Hierdie week se liturgie: 7_april_2013
Vandag se vonkpos is 'n eerste vir my ... ons kuier vir die week by my sus hulle in George en ek skryf 'n epos op 'n iPad skerm en hoop dat die plan om dit aan almal gestuur te kry, sal werk. Week na week stuur ons 'n brief om met 'n paar woorde, gedagtes sin te gee aan ons week. 'n Stukkie padkos vir die week! Soms is dit 'n helder oop vlug met geen turbulensie en soms is daar wolke en wind ... maar ons hou ons oë op ons spirituele GPS. Ons raak nie paniekerig as ons nie die horison sien nie. Ons weet: die horison is nie weg nie, ons het net min visibility. Eerskomende Sondag gaan ons Leonard Cohen se bekende lied - "Hallelujah" - bespreek:
I've heard there was a secret chord
That David played, and it pleased the Lord
But you don't really care for music, do you?
It goes like this, the fourth, the fifth
The minor fall, the major lift
The baffled king composing Hallelujah
Paasfees het gekom en gegaan. Die storie het nie verander nie, maar ons het. Ons is nie dieselfde as gister dié tyd nie; verseker nie in 'n enkele opsig dieselfde as 'n jaar gelede nie. Daar was/is 'n 'skuif in bewussyn' (shift in consciousness). Ons vaar van die een oewer na die ander. Ons ervaar die verandering in die wind en golwe; ons het die ervaring van wat dit is om seile te span en die anker te lig ... ons verstaan (understanding) en ons weet (knowing). Hierdie kennis kan niemand van ons wegvat nie - máár - hierdie kennis lê op 'n materiële vlak. Daar is iets veel dieper as die wêreld van vorm, definisie en dimensie. ACIM sê: "if you only identify yourself with the material plane you will bow before the laws of time and space - but - if you identify yourself with the spiritual plane then time and space will bow in front of you." Vir my persoonlik is dít die inhoud en betekenis van Jesus.
Your faith was strong but you needed proof
You saw her bathing on the roof
Her beauty in the moonlight overthrew you
She tied you to a kitchen chair
She broke your throne, and she cut your hair
And from your lips she drew the Hallelujah
In die woorde van Jesus, sê ons vir die (emosionele) berg: "gaan see toe!" Die vraag wat Jesus vra, is: wat hou jou gevange? Waaraan is jy só verslaaf dat dit jou blind en doof en verlam maak? Ons verknogtheid aan die materiële wêreld het heinings (barriers) om ons gebou, so dan so, dat ons die moontlikheid, en potensiaal van 'n spirituele vryheid nie herken, erken, ken nie. "There is nothing your holiness can not do!" (ACIM) Wat is die brug (portal) tussen die materiële vorm en spirituele inhoud van ons bestaan? Dit kan tog niks anders wees as die gawe van liehê nie? Liefde is die wind én seile (oorsaak én gevolg) van 'n lewe wat oor die see van tyd en spasie vaar. En die sleutel ...? Vergiffenis!
Baby I have been here before
I know this room, I've walked this floor
I used to live alone before I knew you.
I've seen your flag on the marble arch
Love is not a victory march
It's a cold and it's a broken Hallelujah
Hoeveel keer het ons al oor 'liefde' gepraat? Hoeveel verwysings kry jy as jy die woord vir Google vra? Tog het ons, net soos die vraag oor 'n verhouding/ervaring met God, meestal 'n teenvraag: wat is daar in vir my? Feitlik elke verhouding kom met die voorwaarde: wat kan ek daaruit kry?
Jesus som die ganse wet (Torah) op deur te sê: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself! Ons hoor die eerste gedeelte en verstaan nie die tweede "... soos jouself" nie. Dit is nie 'n liefde 'ten koste van' nie maar 'n liefde 'ter wille van' - nie 'n liefde wat vra wat jy van die ander persoon kan neem en kan hou nie maar wat se gedeelte van jouself jy kan ontgin en kan gee vir die ander persoon om hom/haar te herinner aan 'n groter Liefde in ons maar nie van ons nie.
There was a time when you let me know
What's really going on below
But now you never show it to me, do you?
And remember when I moved in you
The holy dove was moving too
And every breath we drew was Hallelujah
Dit is baie romanties om te sê dat jy NIKS is sonder die ander persoon nie ~ maar dit is gewoon nie waar nie. Erger nog, dit sit ontsettend druk op die ander persoon om iets te wees wat hy of sy nie is nie. En omdat hulle jou nie wil teleurstel nie, probeer hulle alles in hulle vermoë om dan te wees wat jy wil hê hulle moet wees. Dit is baie romanties om te sê dat jy KOMPLEET voel as iemand anders in jou lewe kom vir wie jy lief is. Tog is dit nie die doel van 'n ander se liefde om jou kompleet te maak voel nie maar eerder iemand met wie jy jou kompleetheid kan deel.
Maybe there’s a God above
But all I’ve ever learned from love
Was how to shoot at someone who outdrew you
It’s not a cry you can hear at night
It’s not somebody who has seen the light
It’s a cold and it’s a broken Hallelujah
Ons vraag moet wees: hoe kan die feit dat ek vir myself lief is, iemand anders dien en iemand anders help om die liefde in hulself, vir hulself raak te sien! Die vraag is nie: wat VERWAG die ander persoon van my nie, wat wil die persoon van my HÊ, wat DINK die persoon, wat BEPLAN hierdie persoon nie? Ja – ons glo God is liefde! Maar hoe reageer ons daarop? Maak dit enige verskil in die manier wat ons mekaar liefhet?
You say I took the name in vain
I don't even know the name
But if I did, well, really, what's it to you?
There's a blaze of light in every word
It doesn't matter which you heard
The holy or the broken Hallelujah
... en so gaan ons Sondag saam met Leonard Cohen deur sy aangrypende lied blaai en miskien as ons die Hallelujah saam neurie, breek daar vir ons 'n lig deur die skrefie liefde wat ons sal toelaat om in die son te bad!
I did my best, it wasn't much
I couldn't feel, so I tried to touch
I've told the truth, I didn't come to fool you
And even though it all went wrong
I'll stand before the Lord of Song
With nothing on my tongue but Hallelujah
Onthou ons ete Sondag na die diens ... stuur asseblief vir my jou naam en hoeveel kom sodat ek vir Kolping die getalle kan gee. Dit is regtig lekker kos, vriendelike diens en absoluut waarde vir geld.