Altyd Soekend — in die ‘Groen Koringvelde’ van Van Gogh; in die Adagio van Beethoven se Vyfde Klavierkonsert; bladsy na bladsy in Dostoyevsky se ‘Brothers Karamazov” ... en dan Tuis Kom in die strofes van Antjie Krog en Breytenbach; ʼn Philadelphia landskap van Pieter van der Westhuizen of die ‘Lang Mars’ van Kentridge ... en te berus in die ‘Gebed’ van Koos du Plessis.
“Wat ek is, is net genade.
Wat ek het, is net geleen.
Eintlik smag ek na U waters van rus.
Lei my Heer vanaand daarheen.”
Sal ek praat oor vier weke se sonsondergange en stegies in vreemde stede, swoel aande in die arms van ʼn minnares ... sal ek vertel van glase sjampanje en voetspore op eiland strande en die kiekies van plakdriehoekies uit my dagboek deel? Sou jy vir ʼn oomblik saam my droom of my glo as ek sê dat nie een van dié drome waar is van ʼn maand se ‘verlof’ nie? Eerder een-en-dertig dae van probeer sin maak van storms. Oplossings soek in die vloed van broosheid wat littekens los omdat mense vir wie jy omgee, swaar dra aan spanning en onsekerheid. Om daar en hier te wees vir hulle wat in die doolhof van fisiese en emosionele pyn vra vir Hemelse Heling en jy jou beste doen om te help dra, en verdra. Planne word gekanselleer en tasse word uitgepak want soms los ʼn mens wat jy wil en wat jy kan agter, om te doen wat jy móét doen.
Een ding is verseker: in sulke omstandighede staan ʼn mens nader aan jouself, nader aan jou naaste, en leer ʼn mens jouself beter ken. Daarvoor is ek innig dankbaar. Elke self-herkenning bring, ‘a discipline to overcome weakness and self-division’ wat verantwoordelikheid vat vir ons aksies maar byname ons reaksies en hoe elke keuse ons bring na ʼn plek van anders dink, anders voel, anders reageer, ʼn ander (groter) perspektief, en derhalwe ʼn ander (beter) interpretasie en verstaan van onsself en byname ons interpersoonlike verhoudinge. In hierdie opsig was Oktober inderdaad die mooiste, mooiste maand!
Baie vra, “Waar was jy met jou verlof?” en wanneer jy antwoord dat jy die hele vier weke by die huis was vanweë, omrede, as gevolg van 31 redes dan is daar eers ʼn verbasing en dan ʼn simpatieke besorgdheid wat vra of jy okay is. “O ja, ek is ...” Die reis was na ʼn plek waar oë en ore oopgaan. Die landkaart na ʼn oop hart en verstand. Die bestemming, ʼn siel wat gans oop is vir die OOP van God.
God? Ja, die Allesinsluitende Lewensenergie wat in en deur ons vloei en nie van ons is nie. Ja, die Kosmiese Bewussyn van ʼn deurleefde ervaring in alles wat goed en mooi is. Ja, die God wat manifesteer as Lig en Liefde. Dié God wat ʼn Integrale Eenheid is met alles wat lewe en waarvan ons ʼn refleksie is ... en ons Christen tradisie, met al sy gebreke en tekortkominge, die ‘weg’ is na ʼn oop DEUR —
“The path to your door
Is the path within,
Is made by animals,
Is lined by thorns,
Is stained with wine,
Is lit by the lamp of sorrowful dreams,
Is washed with joy,
Is swept by grief,
Is blessed by the lonely traffic of art,
Is known by heart,
Is known by prayer,
Is lost and found,
Is always strange,
The path to your door.”
— Michael Leunig
“Kyk, ek staan by die deur en ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal ek by hom ingaan en saam met hom ʼn feesmaal hou, en hy saam met my.” (Openbaring 3:20) Dit is ʼn wekroep na waar jy ook al is in jou lewe, miskien op die kruin van ʼn berg of dalk in die stroomversnelling van ʼn kolkende rivier, dalk op die beste plek van dié onstuimige jaar of moontlik in die canyon van uitgeholde drome en begeertes — “Kyk!” is ʼn oproep vir ʼn diepgaandewaarheid. Hy staan by jou lewensdeur en klop; hy bars nie jou huis binne met ʼn gejuig en gehyg nie. As jy die stem hoor en JÝ die deur oopmaak, sal hy inkom ... en nie praat oor Skrifbeskouing, oor kerk of teologie nie maar saam met jou ʼn feesmaal hou. Miskien sou ek dit alles gemis het as ek nie TUIS was nie!
Baie mense betaal ʼn verband op hul huis, but they are never home. HOME — is waar ek myself weer, en weer vind. HOME — is waar my storie begin. Dis die kombuis van hoop, drome, liefde. Dit is die skat van die hart wat ek oral saam met my vat. Dit is die spens van al my herinneringe en die stene van my behoort en die hoeksteen van my geloof. Dit is waar ek herlaai in die heilige spasie wat die katedraal van die siel is. Ek moes TUIS bly sodat ek die klop kon hoor en die deur oopmaak!
“I found home
because I wanted
the best for myself.
I found home
because I stopped
looking for it
in other people.
I found home
because I have been broken apart
and put myself back together.
And that …
is how you build
a home.”
— Caroline White (Instagram: @cwpoet)
Wat ons bou, bou ons. Vir die volgende maand, voor almal die pad vat vir die somervakansie en Kersfees, gaan ons 2018 in perspektief plaas sodat ons die beste en mooiste in ons knapsak kan pak vir 2019. Ons gaan die soet én die suur, die goed én die sleg, die lesse én die wonde van die laaste jaar dissekteer sodat ons somertuin sal blom met die mooiste en beste weergawe van onsself. Jy en jou familie, jou vriendekring en/of vreemdeling word genooi om die volgende paar Sondae saam met ons aan te sit in ons Sondae Wysheidsirkel. Ons gaan ʼn openhartige gesprek hê oor huise wat ʼn tuiste is, en oor deure wat of op slot, of oopstaan. Kom ons gesels oor - the journey back home!
SATERDAGAAND (10 November) is ook ʼn FEESMAAL — dis ons jaarlikse Somerfees om tafels vol lekker kos en goeie geselskap ... asook ʼn heerlike wynveiling. Skakel vir Lourita om te bespreek by 071.579.45.93 en vir Evert as jy wil wyn skenk 071.357.02.56
GEDAGTE VIR DIE WEEK“The Christian faith is something we're invited into,
not as a museum, not as a march,
but as a meal around a table
with Jesus leading the conversation.”
― Leonard Sweet ―
A COURSE IN MIRACLES
— Kolping: 8 en 22 November @ 19h30 --
— Stad: 12 en 26 November @ 19h30 --
Lessons 125-130
[Lees asseblief elke dag 'n stukkie uit ACIM]