Hierdie week se liturgie: 9_februarie_2014
In die maand waarin ons gesels oor GOED GENOEG VIR GOD (Worthy enough) staan ons Sondag stil by die vraag hoe moet ons reageer in ʼn situasie waarin ons selfwaarde gekwets is en ons wonder, “Is ek goed genoeg ...” of net weer nodig het om te hoor, “jy is okay; dít is jou waarde; dít is wat jy vir my, vir ander en bowenal vir God beteken” want elkeen van ons het van tyd tot tyd daardie versekering nodig soos John Green dit mooi verwoord: “I just want to do something that matters. Or be something that matters. I just want to matter.”
Natuurlik het almal van ons dae wat voel — niks maak sin nie; min goed het betekenis; geen wil om te probeer verduidelik nie! Ons ken daai dae wat ons vir die wêreld wil skree, “Los my uit!” terwyl die hart, siel, en liggaam eintlik smag dat iemand net sal stilstaan en hoor wat ons eintlik roep, is: “Staan so bietjie nader sodat ek kan hoor, ek is goed genoeg!” Maar ons sê dit nie want wat gaan die ‘mense’ dink? Wil tog net nie soos ʼn swakkeling lyk of ʼn simpatievraat wees nie — en so verdoem ons onsself tot gedagtes van, niks is goed genoeg nie.
GOED GENOEG VIR GOD — reflekteer tog ook in ons, ‘goed genoeg vir myself’ en ‘goed genoeg vir vriende en familie’ en ‘goed genoeg vir my werk’ — en dit máák ʼn verskil om God te hoor sê: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” (2 Kor 12:9) YES, there is a shift in consciousness when we hear, “Seeing that His divine power has granted us everything pertaining to life and godliness, through the true knowledge of Him who called us by His own glory and excellence.” (2 Pet 1:3) ... of dink ons dit is Bybeltaal wat geheel en al verwyderd is van ons werklikheid? As ons die dag gaan begin glo dat God se liefde is genoeg en na liefde hoef mens niks by te voeg nie, sal dit, nee móét dit, ʼn skuif maak van kop na hart wat so verskil sal maak in alles wat ons is en doen!
Ek sit en gesels met iemand oor Neo-Spektrum en vertel hoe geseënd ons is. Nuuskierig word daar gevra wat beteken die woord “geseënd” asof die woord net behoort aan hoogheiliges, lotto wenners, en pasgetroudes ... ek probeer toe verduidelik dis waar individue met uiteenlopende agtergronde maar dieselfde intensie hul energie fokus op ʼn groter doel en in ons geval is die doel om ʼn sinvolle, relevante ervaring/verhouding met God te hê wat ʼn positiewe invloed het op al ons verhoudinge. Met so siniese grynslag word gevra, “And then it simply is?” waarop ek antwoord, “And then it simply is!” Die reaksie wat ek daarop gekry het, kan ek nie herhaal sonder **** nie ... maar ek gee toe drie voorbeelde --
1961 -- Two students in Portugal raised their glasses in a toast to freedom. They were imprisoned for seven years. British Lawyer Peter
Benenson was shocked by the events. To rally support for the students, he wrote a letter to his local newspaper. The response was so
overwhelming that a committee was formed to organise the campaign. It quickly grew into a worldwide movement known today as
AMNESTY INTERNATIONAL.
1976 -- Betty Williams, a receptionist and mother of two, witnessed three children being killed during the political turmoil in Northern
Ireland. Within two days of the tragic event, Williams obtained 6000 signatures petitioning for peace. She then led 10 000 people on a peach
march to the children’s graves. The peaceful march was disrupted by protestors. One week later Williams organised another march. This time
the march was 35 000 strong. Betty Williams was awarded the Nobel Peace Prize in 1976.
1984 -- Bob Geldof, music journalist turned punk rock frontman was inspired by a news report about Africa’s famine epidemic and began his
fight against world hunger. Geldof organised the world’s first global charity concert LIVE AID! Performances by 100 artists around the world
where viewed by 1.5 billion people. LIVE AID raised £150 million pounds in one day!
... en dis die verhaal van Josef en Moses en Ester; van Franciscus van Assisi en Moeder Teresa; van Gandhi, Mandela, en vele ander ... because THAT is ‘what simply is’ when one person stands up and says: “We are good enough to share in the BLESSINGS!”
Natuurlik weet ons van tye waarin ons moed ons begewe. Dae waarin ʼn mens teen ʼn muur vashardloop. Nagtelike ure waarin die geraamtes van ‘nie goed genoeg nie’ uit die kas val en ons oorgee aan spanning en moedeloosheid; bekommernis en bang vir alles wat moontlik kan skeefloop. Maar ons weet ons het ʼn keuse of ons wil inkoop in die ego se skril stem van “not _______ enough” en alles wat ons in die middel laai tot ons op ʼn dag uitkom by, wat Anaïs Nin beskryf “... when the risk to remain tight in the bud was more painful than the risk it took to blossom.” Ons neem verantwoordelikheid vir ons “GENOEG” en dra dit soos ʼn halssnoer van oorloop, oorvol, oorgenoeg. Who knows ‘what simply is’ when we realise that —
We could say “Oh, it's dark” or “Look at the stars!”
We could say “The tide is coming” or “Build me a sandcastle!”
We could say “I want to be ...” or “I have become ...”
We could say “Maybe” or “Amen!”
Onthou ons Neo-Spektrum Fees op 22 Februarie 2014 — 17h00 vir 17h30 by Diemersdal met kos, wyn, gesels, musiek van Loki Rothman en ballonne vir die sterre. Bespreek asseblief by my!
Die Kolping ACIM groep Donderdag 6 Februarie 7pm — ons lees verder Chapter 1, Section 1 “The Meaning of Miracles”
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“Love does not have to make sense. It does not have to be worthy. It does not have to be earned. It does not have to woo. It just simply is.” ― Mary Balogh