LITURGIE: 22_april_2018
Ons sit ons gesprek voort oor — LIFE IS A JOURNEY -- en het begin met die stelling: to have an experience and to give an explanation of the experience are not the same thing. Byvoorbeeld: jy staan onder die Eiffel toring in Parys, jy kyk op na die spits en skielik begin dit sneeu asof die hemele open en God ʼn duisend seëninge op jou laat val terwyl jy oopmond probeer om die vlokke te vang sodat jy die hemel kan proe. Terug by die huis probeer jy dié ervaring aan iemand anders oorvertel terwyl julle op die strand sit in 35°C met ʼn koue bier in die hand. Gestel jou agterkleinkind vertel dié storie aan sy seun en probeer die nuanses en metafore beskryf wat ʼn oupagrootjie ervaar het. Hoe vêr lê die verduideliking van die ervaring? Die kind kan redeneer dat God nie seëninge laat sneeu nie en jy kan nie die hemel proe nie en miskien het oupagrootjie iets gerook. Maak dit jou ervaring in Parys ʼn illusie of minder eg? Verseker nie, want dit is deel van jou ervaringswerklikheid.
Die luisteraar sal net verstaan as hy al iets soortgelyks ervaar het en die metafore in hul konteks kan sien. Dit is hoe die Bybel geskryf is. Dis geweef in simbole en metafore, ʼn taal en kultuur wat ʼn mens net verstaan as jy na die Bybel kyk as ʼn skildery en nie ʼn foto nie. Laag vir laag, kwashaal en beitel het daar oor duisende jare ʼn beeld ontstaan van mense se ervaring en verstaan van dit wat hul beskryf het as ‘God’ ... en meestal geverf in die beperkte kleure tot hul beskikking, op klip en hout omrede daar geen verfdoek beskikbaar was nie. Om vandag daarna te kyk en te sê, “dis onfeilbaar en God het dit letterlik self geverf en gekerf ...” is gewoon oneerlik teenoor die Waarheid. Dit maak nie daardie tyd se ‘experience and explanation’ onwaar of oneerlik nie, maar om vanuit ons perspektief dit te sien as die enigste en laaste skildery wat nog ooit gemaak is, is om blind (stom én doof) deur die lewe te gaan wat tien-teen-een net sal leef in ander mense se ervarings of net kan napraat sonder om dit ooit te waag om ʼn eie ervaring te hê en te deel. Ons dra met ander woorde ʼn t-shirt wat sê, “I♥Paris” sonder dat ons al ooit daar was!
As ons dan laas week tot die gevolg kom dat — GOD IS THE JOURNEY -- dan ervaar (én verduidelik) ons God tog in AL die aspekte en fasette van ons menswees. God reflekteer daarom in ons wetenskap en vakmanskap, in ons argitektuur en kuns, in ons handel en wandel, ons blydskap en hartseer, ons twyfel en ons vertroue. Daar is geen spanning tussen my spiritualiteit en die planmatigheid van ewolusie nie. Daar is geen paradoks tussen wat die wetenskap ons leer oor fisika en biologie en die ervaring van God as Lewe wat in ALLES vibreer en manifesteer nie. As jy vir Jesaja moes sê dat sy woorde sou eendag opgeteken word as ‘die onfeilbare woord van God’ sou hy sy hand teen sy voorkop slaan en vermaan teen Godslastering. As jy vir Paulus vertel dat hy met sy eie private jet kan vlieg van Tessalonisense na Rome, bo die wolke waar sy ‘hemel’ was, teen 700 km/h en die 1000 km aflê onder twee ure terwyl hy op sy laptop ʼn brief skyf aan die gemeente in Korinthe en sommer vir Timoteus CC op die epos, sou hy jou aangekyk het of jy van die duiwel besete is.
Nou waarom wil ons ʼn pre-moderne mens- en Godbeskouing wring in ʼn 21ste eeu verstaanswerklikheid? Die enigste konklusie is dat ons as homo sapiens steeds geboei is aan ʼn tribal religion waar dit veel meer gaan oor sekuriteit en veiligheid as oor liefde, vergiffenis, eenheid (wholeness), inklusiwiteit, interafhanklikheid, versoening, en medemenslikheid. Was dit nie die essensie van Jesus se prediking nie? Was sy hele lewe nie ʼn getuienis van wat dit beteken ‘to be fully human’ en om te leef verby die begrensing van menslike behoeftes en religieuse verpligtinge nie? Staan die kruis nie as ʼn simbool van ʼn lewe wat nie gebind was aan oorlewing en veiligheid nie? Religie, wat gebore is uit die behoefte om sekuriteit te bied aan wesens wat stoei met vrae oor mortaliteit, beperkinge, en onsekerheid, bevind homself nou in ʼn posisie waar dit weinig sekuriteit of sekerheid bied nie.
Daar is by my géén twyfel dat die mens wel die teenwoordigheid van God kan ervaar nie, maar daar is by my ʼn toenemende onsekerheid of ons dié ervaring kan verduidelik of verklaar. Daarvan verstik die god-praatjies op sosiale media en op TV. Ek vind enige iemand wat namens God wil praat of wil sê wat God wil hê gewoon ongelooflik(ongeloofwaardig) — en dit is nie ʼn judgement nie, slegs ʼn observasie. My lewensreis is ʼn pad as Christen. I become alive to God through Jesus. Vir my is Jesus die vergestalting van ʼn mens wat God reflekteer vanuit sy menslikheid. Vir wie dit nie gegaan het oor die wette en beperkinge van menslike reëls en heinings nie maar om deur liefde, en liefde alleen, elkeen wat oor sy pad gekom het te herinner en te inspireer om ʼn beter weergawe van hulself te wees, to surrender to our brighter Self, and to live in the fulness of our humanity!
Elke definisie van/oor God is in sy wese ʼn definisie van ʼn menslike ervaring. Niks meer of minder as dit nie. Ek is nie ʼn Christen sodat God aan my kant sal wees nie, en allermins nie uit vrees vir ʼn hel of met die oog op ʼn hemel nie. Ek is ʼn Christen omdat dit vir my ʼn fondasie gee om my potensiaal te bereik. Dit is ʼn leivoor na die boord waar die vrugte van liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing vrylik beskikbaar is. Dit is ʼn anker wanneer ek seer het omdat dit my leer wat is compassion. Dit is die seile wat my terugbring huis toe as ek gedaan is van strome en storms. Ek is ʼn Christen want dit maak van my ʼn beter mens. But that’s just me ... kom ons praat Sondag oor — THE JOURNEY INTO CHRIST.
🌺 ACIM — Stad 19h30: 23 April — en Kolping 19h30: 19 April — Lessons 51-61 (which is a REVIEW on everything we’ve been reading the last 3 years!)
Gedagte vir die Week:
“Our whole life is a search for beauty. But, when the beauty is found inside, the search ends and a beautiful journey begins.” ― Harshit Walia