Hierdie week se liturgie: 23_februarie_2014
Na die hel-hitte van die laaste week is daar vanoggend gelukkig so koel bries wat oor die stad waai wat ʼn mens sommer instaatstel om die dag met nuwe energie aan te pak.
Dink vir ʼn oomblik oor dié vraag — as jou lewe ʼn boek is en jy is die outeur, hoe sal jy wil hê moet die storie vertel word?
Die ironie van so verhaal is die feit dat soveel bladsye gevul word met worry oor goed wat verby is óf goed wat ons vrees gaan gebeur en toe nooit gebeur het nie. Vir iemand wat dagboek hou, staan hierdie “worryability” gewoonlik soos ʼn paal bo water en lyk dit vir my dat daar duidelik twee groepe van bekommernis is ... die een noem ek goed-wat-nie-die-moeite-werd-is-om-oor-te-bekommer-nie: guilt, regret, shame, past, future, blame, fear, and failure (behalwe as dit deur jou eie toedoen is want dan maak ons dit heel). Die ander groep kan ons noem goed-wat-die-moeite-werd-is-om-oor-te-bekommer: simplicity, sufficiency, spirituality, forgiveness, kindness, grace, courage, and of course love.
In die maand waarin ons gesels oor die tema GOED GENOEG VIR GOD sluit ons eerskomende Sondag af deur te gesels oor die verband tussen ‘WORRY’ en ‘WORTHY’ want eersgenoemde beïnvloed laasgenoemde. Hoeveel trane, hoeveel hartseer, hoeveel verdriet moet dit vat voor ons uiteindelik besluit om te LAAT LOS aan die ou ‘my’ om sodoende ʼn nuwe ‘ek’ te OMARM?
Borders, Barriers, Shields, Fences ... mag miskien bladsye in jou lewensboek wees maar dis nie die ink nie. Die ink is juis die moed om keer op keer die bladsye te herskryf sonder om blaaie uit te ruk. Die ink is die dapperheid om weer en weer op te staan en die pen (keuse) in die hand te vat en te sien hoe selfs teleurstelling ons wéér laat droom en ons verbeelding gebruik om die volgende hoofstuk te skryf. In ons verbeelding kan ons enige iets wees wat ons droom. Ons uitdagings is nie iets wat ‘goed’ of ‘sleg’ is nie maar wat ons talente, seëninge, gawes, deugde is. Dit is wat boundaries beteken! Borders, Barriers, Shields, Fences – is wat ons doen om ons tuin te beskerm en dikwels afsny van water, lig en lug – terwyl boundaries niks anders is as ons beddings waarin ons ons blomme plant vir ʼn lushof vir almal wat ons tuin besoek of ons bome se skadu’s opsoek in dae wat die son ons skroei. Maar selfs nog meer belangrik is om ons tuin saam ons te vat waar ons ook al is. Hierdie tuin is nie ʼn plek nie maar A WAY OF LIFE!
Vir my (en dis maar persoonlik) is die probleem van ‘nie _____ genoeg nie’ ten diepste ʼn Spirituele ‘probleem’ veel meer as ʼn emosionele of intellektuele krisis (separation). Daarom is die oplossing dan ook ʼn Spirituele ‘oplossing’ wat die kraaines van emosies dat ons nie goed genoeg (of wat jy ook al wil laai tussen ‘nie’ en ‘genoeg’) ontknoop. En laat NIEMAND jou vertel jy het nie talente, seëninge, gawes, en deugde nie. Stop ʼn lap in daai ego-stem se mond.
Fr Richard Rohr skryf in vandag se dagstukkie wat ek elke dag per epos ontvang — “Jesus said, ‘I will not leave you orphaned’ (John 14:18). Faith is to trust that an intrinsic union exists between us and God. Contemplation is to experience this union. There is a necessary movement between the two ends of the divine/human axis, between one’s core and the core of God. The only real sin is to doubt, deny, or fail to experience this basic axial connection. If you don’t have some small mirrors (partners, friends, and lovers) that are telling you you’re good, it’s very hard to believe in the Big Goodness.
The word “innocent” from its Latin root means “not wounded.” That’s how we all start life. We’re all innocent. It doesn’t have anything to do with moral right or wrong. It has to do with not being wounded yet. We start unwounded. We start innocent, but the killing of our holy innocence by power and abuse (as in the killing of the Holy Innocents by Herod [Matthew 2:1-23]) is an archetypal image of what eventually happens to all of us. Probably it has to happen for us to grow up. We can’t stay unwounded. We have to leave the garden, so to speak. It is this movement out and back between the loneliness and desperation of the false self and the fullness of the True Self that is the process of transformation. That’s how we move to consciousness and inner freedom.”
Om te bely dat ons is GOED GENOEG VIR GOD vat nie al ons worries weg nie maar maak ons sensitief bewus van ʼn dieper waarheid. Om te getuig van ʼn deurleefde self-waarde is ʼn refleksie van ʼn groter insig (wysheid) en uitsig (waarheid). Hierdie perspektief maak dat ons vlerke nie vou as ons vlieg nie ... of dat ons bene sink in die dae wat ons beland in die dryfsand van die ego se misnoeë met ons waarde en vermoë om groter te wees as ons teleurstellings en bekommernis.
Dis waarna Paulus verwys as hy aan die gemeente in Efese skryf — “Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe. Daar is net één liggaam en net één Gees, soos daar net één hoop is waartoe God julle geroep het.” (Efesiërs 4:2-4)
Kom ons sluit eerskomende Sondag af en dan bring ons ons ‘GOED GENOEG VIR GOD’ na ons sirkel-kapel en vul dit met ons oorloop ... oorvloed ... oorgenoeg!
>>>> Onthou ons Neo-Spektrum Fees op 22 Februarie 2014 — 17h00 vir 17h30 by Diemersdal met kos, wyn, gesels, musiek van Loki Rothman en ballonne vir die sterre. Bespreek asseblief by norma.moller@telkomsa.net
Die Kolping ACIM groep Donderdag 20 Februarie 7pm — ons lees verder Chapter 1, Section 1 “The Meaning of Miracles” en Maandagaand 3 Maart 19h30 in die STAD
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“If you don’t become the ocean, you will be seasick every day.” ― Leonard Cohen