Liturgie: 15_mei_2016
Ons gesels dié maand oor FROM GRIEF TO RELIEF — ʼn sinvolle verstaan van die ‘wonde’ wat ons dra oor die mense en dinge wat ons al moes groet hetsy aan die dood of aan die lewe. Hoeveel goed is daar wat ons glo ons het al verwerk en agter ons gesit maar kan nie verstaan waarom ons kwaad, woede, humeur so vlak onder die vel lê nie? Hoe groot moet die ontkenning wees dat ons dink dat niks en niemand ons mee kan ‘raak’ nie want die lewe het ons velle taai gemaak maar verstaan hoekom ons interpersoonlike verhoudings gedurig skaaf en skuur nie? Het ons die moed om eerlik te wees oor elke teleurstelling in drome en ideale en die hartseer wat ons daaroor dra; konflik in verhoudings by die werk of tussen vriende; die matelose spyt en selfverwyt uit vrees dat dieselfde seer weer gaan gebeur? This is all part of the grief and sorrow that we carry with us and it has a profound influence on our emotional and spiritual well-being.
Jare gelede ontvang ek ʼn brief van ʼn vrou waarin sy skryf, “Gister het ek gehuil. Ek het by die huis gekom, na my kamer toe gegaan, op die rant van my bed gesit, my skoene uitgetrek, my bra losgemaak en toe het ek gehuil. Ek het gehuil dat my nuwe bloes daarmee heen is. Ek het gehuil tot my ore warm was. Ek het gehuil tot my kop seer was. Ek het gehuil dat ek nie eers die hoop tissues op die vloer meer kon sien nie. Ek wil hê jy moet verstaan dat ek gister gehuil het oor al die dae wat ek te besig was, of te moeg was, of te kwaad was om te huil. Ek het gehuil oor al die dae en al die maniere en al die tye wat ek myself dit misgun het asook al die tye wat ek myself met disrespek en oneer losgemaak het van myself sodat ek ander die skuld kon gee vir dit wat ek aan myself doen.
Ek het gehuil oor al die goed wat ek weggegee het, en van my ontneem is; vir alles wat ek vra en nie ontvang nie; vir wat ek graag wou bereik het; vir mense wat my leeg laat en misbruik. Ek het gehuil omdat dit die enigste ding is wat ek nog kan doen. Gister het ek gehuil oor seuns wat alleen gelos is deur hulle pa’s en jong meisies wat vergeet is deur hulle ma’s. Ek het gehuil oor pa’s wat nie weet wat om te doen nie en dan weggaan en mammas wat alleen gelos word en dan kwaad word. Ek het gehuil omdat ek ʼn klein seuntjie en dogtertjie het en omdat ek nie weet wat om te doen nie en omdat my eie pa en my kinders se pa nie daar is nie. Gister het ek gehuil omdat ek seer het en omdat ek kwaad is. Omdat die seer en die kwaad nêrens het om heen te gaan nie, behalwe dieper en dieper in die pyn in wat dit alles veroorsaak het en wanneer die pyn so diep is dan maak dit ʼn ander seer in jou wakker. Ek het gehuil omdat ek te moeg is om dit in te hou. Ek het gister met my siel gehuil en dit het goed gevoel. Dit was so verskriklik sleg en tog het ek in die middel van my trane ʼn soort vryheid beleef want gister het ek gehuil met ʼn agenda.”
‘Om te huil met ʼn agenda’ het met die herlees van dié brief my net so aangegryp as toe ek dit die eerste keer gelees het 15 jaar terug. Elke terapiesessie oor die pynpunte wat ons saamdra, gaan ten diepste oor ʼn ‘gebroke verhouding’ — hetsy dit ʼn verhouding is met myself, iemand in my lewe, of met God. Die hartseer, woede, blameer, leegheid, verwarring, vrees, en skuldgevoelens is alles simptome van rotspunte waar die boot van verhoudinge skipbreuk lê. Tog is daar iets bevrydend, soos die briefskrywer dit verwoord, in die oomblikke waar ons met rou eerlikheid kan omgaan met die seer wat ons saamdra. “Grief does not change you, Hazel. It reveals you.” skryf John Green in sy boek ‘The Fault in Our Stars’.
Vir jare lank het ek in ʼn soort van denial geleef oor die wonde wat ek nie lig en lug wou gee nie. Holderstebolder het die een dag in die ander dag gevloei en al moes ek ook ʼn glimlag fake, sou ek seker maak dat ek saans in die bed klim met ʼn gemoed wat nie blootgestel is aan dit wat bang of seermaak nie. Alles op die oppervlakte was goue confetti en die sagte neurie van applous. As iemand gevra het, “Hoe gaan dit?” was die antwoord spontaan onmiddellik, “Okay, dankie!” tot op ʼn dag wat ʼn mens besef dat alles is “okay” en selde beter as okay. Dis eers as ʼn mens weer kan kniel dat ʼn mens besef dat jy soveel meer werd is as nét okay. In die omgaan met ons vulnerability leer ons — grief can be a burden but also an anchor — hierin het my dagboeke ʼn klankbord geword waarin ek my bang, seer, wonde, rou, spyt, en kwaad woorde kon gee. “Give sorrow words” het Shakespeare êrens geskryf.
Jonathan Safran Foer doen dit meesterlik in sy boek ‘Everything Is Illuminated’ — “I awoke each morning with the desire to do right, to be a good and meaningful person, to be, as simple as it sounded and as impossible as it actually was, happy. And during the course of each day my heart would descend from my chest into my stomach. By early afternoon I was overcome by the feeling that nothing was right, or nothing was right for me, and by the desire to be alone. By evening I was fulfilled: alone in the magnitude of my grief, alone in my aimless guilt, alone even in my loneliness. I am not sad, I would repeat to myself over and over, I am not sad. As if I might one day convince myself. Or fool myself. Or convince others - the only thing worse than being sad is for others to know that you are sad. I am not sad. I am not sad. Because my life had unlimited potential for happiness, insofar as it was an empty white room. I would fall asleep with my heart at the foot of my bed, like some domesticated animal that was no part of me at all. And each morning I would wake with it again in the cupboard of my rib cage, having become a little heavier, a little weaker, but still pumping. And by the mid-afternoon I was again overcome with the desire to be somewhere else, someone else, someone else somewhere else. I am not sad.”
Grief and guilt are brothers. Regret is their sister. Nee, ons leef nie in gisters nie. Nee, daar is nie ʼn vals-hoop dat gister sal môre anders uitspeel nie. Ons neem verantwoordelikheid vir ons emosies (reaksies). Ons kan nie wat verby is, verander nie. Ons het die mag en vryheid om anders te kies, al is dit net om die keuse te maak om anders te reageer. Wanneer dit seer is, vra mens dikwels, “Wat kan ék gee as ek nie eers lus is om enige iets te ontvang nie?” In tye wat ons swaar dra aan emosionele pyn voel dit of hoop net ʼn illusie is en vergeet dat hoop net soveel gevind word in die teenwoordigheid as die afwesigheid daarvan. In die spirituele domein praat ons van geloof, hoop, en liefde asof dit abstrakte begrippe is. Ons lees, “Hy genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde” (Psalm 147:3) en wonder wat dit beteken. Ons ontvang die uitnodiging, “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.” (Matteus 11:28) maar vind geen rus daarin nie. Ons hoor die belofte, “Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand sal Ek jou red.” (Jesaja 41:10) maar glo dit gewoon nie meer nie. Die gemeente in Rome wou dieselfde weet en daarom spyker Paulus ʼn brief teen hul kosyne vas wat sê: “For everything that was written in the past was written to teach us, so that through endurance and the encouragement of the scriptures we might have hope.” (Romeine 15:4). Kom ons praat Sondag oor — haal die hoop uit die hopeloos!
🌺 ACIM — 16 Mei in die STAD 19h30 en 12 Mei by Kolping 19h00 — Chapter 11: GOD OR THE EGO — The Inheritance of God’s Son (IV) & The Dynamics of the Ego
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“To be vulnerable is to be human at the most profound and enriching level.” — Martha Hickman, Healing After Loss