Die Evangelie van Johannes

Sondagdiens

28 April 2019

Paasfees het gekom en gegaan, die ‘langnaweek’ is verby ... maar die invloed nog lank nie. Hierdie maand se tema gaan oor die laaste 24 uur in Jesus se lewe. Elke Sondag verken ons die verhaal van vier evangelieskrywers se unieke invalshoeke. Eerskomende Sondag staan ons stil by die laaste van die vier Evangelies en by verre ook my gunstelingboek in die Bybel naamlik, die Evangelie van Johannes.

Reeds as ʼn student, ten midde van die worsteling om Grieks en Hebreeus baas te raak, het hierdie boek vir my uitgestaan as iets heel besonders waarvan ek toe reeds besef het dat as jy nie hierdie boek lees met ʼn Joodse bril nie gaan jy totaal die inhoud en betekenis mis van wat die skrywer(s) probeer oordra het. Dié boek is geskryf oor ʼn 25 jaar tydperk tussen 85CE en 110CE waarvan die basis-dokument van een outeur kom en die redigering en byvoegings deur ten minste twee ander outeurs.

Die hele boek is in poëtiese formaat geskryf. Daar is ʼn ritmiese taal, nie noodwendig in rym nie. Kort frases van ongeveer ewe lank met herhaalde woorde en frases met geringe variasies. Daar is trappe van progressie in denke, beelde, simbole en metafore met meer dialoog en monoloë as in enige van die ander evangelies. Om oor dié Evangelie te praat, is om oor LEWE in sy geheel te praat ... dit is ʼn reis in die hart van LEWE self, verby die grense van lewe (geboorte / sterwe) tot ʼn hele nuwe verstaan wie God in die algemeen, Jesus in besonder, en ons as volgelinge van Jesus is.

In die Evangelie van Johannes is daar geen verwysing na ʼn maagdelike geboorte nie; Jesus word nie gedoop nie; daar is geen versoeking in die woestyn, geen gelykenisse en geen bergpredikasie nie; daar is geen brood en wyn by die Laaste Avondmaal nie, maar wel die was van die dissipels se voete; daar is geen Getsemane voor die inhegtenisneming en die kruisgebeure gaan nie oor die lyding nie, maar die verheerliking van Jesus. Daar is geen twyfel dat die hoofskrywer van dié Evangelie ʼn Palestynse Jood was nie, want net ʼn Jood sou na Jesus verwys as “Messias” en net iemand met insig in die Joodse Mistiek sou die verhaal begin met die stelling “om ʼn getuie van die Lig te wees” (Joh 1:8).

Mag ek jou uitnooi om komende Sondag by ons aan te sluit om hierdie merkwaardige boek oop te maak by die laaste hoofstukke wat gaan oor die ‘opstanding’ van Jesus en sy ‘verskyning’ aan verskillende mense. ʼn Paar punte voorlopig — anders as die ander Evangelies is die klimaks van Johannes Evangelie nie die opstanding van Jesus nie, maar sy dood aan die kruis. Nie vir die brutaliteit daarvan nie, maar vir die invloed van hierdie jong Rabbi uit Nasaret. Nie vir die geweld en moord op ʼn onskuldige nie, maar vir LEWE (God) wat breek deur die lewe van ʼn mens. Die kruis in Johannes Evangelie is nie ʼn tragedie nie, maar ʼn triomf — waar die Seun van die Mens verheerlik word as Seun van God ... nie in biologie nie, maar in die mistieke eenheid tussen God en mens — ja, alle mense! (Joh 17)

Daarom is daar nie melding in Johannes se vertolking van ʼn Jesus wat worstel met God om die beker van hom weg te neem nie, maar eerder ʼn Jesus wat sê, “Hiervoor is ek gebore — this is my destiny!” en dan sy dood met moed tegemoet gaan. Volgens Johannes roep Jesus nie aan die kruis die woorde van wanhoop (“My God, my God waarom het U my verlaat”) nie, maar word sy totale leer en lewe saamgevat in die uitroep, “Dit is volbring!”

Soos ook reeds die laaste paar weke genoem het, die vier Evangelies is geskryf tussen 40 tot 80 jaar  Jesus se dood. Die hele konsep van ʼn “opstanding uit die dood” was in die tyd van Jesus reeds ʼn goed ontwikkelde filosofie vanuit die Griekse denkwêreld wat bekend staan as: apotheosis waar daar van feitlik alle keisers, konings, en mense met ʼn besonderse geskiedenis vertel word dat hul ‘opgestaan’ het uit die dood en opgevaar het na die hemel. Die idee was nie vreemd in die milieu van Jesus nie.

Daarbenewens gee die Griekse teks van die Nuwe Testament ook vir ons ʼn aanduiding dat hier veel meer aan die hand is as ʼn letterlike interpretasie van die antieke teks. Die Griekse werkwoord vir 'opstaan' is ‘egeiro’ wat letterlik beteken ‘om op te staan’ (risen or arouse) soos vanaf ʼn stoel of uit die slaap — maar, die woord wat gebruik word om van Jesus se ‘opstanding uit die dood' te praat, is ‘anistimi’ waar die woord ‘anastasis’ vandaan kom en dit beteken letterlik: wedergeboorte, herlewing, ontwaking (awakening).

Kan dit wees dat sy ‘opstanding’ nie ʼn resussitasie van ʼn liggaam was nie, but a profound awareness of the presence of God in the awakening of Christ in us ... ? Kan dit wees waarna Paulus verwys (en onthou hy is die skrywer wat die naaste in jare aan Jesus geleef het), dat in Jesus se dood is daar die ontwaking (wedergeboorte) dat Jesus nie die Koninkryk van God hét nie, hy IS die Koninkryk van God. Dit is die Christus openbaring (opstanding) — vir ons wat IN Jesus leef, het volkome deel aan dié Koninkryk ...

Net so met die Griekse woord ‘phaneroo’ wat vertaal word in die Afrikaans met “verskyn” (appear) maar letterlik beteken: om te manifesteer, om te besef, te ken — en die woord kom van die werkwoord ‘phaino’ wat beteken: bring forth into the light, cause to shine, to become evident by teaching!

Kan dit wees dat Jesus se ‘verskyning’ net soos sy ‘opstanding’ iets baie dieper en meer betekenisvol is as die letterlike interpretasie van ʼn liggaamlike vorm, definisie, en dimensie? Dit is my beskeie mening dat die antwoord ʼn volslae “JA!” is — dat die Kerkvaders van die Vierde Eeu na Jesus en die Middeleeuse Geloofsbelydenisse geskryf is deur mense wat geen kennis of insig gehad het in die wonderbaarlike wêreld van God in die fisika en biologie nie. Daar is nie eers verstaan dat ʼn vrou ʼn aandeel het in die geboorteproses nie, for them women were incubators and not pro-creators. Daar was geen verstaan van die natuurwette of die beginsels van oorsaak-en-gevolg soos dit ‘manifesteer’ in die ganse kosmos nie. Tot nog onlangs was die kerk gekant teen verassing as iemand sterf, want dit staan lynreg teen die belydenis wat Sondag na Sondag opgesê word dat “ons glo in die opstanding van die vlees.”

As mense van die 21ste eeu is dit nodig om die antieke geskrifte ook met ʼn moderne, gesofistikeerde bril te lees. Om sodoende God toe te laat om die waarheid van Jesus se invloed en betekenis te laat ‘opstaan’ uit die dood.

Kom ons vier die 'opstanding' van Christus in elke dag en sy 'verskyning' in elke oomblik waar ons die Liefde van God manifesteer en reflekteer.

Met Geloof, Hoop, en Liefde

.

Laai die liturgie hier af: 28 April 2019

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“The crucified one is the presence of God among us. He is the God who is the source of life, and his call to us is to live fully! To have life — that is the function of the Christ. It is to bring us to the experience of living in which we pass into new dimensions of life and cross the boundaries of fear that separate us from one another and from ourselves."
― John Shelby Spong,
‘The Fourth Gospel — Tales of a Jewish Mystic’
 ―

.

A COURSE IN MIRACLES

STAD: 29 April 2019 @ 19:30
KOLPING: 25 April 2019 @ 19:30

Ons lees hierdie jaar Rob Bell se boek:
"What We Talk About When We Talk About God"
[bring steeds jou ACIM boek saam]

SONDAGBYEENKOMSTE

Om ons weeklikse "Broodjie vir die Week" per e-pos te ontvang, voltooi asseblief:

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights