Liturgie:
Stel jouself voor — vir die volgende week is die koerantopskrifte: Ons dank God vir elke dokter en verpleegpersoneel wat die laaste week 87 431 mense wêreldwyd die hoop van genesing vir kanker gegee het! Of die nuusberigte wat begin met: Die afgelope maand het 7482 mense wat honger gaan slaap kos gekry deur vrywillige instansies! Stel jou ʼn wêreld voor waar dit nuus is as geen bom ontplof; niemand vermoor of verkrag is nie; en geen kind hoef te werk om te oorleef nie en dat al die TV en radiostasies hierdie goeie nuus uitbasuin met dank aan God ...? Is dit só verregaande, só vêrgesog om te vra vir koerante of nuus-kanale wat ʼn boodskap van waardering en dankbaarheid oordra?
Ons gesels hierdie maand oor die tema: GROWING INTO YOUR SOUL — and what does it mean when we say, ‘Grow into your Soul’ other than come in touch with your authentic, true self in order to make our navigation in life easier!
Eerskomende Sondag gaan ons stilstaan by die voorwaardes vir GROEI.
Laat my dink aan die verhaal (Lukas 17:11-19) waar Jesus op reis was tussen Samaria en Galilea waar tien melaatse mans op ʼn afstand na hom roep om medelye. Jesus roep terug dat hulle om hulself te gaan wys aan die priesters en terwyl hul op pad is, sien hulle dat hul gesond geword het. Een van die tien draai om en gaan terug na Jesus, val op sy knieë en sê dankie. “Waar is die ander nege?” vra Jesus, “En hoe is dit moontlik dat die enigste ou wat kom dankie sê het, is ʼn Samaritaan?” — dank God dat ons hom ontmoet in die spasies tussen plekke, gedagtes, situasies, omstandighede wat ons voorgee nie bestaan nie. Dank God vir die versoening tussen skuldgevoelens en vergiffenis; die wonderwerk om te kan kies tussen ons vrese en keuses om lief te hê; die tussenkoms van leef tussen gister en môre om te sien hoe die ‘nou’ ontvou; dank God vir elke gebaar van compassion and empathy as ons roep om gehoor te word; en dank God vir elke oomblik waar ons ‘wakker word’ uit ons slaap met ʼn hernude bewussyn van ons plek en betekenis in die wêreld!
Dank God vir die genesing van psigografiese grense wat ons gebou het om ons — vir die genesing van ons agterdog en persepsies; ons vergelykings en veralgemenings; ons spyt en selfverwyt; dank God wat ons ‘siekte’ sien vir wat dit is en ons trots en verwaandheid onderbreek vir ʼn oomblik van genesing en heling; dank God vir elke keer wat U ons opgewek het uit die dood vir ʼn lewe van oorgawe en oorvloed! Dank God vir die feit (én ervaring) dat die Goddelike altyd in en om, by en met ons is en dat niks en niemand ons kan skei van die liefde van God nie (Rom 8:38).
Rabbi Larry Tabick skryf so mooi oor wat die Torah beteken as hy sê, “What is Torah?, I ask. My teacher say: it is the water that refreshes our life; the wine that gladdens our heart; the milk that gives us nourishment; the honey that tastes so sweet; the warm bath that cleanses us; the mirror in which we see ourselves and the world. When we take the Torah into our hearts we know that God dwells there too.”
Al wat dit vra is ʼn bereidwilligheid om anders na die wêreld en my plek daarin te kyk. Om die oorweldigende negatiwiteit waarmee ons gebombardeer word te verruil vir ʼn bewussyn van dit wat mooi en opbouend, positief en verrykend is sodat elke dag ʼn oomblik het waarin ons die wêreld verander met ʼn gebaar wat waarde toevoeg. Dis regtig nie só moeilik nie — begin sommer nou, op hierdie oomblik as jy hier lees en tel die foon op en bel iemand met wie jy lanklaas gepraat het en sê dat jy aan hom/haar dink en hoop dat dit ʼn geseënde dag en maand van vreugde sal wees. Ons hoef nie te wag vir ʼn verjaarsdag of Kersfees nie. Vergewe die een wat jy voel is verantwoordelik vir die spanning waarin jy op die oomblik is — nie omdat dit okay is wat hy/sy gedoen het nie maar omdat jy nie langer met die gewig op jou skouers wil loop nie.
Moet nooit dié ewige waarheid vergeet nie dat ‘dankbaarheid ontsluit die krag van God’ (thankfulness releases the power of God) — nie omdat God ons dankbaarheid nodig het nie, en ook nie omdat ons net geseën word as ons dankie sê nie maar omdat ons gratitude, appreciation, and thankfulness ons gedagtes, gevoelens, en gedrag in balans en harmonie bring sodat ons met liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing sal groei in ons siel.
( ͠° ͜ʖ ͡°)
🌺 ACIM — Maandag 14 November Stad: 19h30 — Donderdag 3 November Kolping 19h30 — Chapter 1: The Meaning of Miracles bl.4
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“Is not the world a collection of minds, hearts, and individual selves? And so to change the world only means to change yourself, to change the world within yourself. In doing so, you have changed the world! And if this is not your goal, then what is the engine of your lofty aspirations? If that is not your trophy, then what is the generator of your high aspirations?” — C. JoyBell C. ‘The Conversation of Venusta’6_november_2016