7 Junie 2015

ʼn Nuwe maand met ʼn nuwe tema vir die maand ... ons gaan Junie gesels oor ʼn BELYDENIS (CREDO) VAN GELOOF! ʼn Belydenis (credo) is ʼn verklaring oor WAT jy glo en HOE jy dit uitleef. Dogma daarteenoor, “is a principle or set of principles laid down by an authority as incontrovertibly true. It serves as part of the primary basis of an ideology or belief system, and it cannot be changed or discarded without affecting the very system's paradigm, or the ideology itself.” (Wikipedia) My vraag was nog altyd, wie maak die reëls vir ʼn bepaalde dogma, en nog meer belangrik, wie maak die uitsondering op die reëls? Die mens se wêreldbeskouing, mensbeskouing, en Godsbeskouing het tog dramaties verander deur die eeue. Dit maak nie die belydenisskrifte van eeue gelede ongeldig nie maar moet in konteks gelees en verstaan word van die milieu (tyd, plek, omstandighede) waarin dit geformuleer is. Uit die tradisie waarin ons grootgeword geword het, staan die Apostoliese Geloofsbelydenis as ʼn sentrale punt in die Kerk. Alhoewel die meeste lidmate in ons tradisionele Afrikaanse kerke steeds dié geloofsbelydenis elke Sondag opsê, het ek twyfel of daar onder andere steeds (letterlik) geglo word in die “ter helle neergedaal” en “die opstanding van die vlees” ... oor die Dordtse Leerreëls wat dateer uit die 17de eeu, is daar meer vrae as antwoorde oor die letterlike interpretasie daarvan — en steeds word dié belydenisskrifte voorgehou as die ‘onfeilbare waarheid’ met min of geen dogma-ontwikkeling die laaste 400 jaar nie behalwe natuurlik die Belhar-Belydenis uit plaaslike geledere waaroor die hele polemiek op die oomblik in die NGK gaan. [Ons kan Sondag na dié Belydenis kyk]

Dit is ons Belydenis en nie ons Dogma wat ons wat ons vrymaak! Kom ons waag dit, dalk vir die eerste keer in ons lewe, om vir onsself ʼn Geloofsbelydenis te skryf — ʼn credo vir vandag waarin ons ons geloof, hoop, liefhê verwoord om op ʼn sinvolle en relevante manier met die lewe in die algemeen, en my lewe in besonder om te gaan. Kom ons bevry onsself van die paradoks en dualismes van mensgemaakte reëls waar ons heinings bou met dogma tussen wat ons dink is goed en sleg, reg en verkeer, hulle en ons. Êrens moet ons tog vir onsself kan sê wat ons glo en hoe ons dit uitleef ... êrens moet ons tog vir iets staan in die mengelmoes, vrugteslaai van kennis, ervaring, verstaan, onderskeiding, en toepassing.

Geloof word bevestig deur die hart, bely deur die tong, beleef deur die lyf! Kom ons vra eerskomende Sondag vir onsself TWEE VRAE — (1) wat maak jy hier; (2) wie sê julle is Jesus wat die Christus genoem word? En ons doen dit in die hand van twee gedeelte uit die Bybel wat vra, “Skielik was daar ’n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar ’n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar ’n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar ’n fluistering in die windstilte. Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van die grot gaan staan. Toe hoor hy ’n stem wat vir hom sê: “Wat maak jy hier?” (1 Konings 19:11-13) en “Jesus het in die gedeelte van Caesarea van Filippi gekom, en hy het vir sy dissipels gevra, en gesê: Wie sê die mense is ek, die Seun van die mens? En hulle het geantwoord: party sê Johannes die doper, ander Elia, party Jeremia en ander een van die profete. Hy sê vir hulle: maar julle, wie sê julle is ek? En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God.” (Matteus 16:13-15)

Daar is so suspisie teenoor hierdie vrae omdat dit ons herinner aan ʼn kerktaal uit ons kinderdae. Ons agterdog teenoor instansies wat hierdie verse onderstreep, het van ons geestelike invalides gemaak. In die doolhowe van ons kop soek ons na betekenis en relevansie in ons eie spiritualiteit maar die essensie waaroor dit gaan in ons geloof, het ons verloor (of is dit verloën?) Ons skoppelmaai en tiekiedraai deur die lewe en solank alles goedgaan, is daar geen honger of dors om ʼn ‘Belydenis vir Vandag’ te hê nie. Ons kan after all goed genoeg vir onsself sorg. Tot daar ʼn krisis (separation) van soort is, dan moet ʼn sterker hand, groter krag, magtiger invloed, ingryp en help ... maar wie of wat is hierdie ‘sterker hand, groter krag, magtiger invloed’ — wat is die invloed van Hom/Haar in jou lewe en hoe sou jy dit verwoord aan iemand wat jou vra waar jou Fontein van Lewende Water is?

Die doel van elke credo is om te motiveer en inspireer, om te besiel en te bemoedig! Die intensie van ʼn belydenis is nie om te strepe te trek en voor te skryf wie is in en wie is uit nie! Ons formuleer ons belydenis vanuit ons eie deurleefde verhouding met God en daarom gaan elke credo oor die WAT en die DAT sodat ons ons HOE kan vind. Min mense weet byvoorbeeld dat Genesis 1 is ʼn geloofsbelydenis ... Exodus 20 is ʼn credo. Kerke en Teoloë kan met dogma vir ons voorskryf (positief én negatief) wat en hoe ons daaroor moet dink maar op die ou einde van die dag moet jy dit vir jouself uitmaak hoe jy dit deel maak van jou lewe en wat se invloed dit het op jou lewe. DÍT is wat ʼn geloofsbelydenis doen.

Ons het baie vrae in ons kop — waar gaan ek bly; wat se werk moet ek doen; wat gaan van ons land word; waar sal ons aanbid; moet ek trou of moet ek skei; hoe leer ons ons kinders oor God? Al hierdie vrae is belangrik maar ek wil vandag vir jou dieselfde vraag vra wat Pilatus vir die dominees en politieke leiers van die Jode gevra het, “Wat wil julle hê moet ek doen met Jesus wat die Messias genoem word?” — die vraag is nie, wat dink jy van die kerk of van Christene of oor die dogma nie? — die vraag is of jy bedoel wat jy sê as jy bely dat jy ʼn Christen is en of hierdie Rabbi se betekenis in jou lewe vir jou ʼn inspirasie en motivering is om ons dag-tot-dag anders te doen? Die vraag is – if the teachings of Jesus about love, grace, forgiveness, compassion, and kindness – ʼn ereplek het aan jou tafel (eetkamer en raadsaal)?

Elke gebed is ʼn Belydenis en elke Belydenis is ʼn gebed! Kom ons begin Sondag met ʼn gesprek oor wat ʼn Belydenis sê oor ons geloof en dan verken ons – [1] Uit die wêreld van EGO-DENKE (projeksie) [2] Deur die venster van ONTHOU (belydenis) [3] In die spieël van SIEL-DENKE (getuienis) — ons gee weer geleentheid om kersies op te steek en op die altaar te sit onder die kruis. Laat ons eerste gesprek oor ʼn Credo begin met ʼn gebed — Ewige Lewe! Skeppende Skepping God van die ganse heelal. Almagtige Liefde! Oorsprong van alles wat is, wat vir ons Vader en Moeder geword het waarin ons woon ... “HEILIG!” eggo U naam deur die ganse kosmos. U Koninkryk is vir ewig gevestig in ons en om ons. Hemel is om te onthou dat ons een is met U. Laat ons geloof sigbaar word deur ons hoop en liefde. Met die brood van vandag, voed ons. In die pyn wat ons skep, vergewe ons. In die versoeking waarin ons val, verlos ons. Van vervolging en verwydering, red ons. Uit die greep van ons ego, bevry ons. Want aan U kom toe die krag en die heerlikheid, ons aanbidding en verwondering, van nou af tot in aller ewigheid. Amen!

ACIM: Kolping — 4 Junie 19h00. Stad 1 Junie 19h30 — Chapter 13: The Guiltless World — Section VIII ‘From Perception to Knowledge’ & Section IX ‘The Cloud of Guilt’
GESKIEDENIS VAN DIE BYBEL: Kolping — 6 Junie 9h00-13h00 — Nuwe Testament ... bespreek by my asseblief.

Besoek ons Facebook https://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651?fref=ts

Gedagte vir die Week:
“Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sê: “Jou God is Koning!” — Jesaja 52:7

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights