Hierdie week se liturgie: 24_augustus_2014
Soos die meeste van ons, het ek grootgeword tussen mense in skole en kerke wat ‘geweet’ het – en seker was daarvan. Daar was geen rede om te redeneer of te ondersoek nie. Hulle het geen twyfel gehad wat die ‘waarheid’ is nie. Geen ruimte vir ‘vermoede’ of ‘miskien’ nie. God se openbaring was vir hulle duidelik en verstaanbaar. God het die eerste dag geskep ± 4000 jaar voor Christus. In die aande het hy gerus en in ses dae alles geskape. Hulle het geweet wat is die oorsprong en oorsaak van die bose, geweld, siekte, én die dood. Al die verhale van die Bybel moes geglo word soos dit daar staan soos die verhaal van Noag. Die vloed het almal op die aarde uitgewis met die uitsondering van agt mense. Alle kinders, oud en jonk het verdrink; elke getroue vader en moeder wat met sorg hul kinders wou beskerm; elke pasgetroude bruid en vurige minnaar; elke vreemdeling wat hom ontferm oor die pyn en ellende van ʼn ander ... almal sou omkom terwyl die uitverkore passasiers sing, “His mercy endureth forever” ... net soos elke aardbewing, vloed, hongersnood, siekte, en oorlog gebeur het volgens die ‘plan van God’ omdat dit nodig is/was om daardeur tot geloof in God te kom. In Jesus Christus is ʼn persoon gevind wie se bloed ons van AL hierdie goed sou red en deur sy redding vir ons ʼn ewige lewe sou gee. Waar siekte, oorlog, natuurrampe ons daarna tref, was dit ʼn toets om te kyk hoe sterk ons geloof is en dat dit alles gebeur omdat God vir ons lief is. Op 18jarige leeftyd het ek Teologie gaan studeer met die hoop dat my twyfel besweer sou word want as ʼn lopende hormoon op daardie leeftyd, het min goed sin gemaak. Ek wou ook met soveel sekerheid ‘weet’ en was heimlik jaloers op almal wat so oortuig was van alles en het ek gehoop dat die slim professors vir my dié ‘geloof’ sou gee wat ek kennelik ontbreek (en erken) het. Dikwels is gevra of ek in God glo wat ek nog altyd onwrikbaar kon antwoord “JA!” maar die paradokse wat geborduur word met geparfumeerde Bybelversies was vir my verwarrend en in elke konfrontasie oor die uitleg van hierdie ou sitate, verhale, profesieë, en wysheidsliteratuur het ek telkens na my asem gesnak want in my eie verhale van verdwaal en vervreemding moes ek leer om verantwoordelikheid te aanvaar vir die implikasies en konsekwensies van MY keuses en nie God daarvoor blameer nie.
Soos die jare aangestap en die voortvarende entoesiasme van my jeug plek moes maak vir ʼn dieper insig (waarheid) en ʼn groter uitsig (wysheid) het daar ook perspektief gekom oor my plek en doel in ʼn groter konteks. Die ontnugtering oor my eie lewensloop het seer littekens gelos maar die bevryding was die ontdek dat my littekens is slegs ʼn getuienis wat sê, “my past is real” en dat dit nie my identiteit óf integriteit definieer nie. Soos John Green skryf in sy boek ‘The Fault in our Stars’ – “Grief does not change you, it reveals you.”
In dae wat dit gevoel het ek leef in ʼn loopgraaf van net-net-oorleef; in tye van ʼn Godsverduistering toe dit gevoel het ek spoel in ʼn geut van ʼn werk wat elke dag soveel meer vra as wat dit gee; tydens die seisoene van gebroke verhoudings wat my oorrompel het met skuldgevoelens en vrees, het woorde soos die van Robert Ingersoll tot my redding gekom — “We can tell the truth, and we can enjoy the blessed freedom that the brave have won. We can destroy the monsters of superstition, the hissing snakes of ignorance and fear. We can drive from our minds the frightful things that tear and wound with beak and fang. We can fill our lives with generous deeds, with loving words, with art and song, and all the ecstasies of love. We can flood our years with sunshine — with the divine climate of kindness, and we can drain to the last drop the golden cup of joy.”
Daar is baie dinge wat ek nie weet nie; nooit sal verstaan nie; wat altyd ʼn misterie sal bly ... maar dan is daar ook ʼn knapsak vol padkos wat ek saamdra van lewenservaring wat keer op keer die vars asem van ʼn nuwe begin is:
· Om ‘soekers’ te wees is eng en benouend — hê die moed (courage) om jou pelgrimstog aan te pak, uit te vind, te leer, te
WÉÉT wie jy is in die ‘splendour, desire, delight of God’
My Soul wants to fly away when your presence calls it so sweetly. My Soul wants to take flight, when you whisper “Arise!” — Rumi
· Leer om te kan ONDERSKEI tussen meaningful and meaningless; sense and nonsense; what has value and what is a
worthless.
“Without pain, how could we know joy? … the existence of broccoli does not, in any way, affect the taste of chocolate.” ― John Green, The Fault in Our Stars
· Moenie enige iets vanselfsprekend aanvaar nie — nie die LIG van geloof nie, nie die WATER van hoop nie, nie die VUUR
van liefhê nie — en veral nie die ASEM van lewe nie!
Bly nuuskierig, hou aan ondersoek, daag jou opinies en persepsies uit om nuut te dink maar bly dankbaar vir wat jy het want daar is
fundamentele goed wat nooit verander nie soos die Vrug van die Gees (Galasiërs 5:22)
Bly nuuskierig, hou aan ondersoek, daag jou opinies en persepsies uit om nuut te dink maar bly dankbaar vir wat jy het want daar is
fundamentele goed wat nooit verander nie soos die Vrug van die Gees (Galasiërs 5:22)
Ons tema vir Augustus is — ‘DIE GESKENK VAN HERLEWING’ — (THE GIFT OF REBIRTH) en ons het reeds gesels oor THE GIFT OF LIGHT; THE GIFT OF WATER; THE GIFT OF FIRE en eerskomende Sondag gaan ons gesels oor — ‘THE AIR THAT WE BREATHE’
Die lug wat ons asem, is die lug wat lewe skep en onderhou. Van daardie eerste asemteug wat ʼn baba gee, is dit ons naelstring met die Holy Breath of God ... daardie asem wat Genesis 2:7 van praat wat God in die neus van die mens geblaas het. Rumi verwys so mooi daarna as hy sê — “You are the master alchemist. You light the fire of love, in earth and sky, in heart and soul of every being. Through your love existence and nonexistence merge. All opposites unite. All that is profane becomes sacred again.” Of soos C. JoyBell. C dit verwoord, “I am never alone wherever I am. The air itself supplies me with a century of love. When I breathe in, I am breathing in the laughter, tears, victories, passions, thoughts, memories, existence, joys, moments, and the hues of the sunlight on many tones of skin; I am breathing in the same air that was exhaled by many before me. The air that bore them life. And so how can I ever say that I am alone?”
“Wat is asem? vra asem, uitasem.” (Breyten). Om bewus te word van ‘THE AIR THAT WE BREATHE’ is om bewus te word dat elke asemteug is heilig. Asem in (lewe) en asem uit (liefde) word die ritme waarvan ons nie eers meer bewus is nie, tot ons nie meer asem het om te asem nie.
Kom ons dans Sondag ons dans van ʼn Celebration of Rebirth en dan sing ons — “Don't tell me that I can't do it. Go and tell God that story. After all He is the one who gave me the air to breath and be able to do it well!” ― Israelmore Ayivor
>>>> ACIM — Donderdagaand om 19h00 by Kolping: Lessons 6 - 10 in Workbook for Students [agter in ACIM boek]
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“Another glorious day, the air as delicious to the lungs as nectar to the tongue.” ― John Muir