Hierdie week se liturgie: 6_nov_2011
Dis ʼn NUWE maand en reeds die tweede dag van die tweedelaaste maand van die jaar! Dis net ʼn kwessie van ‘tyd’ dan is die jaar verby en hoop ons om weer van voor te begin met ʼn handvol Nuwejaarsvoornemens. Interessant dat die top 4 voornemens wat mense het, is: (1) meer tyd met my gesin, (2) spiritueel meer toegewyd, (3) finansieel beteraf, (4) gesond wees en leef. Die vraag is nie “hoekom doen ons dit nie?” die vraag is “hoekom doen ons dit weer nie?” Ons het baie verwagtinge wat ons graag sou wou verander maar dit alles tuimel na net één behoefte: ONS WIL GELUKKIG WEES! Miskien weet ons WAT ons wil hê maar ons weet nie HOE nie want voor ons onsself kan kry, is alles weer dieselfde.
Ons het laas week geboorte gegee aan ʼn naam vir ons Wysheidsirkel naamlik: NEO-SPEKTRUM. Die ‘NEO’ sê iets van nuut, herlewend en veranderend dink, voel en doen daarom gaan ons November oor die begrip “NUUT” gesels.
Dit is tyd vir ʼn Spirituele E.K.G. om uit te vind: Klop my hart anders? Klop dit nuut? Klop dit gesond of sal ons wag tot dit ophou klop voor ons vir hulp aanklop?
Ons kan natuurlik sê: solank dit net klop hoef ek nie daaroor te dink nie! Mens kan nie anders as om te wonder wat jou hart daarvan dink nie? Kom verken Sondag saam met ons die tema:
ʼn NUWE hart wat ANDERS klop — om dit te hoor én te voel (on time and in tune)
• Elke dag is ʼn wedergeboorte: Toewyding; Teenwoordigheid; Toerekenbaar; Tevrede
• Elke dag is ʼn wederkoms: RE-turn; RE-mind; RE-member; RE-main
Herdenking van Dankbaarheid: (A Celebration of Thankfulness)
Ons vier die nuwe maand met brood en wyn as ʼn herinnering dat ons liggaam (lewe) deel is van mekaar en nooit geskei kan word van die Siel (Lewe) nie.
Besoek ons FACEBOOK bladsy: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651
Stuur gerus hierdie inligting aan vriende en bring iemand Sondag saam om te kom deel in ons Gespreksirkel.
Sondag 10h00 in die kapel van die Kolping Sentrum.
Aanwysings: http://kolpingguesthouse.co.za/index.php/directions-from-bellville.html
Gedagte vir die Week:
Jy sal wees soos ’n tuin met volop water,
soos ’n fontein waarvan die water nie opdroog nie.
- Jesaja 58:11