Hierdie week se liturgie: 9_april_2017
As Jesus vir Petrus ontmoet, word hy bloot ‘die broer van Andreas’ genoem. Later hoor ons sy naam is eintlik Simon, maar vir Jesus was die boodskap aan hom duidelik, “Ek stel nie belang wie jy is nie, kom laat ek jou vertel wat jy gaan word!” Daarom noem Jesus hom ‘Petrus’ (wat ‘ROTS’ beteken) wat sê, ek sien in jou vasberadenheid en sterkte. Die oorgang/transformasie sou nie vir Petrus maklik wees nie. Die innerlike stryd om gebore te word in ʼn nuwe consciousness, ʼn nuwe begin, ʼn nuwe bron van wat dit beteken om volledig mens te wees, gebore uit gees, sou ʼn stryd wees tot die bittereinde. Ja, selfs so ver as sy eie marteldood in Rome. Op sy beweerde graf is die Vatikaan gebou. Vir alle eeue staan sy naam geskryf as die ‘Rots’ van die kerk van Christus Jesus.
En dit is oor hierdie man wat ons eerskomende Sondag gaan gesels in ons gesprek dié maand oor die tema: MEANINGFULNESS. Ons verken verskeie temas uit John Shelby Spong se boek The Fourth Gospel: Tales of a Jewish Mystic
Om Johannes letterlik te lees, is ʼn baie een-dimensionele blik op ʼn baie diepere betekenis wat die Evangelie wil kommunikeer. Dwarsdeur die boek vleg die skrywer die verwysings en verhale vir ʼn nuwe dimensie van lewe, iets wat verby ons mure en heinings van vrees lê, ʼn verstaan wat Jesus ontsluit. Ons selfbewussyn moet vernuwe en verander word in ʼn Christus-Bewussyn waar ʼn volkome eenheid met God ervaar word. Elke konfrontasie tussen Jesus en Petrus is ʼn geleentheid om die stryd tussen duisternis en lig, dood en lewe, vrees en liefde te oorkom. Herhaaldelik hoor ek Jesus sê, “Kom agter die mure van selfverdediging en onsekerheid uit!”
Petrus is nie soos Judas bereid om die deur finaal te sluit nie. Keer op keer moet hy ʼn keuse maak — sal hy oopmaak of wegraak; sal hy ontken of sal hy bevestig; sal hy getrou wees of sal hy verloën? Wonder ek of Petrus geweet het wat hy sê toe hy vroeër so maklik kon belowe, “Ek sal my lewe vir jou aflê” en hoe hy gevoel het toe Jesus sê, “Dit verseker ek jou, nog voor die haan kraai, sal jy my drie keer verloën.” (Johannes 13:38)
Jesus word gevange geneem en gebring na Annas, die skoonpa van Kajafas wat die hoëpriester was. Petrus en ʼn ander dissipel volg hom op ʼn afstand. ʼn Jongmeisie vra hom of hy nie ʼn dissipel van Jesus is nie en Petrus ontken dit heftig. Na ʼn rukkie gaan staan hy by die vuur om warm te kry toe ʼn ander diensmeisie weer vra. Kwaai ontken hy dit nog ʼn keer. Maar toe een van Kajafas se slawe hom onthou as een van hulle wat saam met Jesus in Getsemane was, raak Petrus kwaad en volgens Markus 14:71 het hy begin vloek en sweer, “Daardie man van wie julle praat, ken ek nie!”Hy hoor ʼn haan kraai en onthou die woorde van Jesus en dan staan daar dat hy weggestap en bitterlik begin ween het. Petrus betree ... the dark night of his soul.
Oorlewing is skielik meer belangrik as lojaliteit. Sy bravade krummel onder sy lafhartigheid. Sy smag na sekuriteit oorweldig sy integriteit. Dis beter in die tronk van gemoedsrus as teen die kruis van sy oortuiging. Spong verwys na hierdie vurkpad in Petrus se lewe as hy skryf, “We brag to hide our fear. We lie to cover our inadequacy. We push others down to elevate ourselves. We give to no one except insofar as our giving serves our survival needs. We love no one more than we love ourselves. Our life is bound by our security walls, by our defence barriers. To lay those barriers down is to shake with survival-driven anxiety. We must hide to avoid the vulnerability that love requires. We must cultivate an image, a public persona, but we never find the courage to be who we are.”
Petrus se sielstryd lê in die oeroue oorlewingstegnieke van ʼn mens wat homself net as vlees sien — survival-driven creatures with fight-flight egos. En die haan kraai, “Word WAKKER!” en daarmee saam die ontwaking in die duisend woorde van Jesus — “Julle is deel van dit wat onbeperk (limitless) is. Kom na my toe as jul vermoeid en belas is en word deel van God soos God deel is van jou. “The life of God is found in our living, the love of God is found in our loving and the being of God is found in our being.” (Spong)
In daardie een enkele oomblik van Petrus se Godsverduistering lê daar vir elkeen van ons ʼn antwoord op die vrae wat ons het in ons oomblikke van vertwyfeling en onsekerheid; ons nagte van kwaad en seer; die plekke waar ons onsself verloën; daar waar dit voel of die verdriet en hartseer nooit gaan lig nie; die tye toe ons stiltes ons doof geskree het en ons gesettle het vir die ego wat ʼn kompromie wil maak met ons waarheid. Die konkavure en haan was verby ... maar die invloed daarvan sou bly tot na Jesus se ‘opstanding’ as hy Petrus sou vra: “Simon seun van Johannes, het jy my lief?” (Johannes 21:15)
Wat hierdie verhaal vir ons wil leer, is dit: [1] Vulnerabil
ity is not powerlessness! Ons almal ken verneuk ... ons ken die oomblikke toe ons stilgebly het om die vrede te bewaar en so onsself verloën het; ons ken die kere toe ons ons waarheid ontken het want ons wil tog net nie beskuldig en verwerp word nie; net soos ons onthou toe die haan gekraai en ons vergeet het dat ons ook ʼn Petrus/Petra is. [2] Denial is not forgetting! Ons onthou wat ons wil vergeet, en vergeet wat ons moet onthou. Ons glo wat ons wens om te glo sonder om ooit te wéét wat ons glo. [3] Surrender is salvation! Oorgee is nie opgee nie. Toegee is nie weggee nie. Die oortuiging wat ons bring tot op ons knieë, want daar is nêrens anders om heen te gaan nie, en skielik is ons vry!
Kom vier Sondag saam met ons Palm-Sondag as ons die Heilige week voor Paasnaweek ingaan met die Rots waarop ons geloof, hoop, en liefde gebou is.
ACIM — Stad 24 April 19h30; Kolping 20 April 19h30 — Chapter 12: The Holy Spirit’s Curriculum (p215)
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“If the soul within us does not change, the world outside us will never change. The enemy is within, the Romans are within, salvation starts from within!” ― Nikos Kazantzakis, The Last Temptation of Christ