Liturgie: 15_mei_2016
Elke einde van die maand is daar ʼn intense “luister” wat die tema sal wees vir die volgende maand. Daar word gelees, fyn geluister na lirieke, notas maak oor iets op TV of YouTube en soms, iets wat iemand sê in ʼn gesprek. So word gedagtes versamel en dan gee dit geboorte aan iets nuut om oor te dink en te bespreek in ons Wysheidsirkel Sondae. Eintlik het ek heeltemal iets anders in gedagte gehad maar laas Maandag lees ons uit A Course in Miracles dié sin, “Fear and grief are your guests, and they go with you and abide with you on the way” wat toe gevolg word met ʼn gesprek oor ‘grief’ — which is you “guests” not your landlord or manager. Die laaste paar dae het ek baie hieroor gedink: wat is die goed waaroor ons treur ... die diep onderliggende droefheid ... die hartseer en verdriet wat in ons onderbewussyn leef? Met die eerste oogopslag sou ʼn mens kon sê dat daar nie goed is waaroor ons rou of gedagtes van weemoed nie. Tot ʼn mens vir oomblik stil gaan staan en wonder waar die vrees en woede, afguns en teleurstellings vandaan kom?
Op ʼn ander plek sê ACIM, “Forgiveness is your peace, for herein lies the end of separation and the dream of danger and destruction, sin and death; of madness and of murder, grief and loss. This is the “sacrifice” salvation asks, and gladly offers peace instead of this.” wat my laat dink oor al die emosies wat ons daagliks ervaar en hoe ons ons ‘grief’ netjies verpak het tot ʼn kompartement waarheen ons liefs nie gaan nie. Solank dit goedgaan, is daar geen rede om aan dit wat ons êrens verloor of moes laat gaan het, te dink nie. Mense sê maklik, “Let it go!” maar bedoel eintlik, “Let it go to a place in the subconscious mind where I don’t need to visit or think about it.”
Kom ons gesels dié maand oor die tema FROM GRIEF TO RELIEF — gedagtes oor rou en heling. Wanneer ons dink aan rou, is die eerste gedagte wat by ons opkom die ‘dood’ – die verlies aan iemand wat onherroeplik weg is. Die finaliteit van ʼn afskeid wat jou slinger van hartseer na verdriet, van rou na smart. Haal ek weer die formidabele boek van C S Lewis, ‘A Grief Observed’ uit my rak en let op die sin wat met die hand onderstreep is, “No one ever told me that grief felt so like fear. I am not afraid, but the sensation is like being afraid. The same fluttering in the stomach, the same restlessness, the yawning. I keep on swallowing.” Die meeste van ons ken hierdie meesleurende emosies wanneer iemand na aan ons dood is. Maar die wildernis van rou het nie net met die dood te doen — wat van die rou oor ʼn kind wat in ʼn ander land gaan woon, die verdriet oor ʼn gebroke huwelik/verhouding, die hartseer oor ʼn werk wat jy nie gekry het nie, die droefheid as iemand jou verraai/verneuk, die verslae leed as jou kosbaarhede gesteel word, die emosionele pyn van siekte, die hartverskeurende verlange om weer ʼn kans te kry om iets beter en anders te doen?
In ʼn wêreld waarin die media ons toegegooi met die hartseer van die wêreld en ons soms oorweldig word deur die rou van ons planeet, het ons gewoon nie meer die luuksheid om ons rug daarop te draai met die ontkenning dat die my nie raak nie. Ons kleinlike argumente dat dit ‘iemand anders’ se probleem is en sodoende ons onbenullige ‘skuld-skuif’ doen omdat ons verval het in ʼn sisteem waar almal nommers en deel van ʼn statistiek is, het verrykende implikasies in ons omgaan met ons eie skuldgevoelens en vrees. Na sowat 25 jaar se terapie en berading en mense begelei deur hul verlies en verlatenheid, het ek tot die slotsom gekom dat alle vorme van emosionele pyn is as gevolg van ʼn skuldgevoel — waarom gebeur dit met my, waarom gebeur dit wéér met my ... die emosies van teleurstelling en mislukking, die verlange na ʼn ander werklikheid, die woede en frustrasie en moedeloosheid — dit alles lê onderliggend aan ons onvermoë om met ons eie rou en verdriet om te gaan. Daarmee saam het dit ook ʼn ander waarheid openbaar — elke vorm van krisis is ten diepste ʼn spirituele slot en derhalwe is elke oplossing tot ʼn krisis ʼn spirituele sleutel. Hiermee wil ek geensins insinueer dat God die subjek óf die objek van ons emosionele pyn is nie! Die mensgemaakte realiteit is nou maar eenmaal net so bedraad dat as daar ʼn soompie geestelikheid in jou is, is die eerste vraag in hartseer, “Waar is God?” met die uitroep daarby, “Help my Here!”
Lewis verwoord hierdie reaksie mooi in sy boek, “Meanwhile, where is God? This is one of the most disquieting symptoms. When you are happy, so happy that you have no sense of needing Him, so happy that you are tempted to feel His claims upon you as an interruption, if you remember yourself and turn to Him with gratitude and praise, you will be – or so it feels – welcomed with open arms. But go to Him when your need is desperate, when all other help is vain, and what do you find? A door slammed in your face, and a sound of bolting and double bolting on the inside. After that, silence.”
Kom ons begin ons reis eerskomende Sondag en ons gesels oor ‘Doodsbeendere en grafte’ — ons lees saam die opstandingsvisioen van Esegiël as hy by ʼn dal vol beendere staan. Mense wat lankal dood en nie eers begrawe is nie. Vir hom is dit duidelik dat niks en niemand hul weer sal opwek nie en tog is die opdrag om hul aan te spreek. In hierdie profetiese konfrontasie gebeur die wonderwerk, hul kom bymekaar, God blaas asem in hulle, en daar is nuwe lewe want sien — ʼn wonderwerk is waar ons liefde kies bo vrees, vir lewe bo dood, vir hoop bo twyfel. Dit gaan nie oor ʼn letterlike interpretasie wat wil vertel van ʼn lewe na die dood en ʼn paradys eendag (miskien) waar niemand rou nie. Dit gaan oor die ‘beendere’ in ons eie gemoed. Oor ons eie stukkies stukkend. Al die klein jakkalsies van wat ons dink is onbenullige goed om oor te rou en tog kleef dit aan ons soos ʼn virus wat wag vir net die regte klimaat om jou plat te trek in die bed.
Keer op keer in die wildernis van verdriet loop ʼn pad ons raak. Maak ons stene (touchstones) bymekaar om ons te help ‘onthou’ waar ons vandaan kom en dat die woestyn of oerwoud van verlies, verlang, verwydering, verwerping, en verdriet is net ʼn deurpad. Dit is Getsemane, dit is geen Golgota. Ervaar ons weer opnuut hoe God asem blaas in ons beendere (al 206 van hulle). Skryf ek vanoggend die eerste sin in my dagboek — Grief is not an enemy or a sign of weakness. It is a sign of being human — en eindig met die laaste sin — Don’t let life remind you of what you should already be doing.
Kom ons maak hierdie maand ʼn spirituele tuin ... bring jou blomme en skoffels, jou Wellingtons en gieter, selfs jou ‘kompos’ (pun) is welkom — ons maak tuin vir die eerste winterreëns!
ACIM — 16 Mei in die STAD 19h30 en 12 Mei by Kolping 19h00 — Chapter 11: GOD OR THE EGO — The Inheritance of God’s Son (IV) & The Dynamics of the Ego
🌺 LET WEL: Volgende ACIM by Kolping is 12 MEI — geen ACIM môreaand nie. Hoop om die volledige groep dan daar te sien!
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“Repeat the thoughts that made this day a special time of blessing and of happiness for you; and through your faithfulness restore the world from darkness to the light, from grief to joy, from pain to peace, from sin to holiness.” — A Course in Miracles