Ons somervakansie pendel rondom Kersfees en Nuwe Jaar en vir miljoene mense is dit ʼn tyd van welverdiende verlof en vakansie. ʼn Tyd vir jou gesin en familie. ʼn Feesseisoen van asemskep en herlaai voor die nuwe jaar met mening op ons toesak. Wat ons nie aldag besef of enige energie gee nie, is die feit dat hierdie tyd van die jaar is vir eweveel mense ʼn tyd van spanning en hartseer. Dit is seisoen van eensaamheid met geen kind of kraai om ons tafel nie. Vir miljoene is dit ʼn tyd waarin geen geskenke bekostig kan word nie, wat nog te sê ʼn stukkie ekstra kos. Jy sal my nie glo as ek vir jou sê vir hoeveel gesinne is hierdie tyd van die jaar snaarstyf van ongemaklikheid en onsekerheid as daar by skoonfamilie gekuier
moet word waar jy die atmosfeer met ʼn mes kan sny of waar geskeide ouers mekaar in repe skeur oor wie kry die kinders wanneer — om nie te praat van die hoeveelheid kinders wat met blinkoë uitsien na ʼn verrassing en dan vasgevang is in volwassenes se onvermoë om oor hul BS te kom ...
óf om die teleurstelling en skuldgevoel by ouers te sien wat dit regtig nie kan bekostig om iets meer as ʼn druk en ʼn soen te gee nie.
Jare gelede, in ʼn radio-onderhoud, vertel Professor Jonathan Jansen hoe sy ouers so arm was dat elke Kersfees het sy ma ʼn paar lekkertjies in ʼn piering gesit en dan kon elke kind een kies as ʼn kersgeskenk terwyl sy pa nooit een gevat het nie sodat daar iets sou oorbly vir die volgende jaar. Dié beeld bly by my vassteek as ek in ʼn winkelsentrum sien hoe mense gulsig hul waentjies oorlaai met
genoegens waarvan die meeste kersgeskenke teen 1 Januarie in ʼn laai of kas vergete is.
Eerskomende Sondag, die dag voor Kersfees, in die raamwerk van ons tema
— THE ART OF CELEBRATION -- gaan ons vir ʼn paar oomblikke stilstaan by die verhaal van Jesus se geboorte met die oog daarop om dit relevansie en betekenis te gee in 2017. Oor die laaste 30 jaar sedert universiteit het ek seker al 25 Kersfeesdienste gelei. Elke jaar is daar ʼn poging om dit
nuut en
anders aan te bied wetende dat die meeste mense uitgeëet is aan die ou Kersfees-menu. Die laaste 17 jaar, danksy Kruiskerk en nou Neo-Spektrum, het ek wegbeweeg van ʼn konserwatiewe mens-, wêreld, en Godsbeskouing en daarmee saam, ʼn fundamentalistiese skrifbeskouing. As Progressiewe Christen het ek die mees verbasende gewaarwording gemaak deur net die Bybel te
lees en die Bybelskrywers ernstig op te neem in hul elkeen se unieke milieu en daarom toe te laat om hul eie individuele interpretasie van die teks te ontsluit sonder om hul te dwing in een of ander Christelike dogma asof enige een van hulle aan ʼn Christelike kerk behoort, of aan ʼn Gereformeerde Teologiese fakulteit afstudeer het.
So sou ek afkom op die vier sleutels in die geslagsregister van Matteus wat Maria en Jesus se geboorte ontsluit. Verder die ontdekking dat nét Matteus en Lukas melding maak van ʼn ‘bonatuurlike geboorte’ terwyl nie een ander Nuwe Testament skrywer, wat lank voor hierdie twee evangelies geskryf is, enige melding maak van ʼn metafisiese geboorte nie. Dis asof die skrywers van Markus, Johannes, Paulus, Petrus, en Jakobus nog nooit daarvan gehoor het nie. Soos die Joodse Mistiek vir my ontsluit is deur wonderlike leermeesters sou ek ook die simbole en metaforiese taal van die Bybelskrywers begin verstaan ... en daarmee saam die skat van ʼn baie diepere betekenis agter die simbole van wyse manne, ʼn ster, herders, engele, en ʼn herberg. Skielik was daar ʼn skerp kontras met die geykte retoriek waarmee ek grootgeword het, maar daarmee saam –
a profound new understanding of what it means to call myself a Christian!
Meer nog — dat Kersfees gaan oor die viering van ons eie (weder)geboorte en die hernuwing van ons lewe in die hartklop van dié Lewe. Bowenal gaan dit in Kersfees oor ʼn onbaatsugtige, onselfsugtige liefde. Dit is die een tyd in die jaar waar ons ons maskers laat sak
(because somehow our experience of love always has some hidden agenda of needs and expectations) ... en wanneer ons die sluier lig en die pretensie drop, breek Liefde milddadig deur in haar oorloop. Dis waarna John Shelby Spong verwys as hy praat van —
“Live fully, love wastefully and being all that we can be” is my definition of seeing the presence of God in human life. To live for another is to escape the natural human drive to survive and to enable us to live for others, to give ourselves away in love for another. It means placing someone beside ourselves at the centre of our affections. It is to recognize that God is part of who we are and that we are part of who or what God is. God is the quality of life that I see in the picture and memory of Jesus that transcends the ages. It also transcends the limits of the literal words in the biblical text. That quality is why I assert with St. Paul, that somehow and in the same way God was in this Jesus. That is finally why I am a committed Christian.”
🎀 Mag dit vir jou en jou gesin werklik in alle opsigte ʼn geseënde Christus-fees wees. As jy reeds met vakansie is, geniet elke oomblik en wanneer op ons paaie — reis asseblief veilig.🎉
ONTHOU: ons het 25 Desember ons gebruiklike dank-en-toewyding erediens — en wel om 9am ...
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“Unless we make Christmas an occasion to share our blessings, all the snow in Alaska won't make it 'white'.” ― Bing Crosby