Sedert die begin van die jaar is dit opvallend hoe negatief ons sosiale media geraak het. Almal se emosies is op hol asof ons mekaar opsweep met agterdog en verdagmakery ter wille van ons eie vooroordele. Die Engelse het ʼn naam daarvoor — a rabble-rouser! Alles wat moontlik verkeerd kan loop, word onderstreep. In ʼn poging om van alles in beheer te wees, word ons vrese aan die groot klok opgehang. Die negatiwiteit loop dik en ons geduld en verdraagsaamheid vloei dun.
Van nature het ek myself nog altyd gedistansieer van negatiwiteit want gal afgaan is een tree weg van gal braak en ek is nou maar eenmaal allergies vir opgooi — of dit moed, maag, of tou is. Die woorde van Nelson Mandela resoneer sterk met my eie oortuiging, “I am fundamentally an optimist. Whether that comes from nature or nurture, I cannot say. Part of being optimistic is keeping one's head pointed toward the sun, one's feet moving forward. There were many dark moments when my faith in humanity was sorely tested, but I would not and could not give myself up to despair. That way lays defeat and death.”
Natuurlik is daar baie dinge waaroor ons ontsteld en bekommerd mag en kan wees — ons ekonomie is geZuma; ons kampusse is ʼn slagveld van rassisme; bedrog en hebsug gedy terwyl die mees weerloses die meeste daaronder ly. ʼn Mens voel lus om die woorde van Habakuk 1:3-4 teen die lamppale vas te spyker, “Waarom laat u my die onreg sien wat gedoen word, waarom kyk u toe as daar soveel ellende is? Oral rondom my is daar onderdrukking en geweld, en word daar getwis en gebaklei. Die wet het nie meer krag nie, en daar geskied nie meer reg nie. Slegte mense het die oorhand oor die goeies, en so word die reg verkrag.” Die dikkedensie is nie in die antwoord op sy vraag nie maar die feit dat God presies dieselfde vir ons sou kon vra.
Al hierdie onsekerheid en somberheid oor die wêreld waarin ons leef, bring egter ʼn geleentheid om te groei en aspekte van ons menswees te ontgin wat ʼn bydrae maak tot heling van elke verhouding** waarin ons staan hetsy my verhouding met myself, my ewemens, kultuur, natuur, struktuur of God. Elke seer is ʼn geleentheid om te groei, elke situasie van kommer en vertwyfeling is ʼn geleentheid om te ontdek. Maak nie saak wat die omstandighede is nie, elke oomblik is ʼn geleentheid om te kies vir liefde bo vrees, vir vrede bo konflik — en as ek nie weet hoe laat dit lig word nie, maak ek die gordyne oop!
Daarom gaan ons dié maand gesels oor OPPORTUNITY — moontlikhede vir groei, leer, ervaar, ontwikkel, en floreer ... maar ook die kans gebruik om betrokke te raak en êrens ʼn verskil te maak in iemand se lewe. Dit is tog die betekenis van Paasfees — die geleentheid om op te staan uit die dood, uit die kokon te beur vir herlewing, die klippe van teleurstelling, ontnugtering en hartseer voor die graf weg te rol en ons vlerkte te sprei vir ʼn renaissance (wedergeboorte).
Almal praat van Leonardo de Caprio se eerste Oscar en niemand weet dat een van ons grootste klankbaan (soundtrack) komponiste het op die ouderdom van 87 sy eerste Oscar na 5 nominasies gewen — baie geluk Ennio Morricone! Ons skram so maklik weg van geleenthede omrede dit geklee is in oorpakke en lyk na werk. Ons kleinmoedige apologie wat sien hoe geleenthede deur ons vingers val omrede ons dink ons is te jonk, te oud, te besig, te onbevoeg om iets te doen wat ʼn verskil gaan maak. Ek kan aan ʼn lang lys van mense dink wat dieselfde sou kon sê — Helen Keller het doof en blind geword op die ouderdom van 19 maande en niks kon haar stop om die eerste blinde en dowe persoon te word van ʼn BA-graad in kuns sou behaal nie; Mozart het begin komponeer op die ouderdom van 5; Anna Frank was 12 toe sy haar dagboek geskryf het; Magnus Carlsen het ʼn Chess Grandmaster geword op 13; Nadia Comăneci het 3 goue medaljes vir gimnastiek by die Olimpiese Spele gewen op die ouderdom van 14; Albert Einstein was 26 toe hy sy ‘Theory of Relativity’ geskryf het; J.K. Rowling was 30 toe sy klaar was met haar eerste manuskrip van Harry Potter; J.R Tolkien was 62 toe ‘Lord of the Rings’ gepubliseer is; Mandela was 76 toe hy president geword het.
