In die boek, ‘The Spirituality of Imperfection: Storytelling and the Search for Meaning’ verduidelik Ernest Kurtz die volgende: Tussen God en ons is ʼn koord. Elke keer wat ek die koord breek deur een of ander aksie of reaksie maak God ʼn knoop in die koord en soos ons weet, maak ʼn strikkie in ʼn tou die koord korter en so bring God ons al hoe nader en nader elke keer wat die koord breek. Met ʼn spirituele perspektief besef ons dat ons foute, tekortkominge, imperfeksies, en wonde maak eintlik net strikkies in ons lewenslyne en bring ons nader aan God. In die boek verwoord hy dit mooi as hy sê, “Spirituality takes many forms, and all spiritualities do not look on failure and imperfection in the same way. But through the centuries a recurring spiritual theme has emerged, one that is more sensitive to a spirituality of imperfection, that is thousands of years old. And yet it is timeless, eternal, and ongoing, for it is concerned with what in the human being is irrevocable and immutable: the essential imperfection, the basic and inherent flaws of being human. Errors, of course, are part of the game. They are part of our truth as human beings. To deny our errors is to deny ourself, for to be human is to be imperfect, somehow error-prone. To be human is to ask unanswerable questions, but to persist in asking them, to be broken and ache for wholeness, to hurt and to try to find a way to healing through the hurt.”
Dít is deel van die paradoks waarin ons leef. Die groot enigma om die pendulum te balanseer. Die misterie van menswees is om die geheel (wholeness) te sien in ons gefragmenteerde self. Ons begin die skoonheid van die lewe ervaar as ons ophou soek na foute, hetsy deur beskuldigings of selfverwyt. Ja, ons maak almal flaters en raak soms die pad byster maar ons stap moedig voort. Ons skram nie weg om ons foute te (h)erken en raad en heling te vra vir ons wonde nie. Dit beteken nie ons is ‘sleg’ of ‘verkeerd’ nie, en beteken ook nie daar is iets ‘fout’ met ons nie ... dit beteken slegs dat ons is vlees-en-bloed mens.
Die probleem met georganiseerde Godsdiens, skryf Kurtz, is dat dit daarop roem dat elkeen is ‘reg’ en die eienaar van die ‘waarheid’ is terwyl die spiritualiteit van imperfeksie nie daarop aanspraak maak nie. Dit is ʼn spiritualiteit wat meer geïnteresseerd is in die vrae as die antwoorde, meer gestel is op die reis na nederigheid as die stryd om perfeksie. Die spiritualiteit van imperfeksie begin met die erkenning dat om so hard te probeer om ‘perfek’ wees, is die mees tragiese fout (wond) wat ons teenoor onsself kan maak.
Maar die mens is só vasgevang in die soeke na erkenning en aanvaarding dat ons vergeet dat ons eintlik op ons eie asemhaal. Ons vergelyk onsself die hele tyd met die of daai een ... “as my lewe maar net sus of so was” hoor ʼn mens dikwels, en dan bereik ons die “sus en so” maar dan is “dit of dat” ook weer nie goed genoeg nie en so jaag ons die skaduwees in plaas daarvan om net in die son te gaan staan en die lig gulsig op te slurp. Daar kom ʼn tyd in elke mens se lewe, gouer as later, waarin ons besef — ons is nie alles nie, maar ons is ook nie niks nie. Ons spiritualiteit lê in die spasie tussen ons paradokse. Dat ons menswees word ten volle ervaar in die spasie tussen ons hulpeloosheid en verwonding aan die eenkant en ons grenslose potensiaal en eindelose moontlikhede aan die anderkant. Om ons grense te vertaan, bring nie net verligting vir ons seer en onsekerheid nie maar heel die wonde van skuldgevoelens en vrees waaraan ons so swaar dra.
