Emily Hobhouse

Sondagdiens

15 Desember 2019

"To the women of South Africa this book is dedicated
Whose endurance of hardship
Resignation in loss
Independence under coercion
Dignity in humiliation
Patience through pain
And tranquillity amidst death
Kindled the reverent appreciation of the writer,
And has excited the sympathy of the world."

— Emily Hobhouse, The Brunt of the War, and where it Fell

Hierdie week se liturgie: 15 Desember 2019

Vir my is die geskiedenis van konsentrasiekampe wat die Engelse opgerig het baie persoonlik. Daar lê van my bloedfamilie se grafte om die konsentrasiekampe van Bloemfontein, Mafeking, en Springfontein. Die verhale van die tweede Anglo-Boereoorlog (1899-1902) is goed gedokumenteer. Sowat 25 000 boere het om en by 400 000 soldate van die magtige Britse Ryk weerhou om die destydse Transvaal en Oranje-Vrystaat te beset. ALLES het gegaan oor die goudvelde wat ontdek is en as dit nie vir goud was nie, was die Engelse nooit hier nie.

Die Engelse het, toe hulle sien dat hulle nie dié oorlog gaan wen nie, begin met ʼn “Scorched Earth”-beleid. Dit het behels dat hoofsaaklik vroue en kinders van die plase weggevat is na konsentrasiekampe waarna die plase afgebrand is. Meer as 28 000 blankes (waarvan 22 000 kinders was) en 20 000 swartmense het gesterf in dié kampe ... dié kampe waarna die Britse Parlement verwys het as “the kind and beneficent protection of the British.”

Hierdie maand se gesprekke oor — LESSE UIT DIE VERLEDE  gaan hierdie week oor die verhaal van ʼn Engelse vrou wat haar lewe opgeoffer het vir haar werk in konsentrasiekampe asook om die feite van hierdie onvoorstelbare wreedheid bekend te maak in die wêreld sodat die Engelse regering gedwing sou word om dit te staak asook indirek daarvoor verantwoordelik was dat die plaaslike goewerneurs en boere-generaals met mekaar in dialoog sou gaan en ʼn vredesverdrag sou sluit.

Emily Hobhouse is op 9 April 1860 gebore in Saint Ive in die suid-weste van Engeland. Sy was ʼn Britse welsyn-kampvegter, feminis en pasifis. Met haar vertrek na Suid-Afrika was sy onder die indruk dat daar net een konsentrasiekamp was naby Port Elizabeth en tot haar skok en afgryse moes sy verneem dat daar toe reeds bykans 50 was waarvan die meeste in die Vrystaat en Transvaal. Per trein is sy na Bloemfontein waar die realiteit van dié barbaarse oorlogvoering haar ergste vrese bevestig het.

Sy skryf in haar dagboek — “Next, a girl of twenty-one lay dying on a stretcher. The father, a big, gentle Boer kneeling beside her; while, next tent, his wife was watching a child of six, also dying, and one of about five drooping. Already this couple had lost three children in the hospital and so would not let these go, though I begged hard to take them out of the hot tent. I can't describe what it is to see these children lying about in a state of collapse. It’s just exactly like faded flowers thrown away. And one has to stand and look on at such misery, and be able to do almost nothing.”

Sy sou ʼn paar keer terug na Engeland gaan om die ware toedrag van sake onder die Britse bevolking se aandag te bring en om finansiële steun te gaan vra. Sy is openlik deur politici en die media toegesnou as ʼn "verraaier" en die powers-to-be sou als in hul vermoë doen om haar mond te snoer. Op ʼn keer is sy geweier om voet aan wal te sit in Kaapstad en na ʼn paar dae van aanhouding is sy op ʼn Britse boot teruggestuur na Engeland.

Dit sou egter nie haar ywer en wilskrag doof nie. Sy skryf in ʼn Engelse koerant — “I came quite naturally, in obedience to the feeling of unity or oneness of womanhood ... it is when the community is shaken to its foundations, that abysmal depths of privation call to each other and that a deeper unity of humanity evinces itself.”

En later in haar dagboek maak sy dié opmerking — “The women are wonderful. They cry very little and never complain. The very magnitude of their sufferings, their indignities, loss and anxiety seems to lift them beyond tears… only when it cuts afresh at them through their children do their feelings flash out.”

Wat maak dat iemand haar lewe opoffer vir hulle wat beskou word as "vyand"? ... of antwoord sy dit self as sy skryf, “Alongside the honour we pay the sainted dead, forgiveness must find a place. I've read that when Christ said, ‘Forgive your enemies,’ it's not only for the sake of the enemy but for one’s own sake, because love is more beautiful than hate.”

Waar skep 'n mens die moed bymekaar om vrou-alleen per boot te reis na ʼn onbekende land wat in oorlog is met jou landsburgers; die tyd op die skip gebruik om hul taal te leer; die haat en hoon van jou eie mense op die hals haal en steeds te doen wat jy móét doen ...?

In 1913 was sy genooi om die opening van die Vrouemonument in Bloemfontein te behartig. Sy was toe reeds baie sieklik en toe die trein op Beaufort-Wes stop, het sy geweet sy gaan nie die inhuldiging maak nie. Dit was ook tydens dié besoek dat sy Gandhi sou ontmoet. Ná sy sterk genoeg was, is sy terug na Kaapstad waarna sy terug is na Engeland.

Sy was met weersin gekant teen die oorlog in Europa (WWI) en haar organisasie sou jare lank vroue en kinders van Europa versorg ná die oorlog. Tibbie Steyn, (eggenote van oudpresident Steyn) sou £17 000 kollekteer vir dié doel. Sy en Emily Hobhouse was lewenslange vriendinne.

Sy is veras ná haar dood en dit was haar wens om begrawe te word by die Vrouemonument. Die houtkissie met haar "as" is per skip, trein, en perdekar gebring na die monument. Generaal Jan Smuts het die huldeblyk gedoen — “We stood alone in the world, friendless among the people, the smallest nation against the mightiest empire in the world. The small hand, the hand of a woman was stretched out to us. At that darkest hour, when our entire race seemed doomed to extinction, she appeared as an angel, as a messenger from heaven, and the strangest of them all, she was an English woman.”

Kom ons gesels Sondag oor naasteliefde, oor vergiffenis, oor diensbaarheid, en die inhoud en betekenis van die woorde, “Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers en susters van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.” (Matteus 25:40)

Met liefde en seën

.

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Everybody can be great...
because anybody can serve.
You don't have to have a college degree to serve.
You don't have to make your subject and verb agree to serve.
You only need a heart full of grace.
A soul generated by love.”

― Martin Luther King Jr. 

.

A COURSE IN MIRACLES

Ons hervat weer in 2020 ná skoolvakansie
Ons lees volgende jaar Brené Brown se boek
'Rising Strong'
[Koop solank die boek]

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights