Dra Jou Kruis I

4 Maart 2018

LITURGIE: 4_maart_2018

Dit is die tyd van purper wat bekendstaan as ‘Lydingstyd’ in die Kerklike Jaar ... die heiligste maand vir elke Christen, in elke tradisie en kultuur op dié planeet. ʼn Maand om die kokon van introspeksie te spin tot ons op Paassondag geboorte gee aan die skoenlappers van ʼn Nuwe Lewe. ʼn Maand van rekonsiliasie en restourasie om op Paassondag ons Christen Yom-Kippur (dag van versoening) te vier. Ja, dit gaan oor Jesus van Nasaret. Ja, dit gaan oor die Rabbi wat in die pyn en seer van sy Godsverduistering kom wys het dat liefde oorwin alle vrees en dat Lewe nie gestop word deur ʼn kruis nie.
Hierdie vier weke tot Paasnaweek kan nie dieselfde wees as ander weke van die jaar nie, nie as jy ernstig is oor jou spiritualiteit nie. It can’t be business as usual, same routine, same unconscious living, same-old-same ... it simply can’t.Ons almal ken die storie van kruis en Golgota wat al soveel keer vertel en uitgespeel is dat dit haas sy smaak verloor het maar wat is die betekenis daarvan vir JÓÚ persoonlik, op die naam? Hét dit nog enigsins betekenis of is dit iets waarvan ons so vaagweg notisie neem tussen Woordfees en KKNK? Kyk ons na ʼn kruis en dink steeds, “bloed, pyn, wreed, dood!” of sien ons ʼn kruis en roep uit “LEWE!” — as net dié wat hulself Christen noem, die paradoks sal verstaan?
Vir hierdie maand waarin ons luister na ons vreeslose hartklop in ons ribbekas gaan ons gesels oor die betekenis van — NEEM JOU KRUIS OP EN VOLG MY!
Laat ek begin deur eers te sê wat Jesus NIE bedoel het met dié oproep nie. Baie mense interpreteer ‘kruis’ as ʼn las wat hul moet dra in hul lewe, dis moeite, dis swaarkry soos ʼn ondankbare werk, stresvolle verhouding, siekte, finansiële spanning. Met self-bejammering sug hulle dan, ‘Dis my kruis wat ek moet dra!” — dit is nie wat Jesus bedoel met “neem jou kruis op en volg my” nie want niemand, byname Jesus, het na die stuk hout en spykers deur sy hande en voete gekyk en gedink dis ʼn great metafoor vir mense se emosionele seer of gedink die kruis is ʼn goeie simbool om mense se angs en bekommernis te vergelyk met die mees pynlike en vernederende manier van sterf nie. Twee duisend jaar later sit ons in ʼn ronde kapel elke Sondag en kyk na die blou kruis teen die muur aan die Oostekant wat herinner waar die son opkom. Onthou ek soos gister hoe Fr Roland vra wat die kruis vir my beteken toe hy die kapel vir my wys en ek nederig, skaam geantwoord het, “A cherished symbol of atonement, forgiveness, grace, love and life … all of it in abundance!” Hy het niks gesê nie maar ek kon aan sy Katolieke glimlag sien dat ons die kapel vir ʼn rukkie sal kan gebruik ...
Nege jaar later, waarvan sewe jaar met Neo-Spektrum, stap ons elke Sondag in die kapel en dan onthou ons waarvoor die kruis werklik staan — dit staan vir oorgee (surrender) en nie opgee nie; dit staan vir gehoorsaamheid, getrouheid, toewyding, en verantwoordelikheid. So, wat bedoel Jesus as hy sê, “As enige iemand wens om agter my aan te kom, moet hy homself ontken (agterlaat), en sy kruis opneem en my volg. Want wie ook al wens om sy lewe te red, sal dit verloor, maar wie ook al sy lewe verloor om my ontwil, sal dit vind. Want wat baat dit ʼn mens as hy die hele wêreld bekom maar sy siel verloor? Of wat sal ʼn mens gee in ruil vir sy siel?” (Matteus 16:24-26)
Dit beteken dat God vat al ons gebrokenheid en onsekerheid, ons hartseer en spanning, ons kwaad en vrese, ons vernedering en verwerping en vernuwe (transformeer) dit in Nuwe Lewe. Met ander woorde wat Jesus sê, “This is a life-giving cross that will take all your crap and exchange it for my blessedness!” Ons is almal so vasgevang in die mallemeule opsoek na sin en betekenis in ons lewe. Ons wil voel dat ons lewer ʼn bydrae, ons maak ʼn verskil. Ongelukkig plaas die meeste van ons ons hoop in iemand wat verby sal kom, iets wat sal gebeur sodat ons die gevoel van vervulling sal ervaar. Nóg ʼn boek, nóg ʼn idee, nóg ʼn reis, nóg ʼn werk, nóg ʼn vrou/man moet vir ons waarde moet gee en so jaag ons na die wind, soos ʼn golf wat uitspoel en dan maar weer terugtrek.
Take up your cross -- is Jesus’ way to say, ‘Place me in the centre of your life’ … not a glorification of suffering but in what it means to be whole; to be real; to be loving; to be inclusive. To be all that you can be. For the call to carry your cross is a call to be human, to be all that God is in our humanity. Then and only then will we understand the meaning of the cross in John 10:10 — “I came (not to make you religious, or moral, or Christian, or powerful) but that you may have LIFE, and have it abundantly!”

“Neem jou kruis op” beteken — wees getrou aan jou geloof, nederig in jou hoop, en onwrikbaar in jou liefde!
🌺 ACIM — Stad 19h30: 5 Maart — en Kolping 19h30: 1 Maart — Lessons 51-61 (which is a REVIEW on everything we’ve been reading the last 3 years!)

Gedagte vir die Week:
“God loves people because of who God is, not because of who we are.” ― Philip Yancey

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights