Hierdie week se liturgie: 9_november_2014
TWEE BELANGRIKE DATUMS: Eerskomende Sondag 9 November direk na die diens is ons Algemene Jaarvergadering (AJV) en ons doen ʼn beroep op al ons lede om dit by te woon groot asseblief. Saterdag 15 November van 9h00 tot 13h00 bied ons ʼn konferensie aan onder die tema: Spiritualiteit in Praktyk saam met sprekers soos Prof Lina Spies, Dr Lynette Steele, en Luthando Prinsloo gaan ons verskillende aspekte van Spiritualiteit verken. Bespreek asseblief so gou as moontlik by my.
Om aan te sluit by die tema van die konferensie gesels ons die maand oor -- Spiritualiteit as ‘A WAY OF LIFE’ — en komende Sondag gaan ons stilstaan by GEDAGTES, EMOSIES, GEVOEL en kyk of ons die drie kan harmoniseer met die taal van die HART (SIEL). Die meeste mense sukkel om te onderskei tussen gedagtes, emosies, en gevoelens. Alhoewel dit gelyk kan plaasvind, is dit glad nie dieselfde nie. Soms gebeur iets en dit laat ons dink ... soos ons daaroor dink, sê ons, “dit voel goed of dit voel sleg.” Tussen ‘voel goed’ en ‘voel sleg’ lê iets anders naamlik emosies want alle emosies is ʼn reaksie van die brein (gedagtes) op iets wat gebeur. Kom ons noem ʼn paar voorbeelde: dink vir ʼn oomblik aan die betekenis van die woord ‘twyfel’ en probeer aan ʼn sinoniem of twee dink. Dink nou aan ʼn voorbeeld van twyfel en iets wat met jou gebeur het. Die betekenis kan ons nie sien of aan vat nie maar die oomblik as ons aan iets dink wat met ons gebeur het, dan raak dit aanvoelbaar tasbaar. Dink aan die woord ‘vreugde’ (of happiness) en wat dit beteken ... en dan dink jy aan ʼn tyd toe jy in wilde ekstase gedans het van vreugde. Ons moet toegee dat in beide voorbeelde (en enige ander emosie wat ons kan opnoem) is daar iets wat in die brein gebeur. Ons gedagtes kantel tussen goed en sleg, reg en verkeerd, aanvaarbaar en onaanvaarbaar. Hierdie reaksies van die brein (i.e. emosies) gebeur die hele tyd met ons en daarom sê ACIM ʼn groot waarheid – only my thoughts can hurt me! Die EGO sal sê, “ja maar ...” en “what if ...” want solank die EGO vinger kan wys, bly die guilt & fear vars en bly ons in die loopgraaf van gedagte wat in die geut van opinies, persepsies, aannames, oordeel en projeksies spoel. Ons is verslaaf aan ons denke en daarom gaan niks verander alvorens ons nie ons gedagtes verander nie. “It is not our circumstances but our thoughts about our circumstances, that determine our power to transform them” ― Marianne Williamson
Die woord vir ‘bekeer’ (repent) in Grieks is μετανοέω (metanoeo) wat letterlik beteken, change of mind. Die Engelse vertaling van Romeine 12:2 verduidelik dit mooi, “And do not be conformed to this world, but be transformed by the renewing of your mind, so that you may prove what the will (Greek: thelema: splendour, desire, delight) of God is, that which is good and pleasing and perfect.” Dit raak die essensie van waaroor Spiritualiteit in die algemeen en Christelike Spiritualiteit in besonder gaan. Die verskil tussen religie en spiritualiteit is dit — religie is die mens se manier van na God kyk terwyl spiritualiteit die manier is wat God na ons kyk. Dit vra nie waar jy vandaan kom, wat se werk jy doen, of jy suksesvol is of waar jou mislukkings en teleurstellings lê nie. Dit gaan oor die potensiaal wat in jou opgesluit lê en waarvan net JY die outeur, regisseur en ambassadeur is. Of die potensiaal manifesteer of nie, dit is altyd beskikbaar tot sy volle skeppingsvermoë. Die ganse