15 Januarie 2017

Liturgie: 15_januarie_2017

Ons gesels in Januarie oor poësie in die Bybel en het reeds na die aangrypende boek Job (God se gesprek met die mens) en laas Sondag na Psalms (die mens se antwoord op God) gekyk en eerskomende Sondag gaan ons blaai deur die boek ‘Hooglied’ of soos dit in Hebreeuse Bybel bekendstaan as ‘Lied van Liedere’ [shir ha-shirim]. Ek oordryf nie as ek sê, dat in hierdie antieke poësie lê ʼn groter literêre skat as wat Shakespeare ooit van kon droom; dit oorskadu die taalvaardigheid van Sylvia Plath en Christina Rossetti; dit oorskadu die nuanses van Yeats, Whitman, Eliot, en Cummings se gedigte oor hartstog, passie, en hunkering. ‘Hooglied’ lê weggesteek tussen die boek Prediker en die profeet Jesaja, en is vir baie mense net nóg ʼn boek in die Bybel ... en dan dié juweel mis.

As Job opgesom kan word as ‘Hearing the Breath of God’ en Psalms as ‘Answering the Breath of God’ dan kan ‘Die Lied van Liedere’ gesien word as ‘Breathing the Breath of God’ ... dit is een van die mooiste boeke ooit, en daarmee saam een van die mees misverstaande boeke in die Bybel. Dit is ʼn gedig wat meer as eenkeer, selfs sewe maal 10 keer gelees moet word voor die betekenis oor die horison breek. Dis eers as ʼn mens vir ʼn ruk met die teks sit, en diep asemhaal tussen die bewegings, dat die spirituele betekenis van die liefde wat hier besing word, geassimileer word. Dan en slegs dan sal die erotiese liefde haar pad vind na die hart..

Kom ons begin by die begin — al sou die taalgebruik, morfologie en idiome van hierdie lied (gedig) dateer lank ná Salomo met sterk spore van die Mesopotamiese en Egiptiese Wysheidsliteratuur. Die woord ‘God’ (net soos in die liefdesnovelle van Ester) kom nie eenkeer in die boek voor nie. Daar is twee letterlike interpretasies waarvan die eerste is dat dit ʼn liefdeslied is tussen Salomo (wat ‘vredevol’ beteken) en ʼn Sulammitiese meisie (Shulam beteken ook ‘vredevol’). Die ander interpretasie is die liefdesdriehoek tussen die jong meisie van Shulam met die jong herder aan die eenkant en die ouer koning aan die anderkant. Die metaforiese interpretasie is die liefdesband tussen mens en God. Dit is nie vreemd in die Joodse konteks om na die mens as ‘bruid van God’ te verwys nie en vind veral byval in die Christendom. Van die profete soos Hosea en andere verwys na die ‘volk’ as ʼn ontroue minnares wat haar beloftes met God versaak het.

Die grooste uitdaging in die vertaling van dié Lied is om te onderskei wanneer praat wie met wie want slegs in die konteks kom ʼn mens agter wanneer dit vroulik of manlik, en wanneer dit enkelvoud of meervoud is. As sy in hoofstuk 1:7 praat oor haar ‘beminde’ dan verwys sy na haar herder maar doen dit oënskynlik in haar kamer in die paleis van die koning. Sy verwys na die koning as ʼn man met 60 koninginne, 80 concubines, en “ontelbare” hoeveelheid maagde in sy harem maar hy verwys na haar as “My duif, my perfekte een, die enigste een vir my” — waarop enige regdenkende vrou sal reageer met, “Yes, sure ... go help yourself!”

