Hierdie week se liturgie: 8_desember_2013
Dit is met ʼn swaar hart wat ek terugry vanaf Hanlie (van der Merwe) se roudiens ... die verkeer is bumper-teen-bumber en ek luister na musiek in die motor. Leona Lewis sing haar weergawe van “Ave Maria” en ek dink aan ʼn tyd toe ek nie die lied kon speel in die kerk waarin ek grootgeword het nie en op ʼn vreemde manier het my pad gekruis met die Kolping (Katolieke) Sentrum waar oorlede Fr Roland die deur vir ons geopen het om vir die laaste 5 jaar te aanbid.
Weer dink ek aan Hanlie en haar man Barry wat sedert Tamboerskloof NGK dae ʼn pad saam my stap en vandag het ons vir haar ‘koebaai’ gesê. Ek dink aan hulle mooi dogters waarvan ek die voorreg gehad het om in die huwelik te bevestig. Hulle kleinkinders waarvan ek die voorreg gehad het om te doop. Twee mense wat in my lewe ʼn verskil maak en nog altyd by my (deur dun en dunner) gestaan het ... maar veral, dink ek aan Hanlie. Ek onthou haar vriendelikheid, saggeaard en opregtheid en ek dink aan die woorde uit Grey’s Anatomy wat ʼn vriend nou onlangs vir my gestuur het in sy eie roep na helderheid, na sekerheid, na God — “We’re all vulnerable. We’re Human. We’re all going to die one day and that we cannot control and we do not get much say over it.... BUT we do get to decide how we going to live - so we must do it! Decide! Is this the life you want to live? Is this the person you want to love? Is this the best you can be? Can you be stronger? Kinder? More compassionate? More caring? More loving? Breathe in and breathe out and DECIDE!”
Toe ek by my huis instap kom sit ek agter die skerm om my gedagtes te fokus op eerskomende Sondag se tema en ek wonder, waar sal ek begin? Hoe praat mens oor dit wat mens nie sê nie? Sal ek dit verswygings noem? En toe onthou ek, eerskomende Sondag vier die Kolping Sentrum wêreldwyd die stigter van die Kolping beweging se geboorte. Die Kolping Sentrum het sy oorsprong te danke aan Adolph Kolping wat op 8 Desember 1813 gebore is (200 jaar terug) in Kerpen, Duitsland. Hy het grootgeword as ʼn skaapherder en as ʼn jongman van 18 jaar begin werk as ʼn assistent vir ʼn skoenmaker. Hy was geskok deur die lewensomstandighede van ander werkers wat hom beïnvloed het om ʼn priester te word. Vandag, 4 Desember, is die herdenking van sy afsterwe toe hy op 4 Desember 1865 oorlede is in Köln. Hy was 51 jaar oud.
Sy lewe sal onthou word as die leier van sosiale ondersteuning aan jong werkers in stede tydens die industriële rewolusie in Duitsland asook wêreldwyd. Op 27 Oktober 1991 is Adolph Kolping deur Pope John Paul II salig verklaar (beatified) en vandag in Duitsland, bestaan die Internasionale Kolping Beweging uit meer as 275 000 lede in 2730 Kolping Families wat dit die grootste sosiale federasie in Duitsland maak. Die organisasie, wat in Köln gesetel is, word verteenwoordig in 60 lande met byna ʼn half miljoen lede van oor die hele wêreld.
En, soos ek sê, op ʼn vreemde manier is ons deel van hierdie familie. Daarvoor gaan ons eerskomende Sondag op ʼn gepaste manier dankie sê en ons gaan dit doen deur saam brood te breek en wyn te deel in ʼn herinnering dat ons in brood, een is met mekaar as een liggaam ... en in die wyn onthou dat ons ook deel is van ʼn Ewige Lewe waarvan niks en niemand ons ooit kan skei nie. Êrens tussen Hanlie se roudiens vandag en Fr (St) Adolph Kolping se afsterwe herdenking vandag, sluit ons aan by ons tema vir dié maand, naamlik: REBIRTH!
Rene Daumal skryf — “I am dead because I lack desire, I lack desire because I think I possess. I think I possess because I do not try to give. In trying to give, you see that you have enough; seeing that you have enough, you see that you are nothing: seeing that you are nothing, you desire to become; in desiring to become, you begin to live.” ― wat my uitbring by ons EMMER-PROJEK vir Desember 2013. Jare gelede het ons dit by Kruiskerk begin deur elke Kersoggend letterlik emmers vol goed kerk toe te bring en alles wat ons daarin sit, word dan geskenk aan ʼn charity en ons het besluit om dit hierdie jaar in te stel by Neo-Spektrum. DUS ... van eerskomende Sondag gaan almal ʼn mooi emmer verniet kry en wat jy moet doen in die volgende paar weke is om jou emmer vol te maak met wat ook al op jou hart is. Dit kan enige iets wees van weggooidoeke tot kinderspeelgoed; van iets mooi vir ʼn mamma en ʼn pappa tot ʼn boek om te lees; van ʼn koekie seep tot kruideniersware — jy besluit! En dan gaan ons ʼn erkende charity vra om dit op Kersdag te kom haal by die kapel. Dit is ons manier om iets terug te gee na ʼn jaar se oorvloed! Daarom doen ek ʼn beroep op elkeen om ten minste een emmer per huisgesin te vat – sal natuurlik wonderlik wees as ons meer as een emmer vat – ons doel is om 100 emmers vol blessings op Kersdag beskikbaar te stel vir mense wat ʼn dag van REBIRTH vier sonder enige iets om te eet of om vir hulle geliefdes iets het om te gee.
Ek glo met my hele hart dat die ʼn geseënde projek sal wees, net soos ons reeds dankie sê dat ons hierdie maand op die allermooiste manier gaan afsluit na ʼn jaar van innerlike en uiterlike groei en ʼn jaar waarin Neo-Spektrum sy eie tree tot interafhanklikheid begin gee.
... KOM VIER SONDAG SAAM DIE NAGMAAL EN KOM HAAL JOU EMMER ... EN ONS MAAK DIE KAPEL OORLOOP VOL!
♥♥♥ ACIM -- Ons het afgesluit vir die jaar en sal vroeg volgende jaar begin met ʼn werkswinkel vir ‘Inleiding tot ACIM’ asook ons groepe hervat. Hou die spasie dop vir meer inligting.
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“The first thing that a person finds in life and the last to which he holds out his hand, and the most precious that he possesses, even if he does not realize it, is family life." — Adolph Kolping