Apple Inc. het die volgende leuse: “Here's to the crazy ones. The misfits. The rebels. The troublemakers. The round pegs in the square holes. The ones who see things differently. They're not fond of rules. And they have no respect for the status quo. You can quote them, disagree with them, glorify or vilify them. About the only thing you can't do is ignore them. Because they change things. They push the human race forward. And while some may see them as the crazy ones, we see genius. Because the people who are crazy enough to think they can change the world, are the ones who do.”
Ons gesels hierdie maand oor VERANDERING — iets waarna ons almal verlang maar te bang is om die eerste tree te gee. Te bang ons maak ʼn ‘fout’, te bang ons verloor beheer, te bang dit is dieselfde of erger as hoe dit was. Ongelukkig is die mens nou maar eenmaal so dat ons altyd verandering soek aan die buitekant ... ongelukkig in jou werk, kom ons bedank; ontevrede met jou motor, kom ons koop ʼn ander een; nie meer gelukkig in jou verhouding/huwelik nie, kom ons kry ʼn nuwe lyf. Ons glo dat die verandering aan die buitekant sal ons beter laat voel aan die binnekant. Wel, vir ʼn rukkie help die change-of-scenery maar gouer as later knaag dieselfde jakkalsies ons wingerde omdat die manier hoe ons goed ervaar nie gaan verander net omdat ons uiterlike veranderinge maak nie. Iets moet aan die binnekant verander.
Natuurlik help dit as ons ons omstandighede verander ... goeie genade — skuif jou huis, gooi die opgaargemors weg, klits jou bolla met ʼn cracker, vat ʼn ander pad werk toe, verf jou kantoor, enige iets om ʼn kopskuif te maak maar skuif gaan jou kop moet skuif voor enige iets gaan verander. Dit is ook so dat ons te gemaksugtig geword het om die moed aan die dag te lê om sekere goed te verander. Dis net te maklik om op die bank te lê en moun oor alles wat moet verander want as verandering nie maklik, gerieflik, moeiteloos na ons toe kom nie, stel ons nie belang nie. Soms wens/droom/bid ons vir verandering maar kan dit asseblief met ʼn hysbak, roltrap, remote control na ons toe kom. Óf nog beter, kan iemand anders dit vir my doen! Iemand anders moet my happy maak, iemand anders moet my deurmekaar lewe kom fix, iemand anders moet vir my sê ek is mooi, slim, goed genoeg, iemand anders moet vir my sorg, iemand anders moet dinge anders maak.
Die Griekse woord wat met repent/bekeer vertaal word, beteken letterlik – change your mind! Maak nie saak wie jy is nie, waar jy vandaan kom, of wat jy gedoen het nie, ons kan altyd, altyd verander (change your mind) om ʼn beter weergawe van onsself te word want soos George Bernard Shaw dit eenkeer mooi gestel het, “Those who cannot change their minds cannot change anything.”
Dit is meer as net ʼn intellektuele en emosionele verandering, dit is ten diepste ʼn spirituele ‘change of mind’ want waar ons leer om na die taal van die siel (intuïsie) te luister, waar ons weer die taal van die hart (liefde) hoor, kom daar ritme en balans, harmonie en konsonansie. Verandering kom nie met waarborge nie. Verandering is nie vanselfsprekend lekker nie. Verandering is allermins maklik. Maar wat se lewe is dit om die hele tyd te hoop en te glo iets sal verander? Wie wil deur die lewe gaan in ʼn monotoon van “ek is steenkool, dis (al) wat ek ken en dis my lot ...” as steenkool nie die druk kan vat om geboorte te gee aan ʼn diamant nie?
Hoor hoe mooi verwoord C. JoyBell dit, “The only way that we can live, is if we grow. The only way that we can grow is if we change. The only way that we can change is if we learn. The only way we can learn is if we are exposed. And the only way that we can become exposed is if we throw ourselves out into the open. Do it. Throw yourself. We can't be afraid of change. You may feel very secure in the pond that you are in, but if you never venture out of it, you will never know that there is such a thing as an ocean, a sea. Holding onto something that is good for you now, may be the very reason why you don't have something better.” ••• AMEN!!
Alles om ons verander die hele tyd. Ons is nie eers dieselfde as wat ons was toe ons vanoggend opgestaan het nie. Tog hou ons krampagtig vas aan sekere goed omdat ons bang is ons gaan dit verloor. Ons assosieer ‘verandering’ met ‘verloor’ wat natuurlik die ego se ou truuk is om ons te kul met die illusie van ‘separation’. Soms, wanneer ons dit die minste verwag, is daar uitdagings in ons lewe wat ons moed en bereidwilligheid toets om te verander. Daar is geen sin om dit te ignoreer of te wil voorgee dat niks gebeur het nie of te brom, “ek is nie nou reg vir verandering nie” want die uitdaging gaan nie weg nie. Die lewe kyk nie agtertoe nie. Geleenthede wag nie tot dit vir ons geleë is nie.
Ek bid nie meer — “God verander my omstandighede” nie maar eerder, “God verander my!” Oor en oor het die woorde aan Josua my bygebly, “Het Ek jou nie opdrag gegee: wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of ontstel nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy gaan?” (Josua 1:9) Dit maak my nie ʼn Spirituele Superman wat vlieg oor teleurstellings en hartseer nie, allermins! Maar dit bring ʼn sensitiwiteit om in elke situasie bewus te wees dat die verandering kom van binne en as dit nie van binne kom nie, verander niks! Daar is ʼn Russiese Spreekwoord wat sê, “Elke dag is ʼn boodskapper van God!” — daardie engele (boodskappers) herinner ons dat die beloftes van God gaan altyd in vervulling. Alvorens ons nie ons gedagtes verander oor goed nie bly dieselfde home movie oor en oor uitspeel. Vir lankal reeds hou ek nie God verantwoordelik vir dinge wat in my lewe gebeur nie trouens, meer en meer soos ek ouer word, sien ek in die soet en die suur, die lag en die trane, die vreugde en die hartseer hoe Liefde die een konstante is wat nooit verander nie. Al hierdie side shows is eintlik net ʼn geleentheid om nader aan myself te staan en Liefde ʼn kans te gee om in en deur my te vloei. Waar ʼn mens dit met vrymoedigheid toelaat, gebeur daar wonderwerke. Vir die res is dit my verantwoordelikheid om te restoureer, rehabiliteer, reformeer. En boy-oh-boy, begin dinge verander as ons elke situasie sien as ʼn geleentheid om te groei, te ontdek, te manifesteer, te demonstreer, wie ons in ons mooiste weergawe is.
In die wonderlike film ‘The Curious Case of Benjamin Button’ sê Benjamin, “For what it’s worth: it’s never too late to be whoever you want to be. There’s no time limit, stop whenever you want. You can change or stay the same, there are no rules to this thing. We can make the best or the worst of it. I hope you make the best of it. And I hope you see things that startle you. I hope you feel things you never felt before. I hope you meet people with a different point of view. I hope you live a life you’re proud of. If you find that you’re not, I hope you have the courage to start all over again.” Mag hierdie tyd van herinnering waaroor die lewe, lyding en sterwe van Jesus gaan vir ons almal ʼn tyd wees wat stiller aan die binnekant lê. Mag ons ons gedagtes suiwer, ons harte mooi maak, ons intuïsie kultiveer om die boodskappers van verandering vir God te wees sodat ons sal hoor (én onthou) dat oor elke grasspriet en blom buig ʼn engel wat fluister – “Groei!” “Groei!”
ACIM: 5 Maart: Kolping Groep om 19h00 –en– 9 Maart: Stadsgroep om 19h30 — ons lees: Chapter 13: The Guiltless World p236 Hardebankboek.
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“The most beautiful people we have known are those who have known defeat, known suffering, known struggle, known loss, and have found their way out of the depths. These persons have an appreciation, sensitivity, and an understanding of life that fills them with compassion, gentleness, and a deep loving concern. Beautiful people do not just happen.” — Elisabeth Kübler-Ross