skepping (Goddelike) is aan die werk namens en in jou belang. Die wêreld is nie ʼn groot, onbetrokke, random uitdrukking van net biologiese prosesse nie maar ʼn lewende refleksie van die Liefde wat in en deur alles vloei. Liefde is die enigste gevoel wat geen oorsaak en gevolg het nie. Liefde is die oorsaak van liefde en liefde is die gevolg van liefde. Ons verhouding, ervaring, meelewing, betekenis, én gevoel daarvan vind sy inhoud in ons geestesdenke (mindfulness). Spiritualiteit is daarom nie ʼn spaarwiel nie maar ʼn stuurwiel en word nie verniet ‘die goeie nuus’ (evangelie) genoem nie! Dit lê verby wat die oë kan sien – dit beskryf ʼn onsigbare ‘ander wêreld’ wat bestaan in ʼn realm ver verby ons beperkte vorme, definisies en dimensies. Ons interaksie met hierdie ‘wêreld’ word gelei (en gely) deur ons gedagtes. Soms voel ons so naby aan God dat die lyn verdwyn en soms wonder ons of enige iemand ooit sal verstaan. Dit laat my dink aan die gedig van Testy McTesterson —
“Sometimes, I sit alone under the stars
and think of the galaxies inside my
heart, and truly wonder if anyone will
ever want to make sense of all that
I am.”
Die wyse Marcus Aurelius som dit goed op, “The soul becomes dyed with the colour of its thoughts.” As ons onsself sien as die gevolg van ʼn kosmos wat nie omgee nie, dan sal ons dit ook so ervaar in ons lewe. As ons onsself sien as die effek van ʼn liefdevolle heelal wat intiem persoonlik jou omvou met liefde, dan sal ons dit ook op so manier ervaar in ons lewe. Maak nie saak wat gebeur in ons lewe nie, ons kies hoe ons daaroor wil/kan/sal dink. Jy is geliefd en jou doel is om lief te hê. Niks meer en niks minder as presies dit nie. Siek gedagtes vreet ons stuk-stuk op, gesonde gedagtes is melk en heuning vir die liggaam. Spiritualiteit is nie iets waarna toe ons werk nie ... dis nie iets wat jy kry met voorwaardes en verwagtinge nie — dit is beskikbaar op enige gegewe oomblik en so naby as wat jy jou oë kan sluit.
Spiritualiteit, soos gravitasie, is nie net ʼn ‘geloof’ nie, dit is ook ʼn waarheid of ons dit glo of nie. Net soos daar natuurwette is, is daar ook spirituele wette wat aan ons lewe inhoud en betekenis gee. Ons gaan Sondag na drie van hierdie wette kyk vanuit ʼn spirituele oogpunt naamlik – geloof, hoop, en liefde. Ons het enorme geloof in die krag van rampe maar bitter min geloof in die krag van wonders. Ons verwar verwagtinge met wat hoop werklik is. En liefde ...? Wel, dit kan ons elkeen vir onsself uitmaak waarom ons spirituele liefde op die puinhoop van verlore drome beland het. Ons spiritualiteit (verhouding met God) het ALLES te doen met ons verhouding met onsself en ons ewemens. Trouens, wat ek van myself dink, is gewoonlik hoe ek oor my medemens dink en hoe ek oor my medemens dink, sê alles wat ek van myself dink.
Kom ons vul ons kapel Sondag vol bekende en nuwe gesigte en dan raak ons vir ʼn uur bewus van die Alomteenwoordige Liefde en Allesinsluitende Lewe wat in elkeen van ons vibreer. In die simplisiteit van sirkels, kerse en musiek laat ons ons siel toe om in die teenwoordigheid van God te rus, asem te skep, en met gedagtes wat getransformeer is die nuwe week in te gaan. Onthou ons AJV en bespreek asseblief vir ons Konferensie 😉
>>> ACIM Kolping: Ons lees hierdie maand Chapter 11 – GOD OR THE EGO — p193 in die hardeband boek.
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting
Gedagte vir die Week:
“What we do comes out of who we believe we are.” ― Rob Bell