Ons gesels hierdie maand oor die betekenis en inhoud van ʼn BELYDENIS! ʼn Belydenis is ʼn openlike verklaring van geloof, ʼn verklaring van oortuiging. In Engels is daar twee woorde vir ‘geloof’ naamlik FAITH – loyalty and trust in God, sincerity of intentions, strong conviction ... en dan is daar die woord BELIEF – conviction and acceptance of the truth. Vir my is GELOOF nie om te glo in dinge wat ek nie kan sien of bewys nie maar om te VERTROU sonder voorwaardes. Geloof is om die lig met die hart te sien as die oë net duisternis sien.
Mahatmas Gandhi sê — “julle moet jul vyande liefhê!” — ons antwoord, “aaah, dit is ʼn groot waarheid!” Buddha sê — “julle moet jul vyande liefhê!” — ons antwoord, “dit is só diep!” Jesus sê — “julle moet jul vyande liefhê!” — ons antwoord, “ons is nie lus vir godsdiens nie!” Geen wonder Jesus vergelyk ons met skape nie. Dit is nie vreemd dat vir die meeste mense is hul geloof gegrond op vrees en nie op liefhê nie. So ontvang ek gister ʼn PDF-boekie van Wayne Jacobsen met die titel, “He Loves Me” waarin hy praat van ons Daisy-liefde met God — He loves me, He loves me not! Ek kry ʼn verhoging – He loves me! Die werk waarvoor ek aansoek gedoen het, word vir iemand anders gegee – He loves me not! Iets waarvoor ek gebid het, gebeur – He loves me! Dit wat ek al so lank vra, gebeur nie – He loves me not! Dit gaan goed met my kind – He loves me! Iemand vir wie ek lief is, raak siek – He loves me not! ʼn Vriend bel uit die bloute met ʼn woord van bemoediging – He loves me! My kar se ratkas pak op – He loves me not!
Die woord belydenis en getuienis gaan hand aan hand ... en wat is ʼn ‘getuienis’ – dit is om eersterangse kennis, verstaan, ervaring, oor ʼn saak te hê en om getrou te wees, en vertroue te word, ongeag die konsekwensies. Hoe hartseer is dit nie dat ons steeds na alles wat ons geleer het, alles wat ons ken, steeds ʼn groter geloof het dat dinge skeef sal loop as wat ons glo in die potensiaal van ons geloof, hoop, en liefde. Miskien is dit ego, of miskien het ons eenmaal êrens net eenkeer te veel seergekry. Sodra ʼn gesprek draai na ons gevoelens, is dit net makliker om te praat oor ons seer en ontnugtering, ons teleurstellings en tekortkominge. Selfs as iemand ons ʼn kompliment gee, maak ons dit af as ʼn ‘ou trui’ of ‘op ʼn uitverkoping gekoop’ — om oor ons geloof in God te praat, laat ons ongemaklik voel want ‘netnou dink mense ek dweep’ of ‘word ek in ʼn boks geplaas’ ... voor ons oor ons ‘belydenis van geloof’ praat, is dit makliker om die ‘dekonstruksie van Jacques Derida’ te verduidelik want albei is ewe Grieks.
Is die doel van ʼn belydenis nie juis om ons vry te maak van ons vrese nie? Daar is soveel vrese waarmee ons elke dag omgaan — vrees vir die onbekende; vrees om nie erken te word nie; vrees dat daar nie genoeg is nie; vrees vir eensaamheid; vrees ons kinders se veiligheid; vrees vir wat ander mense van ons dink ... ons hoor die vers uit 1 Johannes 4:18 – “Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie” ... en reageer dan onmiddellik met, “sien, niemand het ‘volmaakte’ liefde nie!” selfs al hoor ons dat die woord in die oorspronklike teks vir ‘volmaak’ beteken eintlik, ‘to make perfect, to fulfil, to complete’ ... en antwoord daarop met — Ja, máár ... wat van ons vrees vir kritiek; vrees vir wat ander aan ons kan doen; vrees om ʼn geliefde te verloor; vrees ons gaan dit nie maak nie; vrees vir mislukking ... ons hoor die oproep om ʼn getuie te wees in dié belydenis uit 1 Johannes 3:1 – “Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook” ... ons reageer daarop met ʼn versugting dat daar tog begrip moet wees vir ons vrees vir vernedering; vrees vir verneuk; vrees vir veroordeling; vrees vir die hel van verwerping; vrees vir die dood!
Agtien jaar gelede het ek die eerste keer dié woorde van Neale Donald Walsch gelees uit sy boek ‘Conversations with God’ wat daarna nie net ʼn daaglikse mantra sou word nie maar ook die eerste sin van my ‘Belydenis van Geloof’ van wie en wat ek is vir God — “I am goodness and mercy, compassion and understanding. I am peace and joy and light. I am forgiveness and patience, strength and courage. I am a helper in time of need, I am a comforter in time of sorrow, I am a healer in time of injury, I am a teacher in times of confusion. I am the deepest wisdom and the highest truth; I am the greatest peace and the grandest love. I am all these things.”
Elke gesprek oor ʼn ‘Belydenis van Geloof’ begin met liefde en eindig met liefhê. Ons belydenis gee vlerke aan die woorde wat vir alle eeue deur die heelal weergalm — “Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sê: “Jou God is Koning!” (Jesaja 52:7) en “The Lord your God is with you ... he will take great delight in you, he will quiet you with his love, he will rejoice over you with singing.” (Sefanja 3:17) sodat die woorde van Johannes 14:20 ʼn deurleefde waarheid sal word in ons Spiritualiteit — “Op daardie dag sal julle besef dat ek in my Vader is, en julle in my, en ek in julle!”
Soos laas week gesê, is elke belydenis ʼn gebed en elke gebed is ʼn getuienis en elke getuienis ook ʼn belydenis. In John Green se boek, ‘The Fault in Our Stars’ skryf hy, “Some people don't understand the promises they're making when they make them," I said.
"Right, of course. But you keep the promise anyway. That's what love is. Love is keeping the promise anyway.” — om ons geloof, hoop, en liefde te bely, is om te sê dat ons ons beloftes hou, ons commitment eer en respek, en getrou sal bly ongeag die konsekwensies. As ons nie ons woord kan hou nie, wat sê dit van ons belydenis (liefde) ... dan is dit mos net napraat?
Ek kom af op ʼn pragtige BELYDENIS op die Internet van die Holy Cross Lutheran Church in Ontario, Canada wat ons eerskomende Sondag kan bespreek en miskien ʼn aanknopingspunt of twee in ʼn strikkie kan bind vir Neo-Spektrum se Belydenis van Geloof.
ღ We believe in God, who made the world, loves it and smiles upon it.
ღ We believe in Jesus Christ, who has shown us the human face of God,
and a love that refused to be limited, who calls us to a life that even death cannot end.
ღ We believe in the Holy Spirit through whom God reaches us, surprising, prompting and questioning us; who is the life breath of creation; and the source of nurture, humour and hope.
ღ We believe in ourselves as people made in the divine image, capable of great creativity and great destruction, but called to choose between them.
ღ We believe that Christ leads us now, calling us to a life that is absurd by the standards of the world; calling us to resist evil, including anything that would degrade or destroy another and to create and protect love, justice, freedom and peace.”
Kom ons maak Sondag ʼn uur tyd om in die teenwoordigheid van ons wysheidsirkels vir onsself af te vra, ‘wat glo ons en hoe gaan ons daarmee om?’ — hoop om weer te sien hoe die Kapel oorloop, oorvol, oorgenoeg asem van mense wat mekaar liefhet.
ACIM: Kolping — 11 Junie 19h00. Stad 15 Junie 19h30 — Chapter 13: The Guiltless World — Section IX ‘The Cloud of Guilt’ en Section X ‘Release from Guilt’
Besoek ons Facebook https://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651?fref=ts
Gedagte vir die Week:
“I believe in Christianity as I believe that the sun has risen: not only because I see it, but because by it I see everything else.” ― C. S. Lewis