Sodra ons laat los aan gedagtes wat wil blameer — mense, omstandighede, situasies, God, duiwel, ouers, kerk, regering, myself — begin die proses om hierdie wonde (selfsverwyt, skuldgevoel, spyt) te heel. Niemand is te blameer daarvoor nie. Ons staan op, ons probeer weer, ons faal, en dan faal ons beter ... staan op, probeer weer, faal, faal beter! As iets die moeite werd is om te doen, is dit ook die moeite werd om soms daarin te misluk en dis okay. Ons gaan staan nie stil daarby nie. Ons wroeg en kerm en kef nie daaroor tot in lengte van dae nie. Ons spiritualiteit (ervaring en reis met God) sal jou wys hoe, mits jy die moeite doen om lank genoeg stil te staan, stil te word, die Stem te hoor, en dan positief daarop reageer.
Solank ons glo — as die dagboek vol is, is ons suksesvol; as ons besig is, het ons lewe sin; hoe minder ek slaap, hoe minder het ek gemis; hoe meer ek kan wys, hoe groter die bewys dat ek nie só stukkend is as wat mense dink nie — solank sal ons in ons ontkenning (denial) bly struikel en strompel. Mens weet nie of jy moet sê, ‘tragies’ of ‘siestog’ nie. Geen wonder dat die helfte van die mense dink oor goed sonder om iets daaromtrent te doen en die ander helfte doen goed sonder om te dink voor hul dit doen. Glo my, my paradoks is ook geënt in beide hierdie scenario’s. Daarom werk ʼn mens elke dag aan jou gesindheid want ons gesindheid bepaal die rigting waarin ons sal beweeg. Elke dag as ons ons oë oopmaak, vra ons opnuut dat ons deur die loop van die dag bewus (aware) sal wees van als wat NIE gesê word nie, NIE gewys word nie. Dat ons ons geestesdenke (mindfulness) sal koester en kultiveer sodat ons oë ʼn spirituele visie sal ontwikkel want ons oë het geen doel of betekenis as die verstand blind is nie!
Soos altyd is die vraag, “HOE?!” en hier gee Ernest Kurtz se boek ook ʼn paar broodjies vir ons padkos, “Humour, humility, humanity … we cannot work on one without working on the others. We cannot have one without having the others. To attend to any one of the three begins the process of bringing us home—home to ourselves, to the mixed-up-ed-ness of our human be-ing. Home is the place where we can be ourselves and accept ourselves as both good and bad, beast and angel, saint and sinner. Home is the place where we can laugh and cry, where we can find some peace within all the chaos and confusion, where we are accepted and, indeed, cherished by others precisely because of our very mixed-upedness. Home is that place where we belong, where we fit precisely because of our very unfittingness. Humility allows us to find the fittingness in our own imperfection.”
Jare gelede sit ek op ʼn dag in Koffiehuis-de-Hoek op Prinsengracht in Amsterdam saam met ʼn vriendin en bekla my lot in die grou grys onmenslike lang winters van Europa. Na ʼn lang stilte kyk sy na my en sê, “Jy is nie okay nie. [stilte] Ek is ook nie okay nie. [stilte] En dít is okay.”
Kom ons gesels hierdie maand oor die Spiritualiteit van Imperfeksie — en ons soeke na REALITEIT wat nie gevange gehou word deur ons reaksies nie. Kom ons gesels oor TRUTH-THINKING & TRUTH-SPEAKING. Kom ons beweeg na ʼn dieper gewaarwording van ons eie paradokse en ons lê ons ontkenning (denial) op die altaar van ons blou-kruis-kapel. Miskien sal dit die weg baan om hierdie jaar se Kersfees (the celebration of our rebirth in the birth of Christ) op ʼn ander, nuwe manier te vier. Wie weet, miskien.
🌺 ACIM — Kolping: 16 November @ 19h30 en Stad: 7 November @ 19h30 — Lessons 41-48 (Lees asseblief hierdie 8 lesse voor die tyd)
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“Straight roads do not make skilful drivers” — Paulo Coelho