Wat is ons verskoning? Waarom die huiwering? Waarvoor is ons bang? Die lewe is nie ʼn oudisie nie. Geleenthede kom nie in netjies pakkies met ʼn strikkie nie. We live life alive! It’s not a competition, it’s a doorway, we create opportunities. Hoeveel dae en jare het ek verbeusel om te soek na geleenthede asof dit ʼn soort trofee is wat ek verdien omdat ek regtig, regtig genoeg gedoen het om dit te verdien. Die moontlikhede in elke situasie, die keuses wat ons maak van oomblik tot oomblik, skep die geleenthede om die lewe te sien as ʼn ontdekkingsreis. Lewenservaring word gebore uit die skeppende vermoë wat omstandighede en kanse bymekaar bring wat geboorte gee aan iets nuut.
Soms, net soms, kom ʼn geleentheid na ons toe as ʼn geskenk. Die meeste ander kere moet ons geleenthede skep deur innoverend te dink en doen. Dis ʼn wisselwerking waar my keuse ʼn kans skep vir iemand anders se moontlikhede en so kruisbestuif ons mekaar se idees. Die enigste geleenthede wat ons mis, is waar ons opgee en bly lê ... waar ons terugdeins omdat dit dalk gaan vra dat ons iets moet opoffer.
Paulo Coelho sê, “How much I missed, simply because I was afraid of missing it.” As ons ʼn kans sou kry om ons lewe oor te leef, sou ons meer en beter gebruik maak van geleenthede en minder dink aan wat ander gaan sê en al die ‘what ifs’ van wat moontlik verkeerd kan loop en geleenthede aangryp met albei hande? It is after all called opportunities and not stopportunities! Met die jare saam moes ek leer om aan te pas. Dinge verander, omstandighede verander en ons moet kan aanpas en dienooreenkomstig reageer. Verandering is nie ʼn bedreiging nie maar ʼn geleentheid tot verbetering. Verleentheid is meer as dikwels ʼn geleentheid om te leer, te groei, te ontwikkel om 'n beter mens te wees.
Die Griekse woord kairos wat met “opportunity” vertaal word, staan altyd in die lig van choice, chance, change wat ʼn uitnodiging is tot die keuse of ons wil vashou aan pyn, woede, vrees, en skuldgevoelens en of ons die moontlikhede gaan aangryp om te floreer in die wysheid en liefde wat verandering bring? OPPORTUNITY staan altyd in verband met ‘ons verhouding tot ...**’ en is ʼn oproep om anders te dink, anders te reageer, anders te doen soos Galasiërs 6:10 sê, “Solank ons die geleentheid het, laat ons goed doen aan almal veral hulle in die huishouding (familie) van gelowiges.” waarby Kolossense 4:5 byvoeg “Conduct yourselves with wisdom toward outsiders, making the most of the opportunity.”
In Afrikaans het ons ʼn mooi sê-ding, Geleentheid maak geneentheid (propinquity breeds love) en daaroor gaan ons Sondag gesels. Sien dit as ʼn geleentheid om saam te kom deel in die maand van Pase en kom ons maak die geleentheid ʼn okkasie wat moontlikhede sal ontsluit vir ʼn groter betrokkenheid by mense om ons, beginnende by ons gesinne en vriende maar ook by ons werk en veral in ons gemeente.
Eerskomende Maandag (7 Maart) om 19h00 gesels ek by die Boekgroep oor Nadia Bolz-Weber — ʼn leraar wie se boeke ʼn groot impak gehad het in my visie vir Neo-Spektrum. Adres: Marseillesingel 15 in Rochefort, Pinehurst
ACIM — 10 Maart by KOLPING en 14 Maart STAD 19h30 — Chapter 11: GOD OR THE EGO
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“When you connect to the silence within you, that is when you can make sense of the disturbance going on around you.” ― Stephen Richards