Die Lied gaan oor die keuses wat ons maak om die sensuele liefde te laat blom met die ‘regte persoon’ en om met geduld te talm voor ons ‘boots (of is dit ‘boobs’?) and all’ onsself vir die een gee wat dié liefde in ons wakker maak. Dit gaan verder oor die verstaan van liefde wat in ons seksuele dans reflekteer en waarom dit belangrik is om te onthouwaaroor die commitment gaan tussen twee minnaars. Ten slotte wil dié Lied (gedig) ʼn oproep doen om altyd die liefde te eer en respekteer omdat dit ʼn geskenk is wat aan ons gegee is om dit met sorg te koester en te kultiveer.
As ʼn mens dit met die bril van die 21ste eeu lees, is dit duidelik dat dié Musical gaan oor ʼn jongmeisie wat verlief is op ʼn jong herder maar voel gevlei deur die koning se aandag. Hoe meer sy vir hom die skouer wys, hoe meer aangetrokke voel hy en probeer haar oorrompel met sy liefdesverklarings. Sy moet ʼn keuse maak tussen die twee en sy gaan soek die vroue van die stad om hulle te vra of hulle haar beminde gesien het en hul te waarsku om nie die liefde te gou (vroeg) aan te wakker nie. Die Lied eindig met ʼn oop interpretasie maar dit is duidelik dat sy haar jong herder kies en nie die koning nie.

So, waaroor gaan die erotiese liefdeslied wat in kroeë gesing is; in die Middeleeue ʼn diep fassinasie by monnike en nonne gehad het — so dan so dat dit die een boek in die Bybel is waarvan die meeste kopieë gemaak is deur monnike; wat is dit in die Shir Ha-Shirim wat dié boek ʼn sentrale plek in die Joodse Mistiek (Kabbalah) gee en vir die Joodse, Christen, en Sufi mystics ʼn bron is om hul soeke en verlange na God uit te druk? Dink aan die werk van Rumi en hoe sterk beïnvloed hy is deur dié boek. Verseker gaan dit oor veel meer as net ‘youthful love’ ... of wil die 8 (die simbool van ‘infinity’) hoofstukke iets sê oor die sensuele band tussen bemindes wat die naelstring met God verteenwoordig? Die seksuele aangetrokkenheid wat tot vervulling gaan in ons spirituele intimiteit met God.
In Grieks is daar sewe verskillende woorde vir liefde: ἀγάπη (agape) — love of the soul; ἔρως (eros) — love of the body; φιλία (philía) — love of the mind; στοργή (storgē) — love of the child; ϕιλαυτία (philautia) — love of self; πράγμα (pragma) — love of endurance; and λουδυς (ludus) — love of playfulness. In die Hebreeus is daar drie: ahab— spontaneous, impulsive love; hesed — love through affection and kindness; raham — compassion and brotherly love.

Kom ons lees Sondag ʼn paar gedeeltes uit Hooglied en bespreek die volgende drie hoof momente:

  1. Daar is geen paradoks tussen spirituele en sensuele liefde nie
  2. Daar is geen spanning tussen Bybelse erotiek en moraliteit nie
  3. Daar is geen begrensing tussen die passie van die lyf en siel nie

As ons dan deur ‘Hooglied’ blaai en die brandende passie van vers en melodie herontdek, dan maak ons ons harte oop om die stem van die siel te hoor deur elke ledemaat en sel se triomfantlike uitroep van verlange om herenig en vervul te word deur God.
When I touched her body,
I believed she was God.
In the curves of her form
I found the birth of Man,
the creation of the world,
and the origin of all life.
― Roman Payne --

Dit sal wonderlik wees as jy vooraf deur die Hooglied digbundel blaai en jou gunsteling gedeeltes onderstreep en Sondag kom deel, of andersins dit net ten minste lees ... elke mens moet van tyd tot tyd onthou ons is ook lyf en nie net siel nie!

🌺 ACIM — Stad 16 Januarie 19h30; Kolping 19 Januarie 19h30 — Chapter 12: The Holy Spirit’s Curriculum (p215)

Besoek ons Facebook ​​​​​​​

Gedagte vir die Week:
“Erotic longing is really a longing to merge with something greater than oneself. For every kind of love is a force that holds the promise of taking us beyond the limitations of our individual lives.” ― Julianne Davidow

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights