8 Julie 2012

Hierdie week se liturgie: 8_julie_2012

Die woord “spiritualiteit” word deesdae om elke hoek en draai gebruik. Tydskrifte het artikels daaroor – elkeen uit ʼn ander hoek; dominees preek die tema tot ʼn eindelose refrein met die hoop om dit vir hulself te beantwoord; sit jy die draadloos aan praat iemand oor “geestelikheid” in ʼn poging om oor alles te praat wat spiritualiteit moet wees sonder om eenkeer te sê wat dit is. Miskien is ‘spiritualiteit’ ʼn begrip soos estetika ... jy kan dit nie verduidelik nie want as jy nie weet wat dit IS nie, is dit soos om vir iemand die smaak van waatlemoen te verduidelik wat nog nooit waatlemoen geëet het nie. Of is spiritualiteit dalk ʼn begrip/gevoel wat onbeskryflik is; wat iets sê oor dit wat jy nie kan sê nie en as jy dit vorm probeer gee, verloor dit die inhoud (essence) daarvan?

Spiritualiteit is iets soos intimiteit – dis persoonlik; dit lê aan die binnekant; dit het iets te doen met jou beingness (essence); iets wat die oomblik as jy daaroor praat sy betekenis verloor; iets wat jy voel en as jy dit moet verduidelik dan verloor dit daai gevoel.

Spiritualiteit is soos liefhê — jy kan daaroor gedigte en liedere skryf; jy kan daaroor movies maak en boeke publiseer maar jy sal nie weet wat dit is tot jy dit voel nie. Wat ek wel weet, is dat spiritualiteit alles te make het met ʼn ‘verhouding’ en kan dit net ervaar word in relasie tot ... of dit ʼn verhouding is met die natuur of kultuur; God of medemens; jou geliefdes of beminde ... ʼn mens weet wat liefde is as jy liefhet; jy weet wat beteken liefhê as jy dit voel. Ons word gebore met spiritualiteit! Dis nie iets wat jy word of kry; kan soek of vind nie. Dit IS wie jy IS.
Of jy daarvan bewus is, is ʼn totaal ander vraag. Of jy die moeite doen om in die dieptes en hoogtes, die breedte en vertes daarvan te vlieg, is geheel en al in jóú hande (of vlerke). Kom ons gesels Sondag oor die tema: The Essence of Life — ‘essence’ means: spirit, heart and soul of LIFE want miskien (net maybe) onthou ons waar ons vandaan kom; waar ons is; en waarheen ons op pad is.

Gister is nie Môre nie!
• Leef vandag getrou aan jouself (authenticity)
• Leef vandag bewus van jou Self (simplicity)
• Leef vandag liefdevol met jouself (thoughtful love for life) 

10h00 Sondag in die kapel van die Kolping Sentrum — Besoek ons  FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Maak vandag ‘anders’ as enige ander dag. Maak vandag ʼn verskil. Leef vandag asof dit jou eerste of laaste dag is.
Met toewyding en waardering

Ons het Saterdag 21 Julie 2012 by die Kolping Sentrum weer ʼn gesprek oor ‘Die Geskiedenis van die Bybel’ — en begin na die vakansie weer met ACIM. Kontak my asseblief as jy belangstel.

Gedagte vir die Week:
“We live but one second in the vastness of infinity and in that one second we laugh and cry; we love and live … telling death: you cannot catch us!” (Radu Mihaileanu: director of the movie “The Concert”)

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights