weet nie eers of dit my woorde of iemand anders sin is nie maar aan die einde van hierdie seisoen kom ek as te ware tuis in die veilige arms van ons Wysheidsirkel om met hernude krag die reis voort te sit.
Sondag gaan ons gesels oor die eerste vyf gebooie (commitmentsuit Exodus 20.
                         i.        Nie ander gode behalwe die gesig [teenwoordigheid] van die lewende God nie
ii.         Nie voor hierdie gode buig [aanbid] nie
iii.         Nie die naam van jou Here God in leegheid [ydelheid] misbruik nie
iv.         Onthou die dag van die Sabbat om dit heilig te hou
v.         Eer jou vader en jou moeder 

Soos reeds gesê — Exodus 20 is ʼn geloofsbelydenis, ʼn credo, ʼn leefwyse (a way of life). Ons het ʼn wêreld gebou rondom ʼn verganklike vals werklikheid. Die (af)gode van ons verknogtheid, beheptheid, bygeloof, projeksies en persepsies maak dat ons die stem van die siel gedoof het. Ons vergeet dat ONS die ark is waarin hierdie kliptafels gegraveer is. Ons het verleer wat dit is om gerubs te wees wat die deksel lig sodat ander kan hoor en sien hoe groot die liefde van God vir ons is. Die eerste vyf herinnerings gaan oor ons verhouding met God en die tweede vyf gaan oor hoe hierdie leefwyse reflekteer in elke verhouding met ons ewemens. Exodus 20 is deur alle eeue vir mense ʼn rigtingwyser. Dit sê, as jy by hierdie beginsels hou, sal jy weet jy het tuisgekom.
Die Kabbalah sê: Waar leer ek die Here God ken? In die Torah. Wat is die Torah? Dit is consciousness. Wat is consciousness? Ons (re)aksie op die Torah ... 
... waarheen hierdie kameel van God se liefde gaan, daarheen gaan ek saam.

Ons begin na die skoolvakansie weer met ACIM.

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“It takes more guts to reveal your insecurities than to hide them; more strength to relate to people than to dominate them; more balls to abide by authentic principles than to follow other’s rules because the toughness of the soul will be measured not by the opinions of men but if you can stand the heat of a commitment in the kitchen of your soul.”
― Ken Wilber.

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights