14 Augustus 2016

Liturgie: 14_augustus_2016

​​Laat ons praat oor dit wat ons nie sê nie ...
Vroegoggend is daar altyd musiek in my huis. Elke dag moet begin met die mooi, en omdat ek nie ʼn oggend-mens is nie is dit belangrik om die eerste lig vir ʼn rukkie langer te hou tot dit gemaklik asem in alles wat die dag voorlê. Vanoggend sing Barbra Streisand --
Between yesterday and tomorrow,
There is more there is more than a day.
Between day and night between black and white
There is more, there is more than grey.
Between the question and the answer
There's the silence of the sea.
Between the cradle and the grave,
There is the someone that is me.
In die maand wat ons gesels oor — CONVERSATION WITH MYSELF — gaan ons Sondag gesels oor GESPREKKE MET STILTE ... stilte is ook ʼn gesprek! Daardie stilte lê gewoonlik in die dialoog tussen ‘gister’ en ‘môre’ omrede ons as mens dikwels geneig is om vasgevang te word tussen gesprekke (gedagtes) van wat verby is en wat voorlê en selde ooit in die NOU kan leef. ‘A Course in Miracles’ het my geleer dat hierdie ‘NOU’ waarvan ons praat is nie 7h21 op ʼn Woensdagoggend nie maar juis die oomblik wat ons laat gaan aan ons skuldgevoelens (gister) en vrees (môre). Daar is ʼn Sanskrit Spreuk wat sê --
For yesterday is but a dream,
And tomorrow is only a vision,
But today, well lived,
Makes every yesterday a dream of happiness,
And every tomorrow a vision of hope.
Look well, therefore, to this day.
Die meeste mense hou daarvan om na hulself te luister, min verkies om te hoor hoe hulle klink in stilte en om nooit verveeld te wees met jou eie stiltes nie. Gesprekke, woorde, in my wêreld is die gereedskap waarmee ons nie net ervarings oordra nie maar ook gevoel ... elke woord wat gebruik word, kom met betekenis en inhoud. As ek na iemand luister, kyk ek na jou oë en elke handgebaar, die intonasie en klankkleur van jou stem. Gesprekke, vir my in elk geval, gaan net soveel oor dit wat nie gesê word nie as dit wat wel gesê word. Ons het iets massief verloor met die tegnologie om met iemand op ʼn rekenaar of selfoonskerm te wil kommunikeer. Soms wil ek ten hemele skree — ‘Let’s stop having communication in order for us to have a conversation!’
Het jy al agtergekom hoe ongemaklik mense raak as daar ʼn stilte is tussen julle. Daar moet altyd iets gesê word en ons sal eerder oor onbenullighede en selfs silly goed praat as wat ons met ons stiltes kan sit. Soos reeds gesê — mens moet nooit verveeld raak met jou stiltes nie. Maar ons weet nie wat om met ons stiltes te maak nie. Mens hoef nie alles wat ons voel, woorde te gee nie. Soms moet ons met die ‘gevoel’ kan sit sonder om dit te wil artikuleer want die oomblik as ons begin om dit woorde te gee, word dit ʼn toeskouer-sport wat alles analiseer en dissekteer. Ons praat só baie en sê só min — want ons emosionele ongeletterheid kom met ʼn alfabet sonder vokale.
Kom ons staan Sondag stil by die volgende paar gedagtes en laat die ‘stilte’ toe om ʼn gesprek met ons te hê.

  • Tussen Gister en Môre lê Vandag: die vrede en rustigheid om in die ‘NOU’ te leef met die krag om na ʼn plek van afsondering (solitude) te gaan waar ek met my Self kan wees
  • Die Stem in Stilte: as die mens met God praat, noem ons dit gebed en die oomblik as die sterre antwoord, noem ons dit New Age asof God 2000 jaar gelede die laaste WOORD vir die mens gesê het
  • ʼn Spirituele Alfabet: solank ons grammatika gebruik om met God te praat, gaan ons moet begin met stilte, en solank ons semantiek gebruik om oor God te praat, sal ons moet leer wat stilte is
  • Al Een beteken nie Alleen nie: kreatiewe inspirasie in die kalmte van ʼn veilige spasie waar ʼn interne dialoog vervang word met ʼn rustige gesprek tussen siel en gedagtes
  • Maak Tyd: as ons ons dag indeel tussen slaap, eet, werk, reis, afsprake en wat ook al, is daar ure waarvoor ons geen rekenskap kan gee nie

Ons lees Sondag hierdie aangrypende gedig getiteld ‘TIME’ geskryf deur David Soames en bespreek dit as ʼn Spirituele Kompas na die Godheid van God self waarin ons onsself vind in ʼn gesprek met Stilte --
Stand before me on the sign of infinity,
all you of the earth.
With the granting of the law of provination
comes the application of change.
I will give you the key.
And with this knowledge, please realise,
comes the responsibility of sharing it.
I will show you the way.
It's very simple. Throughout the universe
there is order.
In the movement of the planets, in nature
and in the functioning of the human mind.
A mind that is in its natural state of order,
is in harmony with the universe
and such a mind is timeless.
Your life is an expression of your mind.
You are the creator of your own Universe --
For as a human being, you are free to will whatever
state of being you desire through the use of your
thoughts and words.
There is great power there.
It can be a blessing or a curse --
It's entirely up to you.
For the quality of your life is brought about
by the quality of your thinking -
think about that.
Thoughts produce actions --
look at what you're thinking.
See the pettiness and the envy and the greed and the
fear and all the other attitudes that cause
you pain and discomfort.
Realize that the one thing you have absolute
control over is your attitude.
See the effect that it has on those around you.
For each life is linked to all life
and your words carry with them chain reactions
like a stone that is thrown into a pond.
If your thinking is in order,
your words will flow directly from the heart
creating ripples of love.
If you truly want to change your world, my friends,
you must change your thinking.
Reason is your greatest tool,
it creates an atmosphere of understanding,
which leads to caring which is love.
Choose your words with care.
Go forth ... with love.

🌺 ACIM — 11 Augustus: Kolping 19h30 en 15 Augustus: Stad 19h30

Besoek ons Facebook 

Gedagte vir die Week:
“Every conversation with or about God begins with silence.” — Dietrich Bonhoeffer

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights