SATERDAG bespreek ons die ‘Nuwe Testament’ in ons Geskiedenis van die Bybel werkswinkel en SONDAG eet ons almal saam na die diens by Kolping. Bespreek asseblief voor Vrydagoggend.
“What are heavy? Sea-sand and sorrow. What are brief? Today and tomorrow. What are frail? Spring blossoms and youth. What are deep? The ocean and truth.” (Christina Rossetti) Ek sit gister met iemand in gesprek wat deur ʼn donker tyd in haar lewe gaan. Nadat ek geluister het na haar hartseer verhaal probeer ons uit die opdrifsels ʼn paar stukke hout kry om ʼn brug te bou. Op ʼn stadium sê ek, “I think it is time to move on.” Vir ʼn hele ruk sit sy in stilte en toe draai sy na my en sê, “You said move on, where do I go?” Skielik besef ek hoe goedkoop sentimenteel is woorde soos “move on”, “get over it”, “let it go” — hoe gevoelloos is dit om te verwag dat emosies van seer, verward, ontnugter, en vrees moet ontken of onderdruk word net sodat mense om jou nie gekonfronteer hoef te word met iemand anders se hartseer nie.
In die maand waar ons gesels oor FROM GRIEF TO RELIEF — gaan ons Sondag stilstaan by die ‘lesse’ wat ons geleer het uit ons hartseer en verdriet want beide rou en ʼn tyd van treur is ons grootste leermeesters. Dit is tye waar ons nader aan onsself staan, dit is seisoen waar ons weer ons Self ontdek. Daar is iets rou eerlik ten opsigte van wie ons is onder ons maskers in tye van smart en weemoed. Daar is nie veel lesse te leer wanneer jy die lotto wen nie maar daar is enorme lesse te leer wanneer jy die miljoen verloor. Min mense kan vir jou die lewenslesse opnoem uit die dag van ʼn huweliksluiting maar vra hulle oor die dag toe jy jou goed in ʼn swartsak moes pak.
Meer as dikwels het ek al gesien, en dit self ervaar, dat waar daar nie sinvol met ons hartseer omgegaan word nie bring dit ʼn ‘kwaad’ wat meer ongesond is as enige vorm van verdriet. Maak geen fout nie — daar is niks verkeerd met die fase van kwaad-wees nie maar ʼn mens kan nie daar stilstaan met ʼn soort self-verlustiging dat ek die reg het om kwaad te wees en dan sommer kwaad te bly nie. Êrens moet die kwaad plek maak vir iets wat helend is. Woede is in elke geval niks anders as vrees nie. Lees ek weer C. JoyBell. C se paragraaf oor woede, “Anger is like flowing water; there's nothing wrong with it as long as you let it flow. Hate is like stagnant water; anger that you denied yourself the freedom to feel, the freedom to flow; water that you gathered in one place and left to forget. Stagnant water becomes dirty, stinky, disease-ridden, poisonous, deadly; that is your hate. On flowing water travels little paper boats; paper boats of forgiveness. Allow yourself to feel anger, allow your waters to flow, along with all the paper boats of forgiveness. Be human.”
ʼn Mens moet eers leegloop voor jy kan volloop. Hoe baie het ons dit al gesê — elke emosionele pyn lê gewortel in ʼn diep skuldgevoel dat ons dit anders moes doen, anders wees; die emosies van mislukking en teleurstelling dat ons onself gefaal het, dat ons onvermoë om met die pyn te deel is net ʼn manifestasie van ons hopeloosheid, en so pak ons die blaam op ons skouers ÓF iemand anders moet die skuld kry en as iemand nie naby genoeg is nie dan is dit God of die duiwel. As die skuldgevoel eers vatplek gekry het, is dit tyd vir broer vrees om oor te neem — die vrees dat ek dit nie gaan maak nie; dat die rou nooit ligter gaan word nie; dat dít die beste is wat ek ooit gaan voel. Kort voor lank raak ʼn mens moeg van die blame-game en dan gebeur een van twee goed — heling óf ontkenning.
Ontkenning is ‘self-deception’ and ‘denial’ … dit lei (ly) tot net nog verdere verdriet. Heling is waar die gat wat in ons mensmasjien geslaan is, gevul word met ʼn deurleefde liefde wat manifesteer in rekonsiliasie en restourasie. Die vrees word vervang met liefde. Die skuldgevoelens met vergiffenis. Die gevoel van separation met versoening. Dan kyk ʼn mens terug en het iets geleer. Bring asseblief Sondag ʼn lysie saam van die goed wat jy al moes leer hoe om te skuif FROM GRIEF TO RELIEF.
