8 April 2012

Hierdie week se liturgie: 8_april_2012

So op die vooraand van die Volmaan op Goeie Vrydag en met Paasfees op Sondag, is dit vir baie mense seker net nóg ʼn langnaweek. Vir die meeste Christene is dit die allerheiligste naweek. Wat Yom Kippur (dag van versoening) vir die Jode is, is Paasfees vir Christene. Dit is die fees van rekonsiliasie en rehabilitasie. Dit is die één tyd van die jaar waarin ons die fees van bemiddeling, vereniging en versoening vier, maar dit is ook die tyd van besef hoe ons onsself kruisig. Ons hak maklik vas by die vorm van die kruis maar mis die inhoud daarvan (ons verwar altedikwels vorm en inhoud met mekaar) ... wat is die vorm van kruisiging wat ons op onsself toepas: haat, verwyt, kritiek, jaloesie, woede, blame-shift, vrees en emosionele pyn.

Dit beteken nie ʼn letterlike kruisiging soos ʼn Jesus wat teen twee balke vasgespyker is nie, tog doen ons dit emosioneel/spiritueel aan onsself (let wel: nie ander aan ons nie maar ons aan onsself). Wie van ons weet nie wat dit beteken om gekruisig te voel nie? Dae waarin die emosionele pyn net te ondraaglik swaar geword het om te dra (miskien is jy daar op die oomblik); dae waarin ons so vervreemd (verwyder) van God voel dat ons uitroep “My God, my God, waarom het U my verlaat?” (ons ken daai Golgota al te goed); en dan die dae waarin die finaliteit van dood ʼn harde werklikheid geword het (hetsy van ʼn geliefde of ons eie dood) en dan word die graf die epigraaf van ons mislukking en teleurstelling.

Maar (en dit is ʼn sagte ‘maar’) ons raak so gefikseer met die kruis en spykers, spies en doringkroon dat ons totaal die spirituele betekenis daarvan mis wat nog te sê die diep mistieke betekenis van opstanding. Daarbenewens is ons boonop behep met die liggaam dat ons die lyding byna wil vergoddelik. Gaan dit oor ʼn liggaam aan ʼn kruis en ʼn liggaam wat moet opstaan uit die dood? Moet ʼn liggaam ons red? Nee, dit gaan oor veelmeer as dit want liggame sterf en liggame gaan terug na hul oorsprong (stof) en niemand ontkom dit nie maar die siel (lewe) is Lewe self. Waarom kan Paasfees nie die brug vir ons bou tussen liggaam en siel nie? Waar hak ons vas?

Tussen skuldgevoelens (guilt) en vrees (fear) hang ons gekruisig en om een of ander premoderne manier glo ons steeds dat hoe meer ons ly hoe groter sal ons ‘beloning’ wees — wat het ons gedoen met liefde? Waarom bou ons monumente om ons slagveld te herdenk en nie altare om ons oorwinning te vier nie? Elke geleentheid wat by ons verbykom is ʼn geleentheid om te kies tussen vrees of liefde en waar ons besluit om die pad van liefde te stap, gaan versoening en vergiffenis hand aan hand. DIT IS OPSTANDING!

‘N DAG VAN VERSOENING –
Die liggaam sterf maar lewe gaan nie dood nie (God is lewe en lewe is ewig) 
Chose to: let it go, move beyond, rise above. Chose to be resurrected!
Versoening en Vergiffenis gaan hand en hand en jou voete word die Verandering.
Dit is die WONDERWERK van Paasfees: Dood is nie Dood nie!

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

10h00 Sondag in die kapel van die Kolping Sentrum —
Moenie dat hierdie Paasfees net nog ʼn langnaweek is nie. Maak dit ʼn Fees van Versoening.
Kom vier Paassondag saam met ons!

Ons begin weer met ʼn kursus in ACIM (A Course in Miracles) op 12 April 19h00 by die Kolping Sentrum.

Gedagte vir die Week:
“You’re wonderful! You’re God’s child. Everything about you is good! You have no excuse! Do the job! Move on. You can do it!” ACIM

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights