8 November 2015

Ons tema dié maand is: LIVING THE ANSWERS en het laas week afgeskop met CHOICE, CHANGEand CLARITY en eerskomende Sondag gaan ons die vrae verken wat intellektueel, emosioneel, en spiritueel ʼn verskil kan maak om anders te dink, anders te voel, en anders te reageer op dit wat ons lewe inkleur.
Daar is volgens my net één belangrike vraag in die lewe en dit is – WIE IS EK? Al die ander vrae wat ons na die Heelal slinger, word gebore vanuit hierdie een vraag. Dis nie ʼn vraag met ʼn (een) antwoord nie en ook nie ʼn vraag wat ons vandag antwoord en dan is dit afgehandel nie. Dit is ʼn daaglikse vraag wat soek na insig en verstaan, wysheid en waarde. Ons het ook reeds verander sedert ons vanoggend opgestaan het tot ons hierdie sinne lees. Soos ons verander, vloei die vrae om betekenis te gee aan hierdie een vraag.
Oor die jare het ek ʼn paar van hierdie vrae bymekaar gemaak wat ek nader hark as ʼn besluit, groot of klein, geneem moet word of as daar helderheid gesoek word in ʼn bepaalde situasie. Kom ons noem dit --
 Tien Vrae oor Besluite en Betekenis:

  1. Wat weet ek dat ek dit nie weet nie –of– wat gee ek voor dat ek nie die antwoord weet nie?
  2. Wat is my waardes en hoe leef ek dit uit –of– waarvoor staan ek en is ek getrou daarin?
  3. Wat is belangrik in jou lewe en as ek ses maande oor het om te lewe, is dit steeds belangrik?
  4. Doen ek dit omdat dit die regte besluit is vir my of probeer ek ander behaag en tevrede te hou?
  5. Sal hierdie keuse my dra na 'n inspirerende toekoms of my gevange hou in die verlede?
  6. Is hierdie keuse ʼn langtermyn-vervulling of ʼn korttermyn bevrediging?
  7. Kan hierdie situasie my help om te groei en te ontwikkel of gaan dit my in die langduur aan die bas hap?
  8. Voeg hierdie keuse waarde toe in my lewe of beroof dit my van my energie en self-waarde?
  9. In elke moeilike situasie — wat sal verander as ek dit met liefde doen?
  10. Is my besluit 'n refleksie van liefde of is dit 'n projeksie van vrees?

Die antwoorde word gesoek uit my siel-denke en nie uit my ego-denke nie. Jare gelede het ʼn vriend van my, my eendag gevra, “Noem vir my die VYF goed wat jy 5 jaar vantevore wou weet/hê en hoe het jy dit verwesenlik en ek sal vir jou sê waar jy oor 5 jaar van nou gaan wees?” Aanvanklik kon ek nie verstaan wat en hoe hy dit bymekaar bring nie maar gaandeweg het dit begin duidelik word dat as ʼn mens die regte vrae vra kom daar insig (waarheid) en insig lei tot uitsig (wysheid).  Verder is dit ook so dat sekere patrone homself herhaal tot ons daarvan bewus raak en dan ʼn wilsbesluit neem om dinge te verander en daardie verandering begin in onsself!
Spiritueel het mense baie vrae en die een wat die meeste gevra word, is seker: “Wat is die wil van God?” In Nederland het ons in een van die gemeentes waar ek gewerk het ook Gespreksgroepe gehad, wat die Nederlanders ʼn ‘Leerhuis’ noem. By een van die byeenkomste gaan dit toe oor die vraag waarom mense wil weet wat is die “wil van God” toe ʼn vrou, wat omtrent nooit iets gesê het nie, uit die bloute antwoord, “Die vraag is nie, ‘wat is die wil van God’ nie, die vraag is waarom ons nie doen wat ons sê nie?” Die mens is nou maar eenmaal so dat ons eerder soek na wat ‘verkeerd’ is as wat ons soek na wat ‘reg’ is. Ons het ʼn duisend opsies in ons kop van alles wat ‘verkeerd’ kan loop en weinig opgewondenheid oor alles wat ‘ten goede’ kan uitwerk.
You’ll always have what you want, if you want what you have. The needs of the ego are more than often in conflict with the desires of the heart. Aan die einde van die dag sê ons vrae wat ons eerlik en opreg vra meer oor onsself as die antwoorde wat ons gee. Alle mense — ongeag taal, kultuur, sosio-ekonomiese omstandighede, godsdiensoortuiging, graad van opvoeding, of vlak van emosionele intelligensie het almal dieselfde basiese behoeftes: ons wil liefhê en liefgehê word; ons wil gelukkig wees; ʼn plek hê om heen te gaan as ons siek is; ʼn skool vir ons kinders; tussen mense beweeg wat ons met menswaardigheid sal behandel; genoeg geld hê om aan ons basiese behoeftes te voorsien; en hoop koester vir die toekoms. Hoe ons hierdie behoeftes vervul, is ʼn perd van ʼn ander kleur? Wat ons doen om dit te verwesenlik, verskil van mens tot mens.
A Course in Miracles vra op ʼn stadium, Do you want to be happy, or do you want to be right? Hoeveel van onsself het ons al verloor omdat ons eerder ‘reg’ as ‘gelukkig’ wil wees? Om albei te wil wees, bring die ‘split mind’ waarvan ACIM praat. Johnny Depp som dit mooi op as hy dit saamvat in vier vrae — There are four questions of value in life ... What is sacred? Of what is the spirit made? What is worth living for, and what is worth dying for? The answer to each is same. Only love.

ACIM: Kolping: 12 November 19h00. Stad: 16 November 19h30 — Chapter 6: The Lessons of Love — II. The Alternative to Projection — P96 Hardeband Boek

Besoek ons Facebook

Gedagte vir die Week:
“We make our world significant by the courage of our questions and by the depth of our answers.” – Carl Sagan 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights