Isolasie en Transformasie VII

27 Mei 2020

So met die eerste winterstorms en koue soek ek na ʼn mus in een van my laaie en kom op ʼn liturgie van 2015 af met ʼn aanhaling van Christian D. Larson uit ‘Your Forces and How to Use Them’ —

“Promise yourself to be so strong that nothing can disturb your peace of mind. To talk health, happiness, and prosperity to every person you meet. To make all your friends feel that there is something in them. To look at the sunny side of everything and make your optimism come true. To think only the best, to work only for the best, and to expect only the best. To be just as enthusiastic about the success of others as you are about your own. To forget the mistakes of the past and press on to the greater achievements of the future."

Niemand het geweet wat of hoe corona nie. Niemand was voorbereid op 60 dae van lock-down en ʼn wêreldwye pandemie wat reeds meer as 350 000 mense se lewe gekos het nie. Ons het maar so voel-voel, dag-vir-dag gekyk waarheen ons dryf op die stilstaande water, en nadat ons al die sondebokke (5G, Bill Gates, Illuminati, China, en WHO) op hok gejaag het, is ons steeds nie seker wat of hoe nie.

Die eerste maand was ons gedienstig en gedwee. Ons bly tuis en volg die reëls. Stadig maar seker sluip die agterdog en wantroue by die agterdeur in en waai ons ywer en positiewe gesindheid by die voordeur uit. ‘Ledigheid is die duiwel se oorkussing’ sê die Afrikaanse spreuk en soos die dae in weke in maande omrol, dop mense se enamel af en staan ons geraamtes poedelnakend voor die spieël ... so deurskynend dat ʼn mens selfs die sondes van ons vaders en elke ondeunde gedagte van tien jaar terug kan sien.

Natuurlik is ons bekommerd oor ons eie asook ons vriende en familie se gesondheid. Natuurlik is ons gespanne oor die finansiële implikasies op ons land en ons eie besighede. Vanselfsprekend dra die onsekerheid by tot nog meer spanning en angs. Ook vir my was die laaste week in meer as een opsig ʼn uitdaging, want elke dag voel of iemand oornag die puzzle gebreek het en ons van voor moet begin. Asof elke nag die verfdoek wit kom verf en ons soggens weer van vooraf moet begin om ʼn sinvolle prentjie te skilder.

Christian Larson gaan verder —

"To wear a cheerful countenance at all times and give every living creature you meet a smile. To give so much time to the improvement of yourself that you have no time to criticise others. To be too large for worry, too noble for anger, too strong for fear, and too happy to permit the presence of trouble. To think well of yourself and to proclaim this fact to the world, not in loud words but great deeds. To live in faith that the whole world is on your side so long as you are true to the best that is in you.”

Net daar en dan besluit ek toe die storms Maandag op ons neersak om te ‘RESET’ — ek sál, ek wíl weer soek na daardie klein individuele oomblikke waar ‘acts of grace’ my vind ... ek neem die besluit om my spirituele sintuie weer in te stel op die frekwensie van ‘Divine synchronicities’ — daardie klein herinnerings dat God met ons in gesprek is, dat God hier is, dat God omgee, en dat God ons wys waar om te loop en hoe om te reageer.

Jy het gedoen wat jy kon gister, jy het jou beste gegee wat jy kan. Ja, daar is soms ʼn litteken en soms ʼn bloukol, maar dit was gister. Vandag is ʼn nuwe dag. ʼn Nuwe geleentheid om anders te dink, anders te doen, anders te reageer. Vandag kies ek dankbaarheid en waardering. Vandag kies ek: no tears about yesterday and no fears about tomorrow!

Vandag besluit ek om Ken Wert se woorde my eie te maak as hy sê —

“Let patience be your first response, kindness be your first reply, courage be your default setting, faith be your first inclination, curiosity be your first question, perseverance be your longest answer, gratitude be your spontaneous condition and love be your first, final and only method.”

Binnekort gaan ons daai Kapel se stoele 2m uitmekaar in die parkeerarea pak en gaan ek op daai muurtjie staan en my stem laat eggo teen die woonstelle oorkant die pad dat selfs daai mense oor die balkon sal hang om te hoor. En as ons nie meer as 50 op ʼn slag mag wees nie dan doen ons dit twee, of drie maal per Sondag. Dis tyd om die son na die winter en ʼn sambreel na die reën te vat.

Kom ons seën vandag met die mooiste en beste intensies. Maak vandag, die hele dag, ʼn dankgebed en ʼn loflied. Jy sal verbaas wees hoe dié dag ontvou het as jy vanaand jou lig afsit ...

Dit is genoeg vir vandag.
Môre vra ons weer!

Soos altyd,

 

YouTube-Video's: Gaan loer gerus op YouTube na ons weeklikse video's. Daar is reeds 16 episodes met woorde van hoop en bemoediging. Deel dit met vriende en familie.
https://www.youtube.com/channel/UCBbZGoIlY3NhpEvxNDexGtw

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“What is the difference between
an obstacle and an opportunity?
Our attitude toward it.
Every opportunity has a difficulty,
and every difficulty has an opportunity.”

― J. Shidlow Baxter 

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Alle Neo-Spektrum byeenkomste
is opgeskort tot tyd en wyl
dit veilig is vir almal se gesondheid

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights