Hoe meer ek dink en lees oor die VOETSPORE van my eie en ander se lewe, hoe meer ek luister na die verhale van mense se VOETPAAIE hoe meer word ek bewus van die komposisies wat elkeen van ons skryf, hoe meer besef ek dat elkeen van ons is ʼn instrument in mekaar se orkes onder die begeleiding van die groot Dirigent ... soms ʼn simfonie, soms ʼn tango, soms ʼn mars, soms ʼn wiegelied.
Daar is dae van verdwaal waar ons soek na ʼn melodie in die kakofonie van akkoorde en toonlere en daar is dae van gevind as die harmonie gemaklik in ons boeg kom lê. Ironies is dit die dae waar ons ons heinings en emosionele mure en rigiditeit om onsself te dien en te beskerm laat sak. Elke skrywer, digter, komponis sal vir jou sê dat die skeppingsproses feitlik altyd ontsluit word waar ons ons broosheid (vulnerability) blootlê ... asof die ‘kuns’ van kreatiwiteit tot skepping kom deur emosionele pyn en innerlike konflik.
In the teachings and example of Jesus we are taught that (1) it is through allowing my own vulnerability that I invite those around me to love me, honour me, and recognise my oneness with them and (2) it is through our emotional and spiritual healing of ourselves and others that we not only heal our own wounds but that we give hope to the world around us.
Soms het ons nodig om ʼn paar tree terug te gee om te sien waar ons vandaan kom sodat ons weet waarheen om te gaan, óf om bloot net weer te onthou hoekom is ons op dié pad. In die ‘goeie nuus’ van Lukas lees ons Jesus se eers ‘preek’ wat hy gegee het in die sinagoge van sy tuisdorp. Hulle gee vir hom ʼn boekrol in sy hande en hy maak dit oop by Jesaja 61 en lees, “Die Gees van die Here is op my omdat hy my gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het my gestuur om gevangenis se vrylating uit te roep en die sig van blindes te herstel, om hulle wat onderdruk word in vryheid uit te stuur, om die jaar van genade te verkondig.” Hy gee die boek terug en gaan sit. Dood-se-stilte terwyl almal se oë op hom gerig is. “Wat sal hy sê?” wonder hulle, “Hoe gaan hy dit interpreteer?” fluister sommiges. Sonder huiwering, sonder enige twyfel, gee hy dit vir hulle net soos dit is, “VANDAG is hierdie skrifwoord vervul – in jul gehoor (in your hearing)!” en wat hy daarna sê, het hulle só kwaad dat hul hom teen ʼn krans wou gaan afgooi.
Lees ek Nadia Bolz-Weber se uitleg van die gedeelte op haar FB bladsy en is so diep aangegryp dat ek dit eerskomende Sondag met julle wil deel in ons gesprek oor FOOTPRINTS, FOOTSTEP, and FOOTPATHS of LIFE in die herinnering dat elkeen van ons is ʼn Amadeus (beloved of God). Die gedeelte word voorafgegaan nadat Jesus 40 dae in die woestyn was. Die Joods-mistieke betekenis van 40 is nie letterlik 40 dae nie maar 4 (windrigtings, seisoene, dit wat alomteenwoordig) x 10 (afgerond) is ... 40 is ʼn begin en einde van ʼn bepaalde tyd. Daar staan dat hy deur die ‘satan’ (die aanklaer) versoek is. Wonder ek oor die ‘aanklaer’ in sy en my kop wat ons vandag beskryf as die EGO — die een wat sê, “ek sal alles vir jou maklik maak as jy my volg” met so leë holklinkende belofte, “ek sal vir jou invloed en outoriteit gee oor Facebook en Twitter volgelinge en jy sal effektebeurse kan beïnvloed as jy net na my luister ...” Wonder ek hoe ons sal reageer as Jesus in ons midde opstaan en voetspore soek in nóg ouer voetpaaie van ʼn profeet met sy jeans wat soos ʼn sak aan hom hang na ʼn paar weke in die wildernis?
Wat sal ons maak met die stem wat melodies ons herinner aan ʼn stem wat ons so goed ken soos ons eie hartklop? Waarheen sal ons voetspore draai as ons hoor, “The Spirit of the Lord has anointed me to bring good news to the poor” of sal ons ʼn sug van verligting gee dat ons gelukkig nie só arm is dat ons dié preek nodig het nie? Sal ons daarna luister met die ore van ons genoegens terwyl ons seker maak die ritssluiter van ons beursie is toe of sal ons hoor — ek bring die geskenke van goeie wyn en die beste kos vir hulle wat leef van ons oorskiet en krummels met vervaldatums; ek skryf die skuld af van hulle wat aan banke behoort; ek les die dors van hulle wat kilometers per dag stap met ʼn emmer water op die kop wat geskep is uit rivier wat behoort aan iets of iemand se oorloop; ek kyk die handelsbeurse van New York, Londen, Tokio in die gesig en bars uit van die lag dat dit die spens van mense se sekuriteit en veiligheid geword het; ek het gekom om die 99% wat aan die 1% behoort se menswaardigheid te herstel – both, restore the dignity of the 99% AND to restore the dignity of the 1% and to endow you with a sense of worth that has nothing to do with bank accounts and status.
Hoe sal ons voetspore trap as ons hoor hy het gekom om die vrylating van gevangenis aan te kondig of sal ons uitroep, “Dis gekkigheid in ʼn land met so hoë crime-rate!” of sal ons hoor hy sê — ek verwyder die gevoel van waardeloosheid en verlig die donker wolk van neerslagtigheid en bring slaap vir hulle wat rusteloos luister na die asemhaling van die nag in die ongemak van spanning en onsekerheid; ek bring regverdigheid vir hulle wat slagoffers is van ʼn onbillike regsisteem; ek het gekom om die profyt van korporatiewe hebsug uit te wis veral die wat kinders uitbuit vir hul gierigheid; ek het gekom om vir sondaars te sê, ‘jy is vergewe’ en julle vry te maak van die moedelose gejaag om jouself te moet bewys.
Waar sal ons ons padtekens inslaan om te onthou waarheen om te gaan en om ʼn getuienis te los vir ander wat soek as ons hoor hy roep uit — ek kom om vir altyd die manier waarop julle dink oor die vermoë of onvermoë van ander te verander in ʼn harmonie waar ALMAL kan sing in die koor wat ons herinner dat ons, elkeen van ons, is geweef in die ‘beeld van God’; ek is hier om hemel aan aarde te laat raak en julle te wys dat die Koninkryk van God is in en om julle en julle te wys hoe lyk die liefde van God en julle toe te laat om God te sien in elke gebaar van liefde. Om dit af te sluit met een woord wat soos ʼn ‘amen’ deur die heelal weergalm, één woord wat deur ons harte, gedagtes, en siel klief en dit is die woord “VANDAG!” — want vandag het ons ʼn keuse of ons onsself gaan bemoei met maklike antwoorde en skuldskuif en al die BS waarmee ons onsself besig hou net solank die pad maklik is, gerieflik is, net met hulle is van wie ons hou. “TODAY!” — this has been fulfilled in your hearing. Today. This moment.
Versigtig gee ek my eerste, volgende tree en ek stel my voor dat ons gedagtes en harte en oë oopgaan en die frons op ons voorkop versag as ons besef ons bekommernis word verlig in die wete dat die visie en vryheid en versoening van God word nie vervul in wat ons glo of waar ons doen nie, ook nie in dit waarna ons streef of na verlang nie maar enkel alleen of ons dié boodskap hoor. Mag dit so wees, vandag en môre ... in elke voetstap, in elke voetspoor.
ACIM — 11 Februarie by KOLPING en 15 Februarie STAD 19h30 — Chapter 11: GOD OR THE EGO
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“Dear God, please remove the walls in front of my heart. May I see the gentleness in others, and may they see the gentleness in me. May Your tenderness be my strength and Your compassion be my guide. Amen.” — Marianne Williamson