Hierdie week se liturgie: 2_februarie_2014
Goeiemore, met trippe-trappe-tone die nuwe maand in. Opvallend hoe dit skielik later lig word terwyl die somer taai hang aan ons lywe. Oral praat mense oor klimaat en noem syfers van wat is normaal en wat nie. Wat is normaal, wonder ek? Wie maak die reëls? ... meer nog ... Wie maak die uitsondering op die reëls? Vir my was ‘normaal’ nog altyd net ʼn label wat ons hang om dit waarmee ons saamstem of afhaal waarmee ons verskil.
How to make sure you’re a normal person?
1. You have a computer
2. You have a cell phone
4. You’re wasting your time reading this
5. You didn’t notice there is no number 3
7. You just checked to see if there is no number 3
8. Where is number 6, huh? 😛
9. You’re now smiling because you feel like an idiot
10. Where is number 1?
11. You believed me and went to check ;-))
12. You’re not normal at all 😀
Om nie ‘normaal’ te wees nie lyk vir my is normaal. Ek lees op die oomblik die outobiografiese ‘digbundel’ van Dominic Mallary: Destroyer of Man. Hy was ʼn Punk Rock Sanger en Renaissance Digter wat in 2008 ontydig dood is op ʼn verhoog. Hy was 24. Op ʼn plek skryf hy — “Our lives are mere flashes of light in an infinitely empty universe. In 12 years of education the most important lesson I have learned is that what we see as “normal” living is truly a travesty of our potential. In a society so governed by superficiality, appearances, and petty economics, dreams are more real than anything, anything in the “real world”. Refuse normalcy. Beauty is everywhere, love is endless, and joy bleeds from our everyday existence. Embrace it. I love all of you, all my friends, family, and community. I am ceaselessly grateful from the bottom of my heart for everyone.”
In 2001, op ʼn reënerige Sondag in die winter, is Kruiskerk gebore. Daar was 28 mense. Ek het geen idee gehad wie sou kom en waarheen ek hulle op pad sou vat nie, maar ons was daar. Daar was ʼn professor en ʼn motorwerktuigkundige; ʼn dokter en kunstenaar sonder kuns; ʼn enkel ma wat opgegee het op die kerk wat nie haar kind wil doop nie en daar was ʼn gesekwestreerde sakeman wat alles verloor het. Maar ons was daar. Vir buitestaanders was ons ʼn spul rebelle wat nie die status quo wou onderskryf nie en vir kritici sou ons nie ses maande oorleef nie ... nie in ʼn stad waar alle ander kerke leegloop nie. Maar ons was daar, en dit het gegroei, en ʼn familie geword vir hulle wat teen die grensdrade van georganiseerde godsdiens vasgewaai het.
Dertien jaar en baie strome later, het ons (ek?) tuisgekom in Neo-Spektrum. Die liefdevolle aanvaarding van mense wat uiteenlopend invloei na ʼn uur op ʼn Sondag wat anders is as ander ure in die week en in hierdie andersheid ʼn God ontmoet wat plek het vir almal, selfs vir my. Ons kerkbywoning het formidabel gegroei die laaste paar maande en die laaste paar weke loop die kapel oor van mense wat sê: “Ons is hier!”
In Februarie gaan ons die tema verken — GOED GENOEG VIR GOD. Baie keer wens ek dat die boodskap van Jesus meer inskiklik sal wees tot ons behoeftes ... hoekom kon hy nie sê, “volg My en al jul drome sal waar word; volg my en elke dieet sal altyd werk en julle sal nooit botox nodig hê nie en elke week die lotto wen!” Maar nou sit ons met sinne soos — “Sterf in jouself! Neem jou kruis op en volg My! Hulle wat eerste is, sal laaste wees! Wie sy lewe verloor, sal dit vind!” Weer en weer onthou dat waar ons so hard baklei om ‘normaal’ te wees, is dit eintlik maar ʼn behoefte vir aanvaarding van my eie anders-spesiale-normaal-wees. Eintlik is dit maar ʼn begeerte dat dinge sal wees soos ons dit graag wil hê en so word ons keer op keer weergebore in ʼn transformasie wat geboorte gee aan ʼn lewe en vryheid wat soveel groter is as wat ek ooit kon droom.
Sowat ʼn jaar terug stap iemand een Sondag in ons diens en na die tyd stel hy homself voor as “pas geskei, manies depressief, bankrot.” ʼn Jaar later, toe hy sê dat nog nie veel verander het, lag ek saam hom en sê, “Behalwe jy is nou ONS pas geskeide, manies depressief, bankrot lidmaat!” Hy is vir my ʼn herinnering dat wanneer ons hulle liefhet wat minder normaal is, is daar ʼn diep besef hoe lief God is vir ons anders normaal.
Ons gaan die volgende maand nader aan mekaar staan om herinner te word dat ons, met ons eienaardighede, skete, geite, nukke, talente, en ervaring, is volledig — GOED GENOEG VIR GOD! Die vraag is HOE gaan ons daarop reageer in ons dag-tot-dag sterf en geboorte? Dominic Mallary skryf later — “Remember that every day contains a universe of potential; exhaust it. Live and love so immensely that when death comes there is nothing left for him to take. Wealth is love, music, sports, learning, family and freedom. Above all, stay gold.”
Met dit word jy uitgenooi om Sondag saam ons ʼn ‘GOOD ENOUGH CELEBRATION’ te kom vier en na die tyd eet ons lekker saam langsaan by die Kolping Gastehuis. Bespreek by my vir die ete asseblief!
Die Kolping ACIM groep Donderdag 30 Januarie 7pm — ons lees verder Chapter 1, Section 1 “The Meaning of Miracles”
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“I didn't want normal until I didn't have it anymore” ― Maggie Stiefvater, ‘Lament: The Faerie Queen's Deception’