8 Januarie 2012

Hierdie week se liturgie: 8_jan_2012

Die nuwe jaar is hier – sommer so, só sommer só! ʼn Nuwe jaar propvol geleenthede en die potensiaal om nuwe spore op die strand te trap en groter sandkastele te bou. Dit te waag om ons eie spore te trap waar ons voorheen versigtig liefs in ander (bekende) spore geloop het en om sandkastele te bou en nie bang te wees vir die hoogwater nie. Ja, dit is ʼn jaar wat ʼn nuwe bladsy omblaai en met die pen van ons lewenservaring ʼn verhaal skryf in die ink van ons beste intensies.

Natuurlik is dit normaal om oor sekere goed onseker te wees; vrae te hê oor ons twyfels en te wonder of ons die moed sal hê om die ‘regte’ pad te kies wat sinvol ʼn bydrae maak, nie net in ons eie bestaan nie maar ook aan ander om ons. Wie is daar wat nie bang is vir die vrae of ek getrou sal wees aan myself nie; moed sal hê om die regte keuses te maak; sterk sal wees as alles om my krummel en goed genoeg is om te behoort nie? Dis tog menslik – MÁÁR – met ʼn nuwe jaar wat soos ʼn verligte hoofweg voor ons lê, weet ons ook dat elkeen van ons baie sterker is as wat ons ooit vermoed. Ons sensitiwiteit dra ons ervaring in ʼn knapsak saam en ons het die aanvoeling wanneer iets sin maak en wanneer iets gewoon onsin is.

Ons plant ons saad met vertroue in die beddings van die jaar wat voorlê en weet ons drome is die hoop van ʼn siel wat wakker en nugter is. My wens vir dié jaar is om meer MENS te wees en medemenslikheid te betoon teenoor elkeen wat ʼn ewemens is. Die water wat verby is, kan nie van voor begin nie maar ons kan soveel doen met die water voor ons want ons kan ons leivore ‘anders’ geut na ons boorde en nie water mors nie omdat ons geleer het wat kosbaar en waardevol is.

Kom sit Sondag jou dromewensebehoeftesvoornemens en begeertes op ʼn klein plakpapier teen ʼn muur en dan knoop ons ʼn strikkie aan elkeen met die tema:

Ons kan nie van voor begin nie maar ons kan dit ANDERS doen.
Diens aan jou medemens is die enigste manier om God te dien
Liefde vir jou medemens is die enigste manier om God lief te hê
Anders dink; anders reageer; anders voel en bedoel.

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
10h00 Sondag in die kapel van die Kolping Sentrum.

Mag elke oomblik van 2012 ʼn OOMBLIK van onthou wees!
Met ʼn opgewondenheid vir die ontginning van die jaar se NOU

Ons GESPREKSGROEPE hervat weer na die skoolvakansie.

Gedagte vir die Week:
“I believe that imagination is stronger than knowledge – myth is more potent than history – dreams are more powerful than facts –
hope always triumphs over experience – laughter is the cure for grief – love is stronger than death.” (Robert Fulghum)

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights