“It was the best of times, it was the worst of times, it was the age of wisdom, it was the age of foolishness, it was the epoch of belief, it was the epoch of incredulity, it was the season of light, it was the season of darkness, it was the spring of hope, it was the winter of despair, we had everything before us, we had nothing before us.”
― Charles Dickens, A Tale of Two Cities —
“Okay Covid-19, WE GET IT! You’ve made your point. Can we please return to something vaguely familiar now ...?” — is my versugting vandag.
Elke dag begin met ʼn gebed en oordenking wat die emosionele batterye herlaai. Ek probeer my beste om positief te bly en ander te bemoedig. Ek glo met hart, verstand, en siel dat ons deur hierdie krisis (i.e. separation) gaan kom. Elke dag is ʼn herinnering om konstruktief te wees en myself besig te hou met wat opbouend is en vir inspirasie te hengel. "Nou is nie ʼn tyd vir swartgallige pessimisme nie," hoor ek myself sê.
Maar, dit voel of ons tango op ʼn wals.
Ek luister na ʼn stomme Brit op BBC wat praat oor Covid-19 in die “DERDE wêreld ...” asof dit ʼn ander planeet is? As dié virus ons enige iets kan leer dan is dit die feit dat daar net één wêreld is. Ons is blare van dieselfde boom. Daar is net een humanity en die dryfsand van ons individualiteit besef nou meer as vantevore die waarde van ons interafhanklikheid. Ons het mekaar nodig om te oorleef. Ons gebondenheid het mekaar nodig om te onthou wie ons is. Die betekenis van Ubuntu klop aan ons elkeen se deur. Dringender as ooit.
Ons was só seker van ons sisteme. DÍT werk, dit nie, doen dit, doen dat, sit, staan, verdien jou brood in die sweet van jou aangesig, shutup en sê dankie. “KAPAAAAOW!!” en toe kom Corona en wys ons dat daar ʼn duisend maniere is om ons samelewing te organiseer. Waarvan ons só seker was, en vanselfsprekend aanvaar het, word opgeskort en ná ʼn ruk vervang met ʼn legio ander moontlikhede. Mense werk van die huis. Kinders en studente kry afstandonderrig en vir die eerste keer besef ouers wat die omvang van onderwysers se daaglikse taak is.
Ons Zoom en Google Hangouts, ons Lifestyle Go en Slack, ons maak YouTube-video’s en video call vanaf WhatsApp. Mense se huur word opgeskort. Paaiemente kry ‘vakansie’ en ons eet weer gesond, en soek na elke geleentheid om vars lug in te asem en gebruik enige verskoning om mekaar te sien en fisiese kontak te hê. Care-workers en mense in die gesondheidsorg word ons helde, terwyl die effektebeurs gereduseer is tot net ʼn grafiek van ʼn welgestelde se emosies.
Maar, vir die meeste gelowiges knaag die vraag: waar is God in dit alles ... wat moet ons hieruit leer? As Charles Dickens skryf: “Dit was die seisoen van lig, dit was die seisoen van duisternis, dit was die lente van hoop, dit was die winter van wanhoop, ons het alles voor ons gehad, ons het niks voor ons gehad nie” dan vra dit of ons God se teenwoordigheid sien en voel in ons dae van moedeloosheid en onsekerheid — hoor ons die stem van God in wat op die oomblik gebeur?
Die Talmud (die religieuse en teologiese teks van Judaïsme) vra — “As dit nie Ek is nie, dan wie? As dit nie nou is nie, wanneer?”
Dietrich Bonhoeffer was ʼn jong teoloog in Nazi Duitsland en een van ʼn handjievol teoloë wat uitgesproke gekant was teen Hitler en die volksmoord op die Jode. Hy is in hegtenis geneem, en op 9 April 1945 tereggestel (opgehang) in ʼn konsentrasiekamp. Dit was 21 dae voor Duitsland geval en Hitler sy eie lewe geneem het. Bonhoeffer was 39 jaar oud. Hy het vir ons ʼn skat van boeke, artikels, en briewe gelos. Ek sluit vandag af met die laaste gedig wat hy geskryf het in die konsentrasiekamp. Dit is in sy sel gevind ná sy dood. Mag dit jou vandag en môre met inspirasie vul. Dit is getiteld: ‘By Kindly Powers Surrounded’
With every power for good to stay and guide me,
Comforted and inspired beyond all fear,
I’ll live these days with you in thought beside me,
And pass, with you, into the coming year.The old year still torments our hearts, unhastening;
The long days of sorrow still endure;
Father, grant to the souls thou hast been chastening
That thou hast promised, the healing and the cure.Should it be ours to drain the cup of grieving
Even to the dregs of pain, at thy command,
We will not falter, thankfully receiving
All that is given by thy loving hand.But should it be thy will once more to release us
To life’s enjoyment and its good sunshine,
That which we’ve learned from sorrow shall increase us,
And all our life be dedicate to thine.Today, let candles shed their radiant greetings;
Lo, on our darkness are they not thy light
Leading us, haply, to our longed-for meeting?
Thou canst illumine even our darkest night.When now the silence deepens for our hearkening,
Grant we may hear thy children’s voices raise
From all the unseen world around us darkening
Their universal paean, in thy praise.While all the powers of good aid and attend us,
Boldly, we’ll face the future, come what may.
At even and at morn God will befriend us,
And oh, most surely on each newborn day!
Met liefde en waardering Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
“Keep your face always toward the sunshine -
and shadows will fall behind you.”
― Walt Whitman ―
Alle Neo-Spektrum byeenkomste
is opgeskort tot tyd en wyl
dit veilig is vir almal se gesondheid