Hier is ʼn paar goed wat ek al moes leer — dat ons nog lank kan aangaan nadat ons gedink het dit is die einde en ons kan nie meer nie. Ek het geleer dat ʼn mens nie altyd in beheer is van wat gebeur nie maar wel die krag het om te besluit hoe ons daarop gaan reageer. Ek het geleer dat niemand die mag het om my mood te bepaal nie, ek en ek alleen is verantwoordelik vir hoe ek voel. Ek het geleer dat almal van ons struikel, almal van ons raak soms die klits kwyt, elkeen van ons het ons maskers en bravade waaragter ons skuil maar op die ou einde van die dag gaan dit oor jou vermoë om op te staan, weer tot jou sinne kan kom, moedig genoeg is om soms die maskers te laat sak. Ek het geleer dat vulnerability is extremely powerful. Ek het geleer dat heroes is mense wat doen wat gedoen móét word en nie skuil agter dit wat net maklik en gerieflik is nie, dat ʼn braveheart is iemand wat getrou is aan homself en daarom vertrou kan word. Ek het geleer dat integriteit beteken om die waarheid van jouself vír jouself te kan sê en daarom nie skroom om daardie waarheid met ander te deel nie en dat ‘waarheid’ beteken om getrou te wees aan jouself (authenticity). Ek het geleer dat nie twee mense is dieselfde nie en dat ons verskille vra vir respek en medemenslikheid sonder om dit te weeg of te oordeel en dat mense wat ek gedink het gaan my skop toe ek gelê het, was juis die mense wat my aan die hand gevat het en regop gehelp het. Ek het geleer dat saam met vergiffenis kom verandering want jy kan nie aanhou sê, “Ek is jammer” maar niks verander nie. Ek moes leer dat liefde, nie tyd nie, heel wonde. Ek het geleer dat om iets te ontken of weg te steek maak nie dat dit nie bestaan nie, gouer as gou vind die lig dit wat in die donker is.
Ek moes leer dat net omdat iemand nie vir my lief is op die manier wat ons wil hê hul moet vir ons lief wees dat hul liefde nie opreg en eerlik is nie. Ek het geleer dat volwassenheid het niks te doen met hoeveel verjaarsdae ons gehad het nie maar wat die lesse is wat ons al geleer het. Ek het geleer dat families die belangrikste ondersteuning in ʼn mens se lewe is maar dit is nie ál ondersteuning nie want vriende word ook familie en soms is dit juis ʼn vreemdeling wat vir jou die grootste les wil kom leer. Ek moes leer, to receive gracefully want eers as ʼn mens leer om te ontvang, weet ʼn mens wat dit is om met waardering en dankbaarheid te gee. Ek het geleer dat die wêreld nie tot stilstand kom as iemand jou hart breek nie en dat liefde hom nie laat voorskryf deur mislukkings en teleurstellings nie. Ek het geleer dat God nie tantrums gooi omdat ek nie doen wat hy wil hê nie en dat ek niks kan doen wat God se liefde gaan laat kwyn of onttrek nie. Ek het geleer om te leer!
Ek sien uit om Sondag van jul lesse te hoor. Die laaste woord vir vandag behoort aan Gerald L. Sittser uit sy wonderlike boek, ‘A Grace Disguised: How the Soul grows through Loss’ — “Gifts of grace come to all of us. But we must be ready to see and willing to receive these gifts. It will require a kind of sacrifice, the sacrifice of believing that, however painful our losses, life can still be good — good in a different way than before, but nevertheless good. I will never recover from my loss and I will never got over missing the ones I lost. But I still cherish life … I will always want the ones I lost back again. I long for them with all my soul. But I still celebrate the life I have found because they are gone. I have lost, but I have also gained. I lost the world I loved, but I gained a deeper awareness of grace. That grace has enabled me to clarify my purpose in life and rediscover the wonder of the present moment.”
🌺 ACIM — 30 Mei in die STAD 19h30 en 26 Mei by Kolping 19h30 — Chapter 11: GOD OR THE EGO — The Inheritance of God’s Son (IV) & The Dynamics of the Ego
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“Grief is depression in proportion to circumstance; depression is grief out of proportion to circumstance.” ― Andrew Solomon