6 Januarie 2013

Hierdie week se liturgie: 6_januarie_2013

Voorspoedige 2013 vir elkeen van julle –

Op die eerste dag van die eerste maand van ʼn nuwe jaar verjaar elke mens op dié planeet. Sal ons die nuwe jaar begin met nuwe voornemens maar, helaas, vir ou gewoontes? Hulle sê – ʼn optimis bly wakker tot middernag om die nuwe jaar in te sien en ʼn pessimis bly wakker tot middernag om seker te maak die ou jaar groet vir goed. J Ons open ʼn nuwe dagboek om die eerste sin te skryf en die laaste jaar op te som. Miskien het dit begin vol verwagting sonder om te weet wat, waar of hoe die springgety van emosies sou vloei. Daar was dae van spanning en bang toe stroomversnellings die oewers van veiligheid verspoel het. Die watervalle wat na onsekerheid getuimel het en die opdrifsels van selfverwyt en skuldgevoel. Dit was ʼn jaar waar daar soveel keer gegroet is met die hoop om gou weer “Hallo!” te sê maar ook ʼn jaar waar die woord “DANKIE!” keer op keer, meer en meer elke wond geheel het. Min het ek geweet dat die laaste jaar ʼn groter Liefde in my hart sou vloei om weer en weer die droë rivierbeddings se krake te vul met ʼn opgewonde “JA!” vir elke donker- en volmaan. ʼn Nuwe dagboek lê ongeskryf oop voor my om woorde op die blaaie te saai. Kom ons titel ons dagboek: ‘GELEENTHEDE’ en dan nommer ons die bladsye: Potensiaal 1 ... 2 ... 3 ensovoorts.

Die skrywer van die boek Esegiël skryf: Ek sal vir hulle ʼn ander hart gee en ʼn nuwe gees. Ek sal die kliphart uit hulle liggaam verwyder en hulle ʼn hart van vleis gee dan sal hulle volgens my voorskrifte leef en my bepalings nakom en daarvolgens optree. Ek sal vir hulle ʼn God wees en hulle sal my volk wees. (11:19-20) waarby die skrywer van Efesiërs 4:22-23 byvoeg: Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Vernuwe die gees van julle gedagtes.

Wat is jou nuwejaarsvoorneme? Meer tyd met familie; spiritueel meer toegewyd; ʼn ander werk (loopbaan); meer gesond lewe? Is dit anders as die jaar vantevore en wat is ek bereid om op te offer om dit ʼn realiteit te maak? As daar nie transformasie (metamorfose) is nie, is niks nuuts nie. My eerlikste voorneme vir 2013 is om die EK te skuif na ʼn groter Self sodat die-Selfde God met ʼn ander my-Self kan wandel! Kom ons begin die nuwe jaar met ʼn spirituele EKG (ECG) om sodoende ons gedagtes en emosies; ons aksies en reaksies in harmonie en balans te bring met die hart.

ʼn Kans vir ʼn NUWE begin:
ʼn Hart van klip is ongeduldig, vergeetagtig, en sonder deursettingsvermoë 
ʼn Hart van vleis klop in ritme en verskaf die hele liggaam van bloed en lewe
ʼn Hart van gees laat los die verlede vir ʼn nuwe hede (sonder spyt of vrees) 

Die meeste van ons is baie besorg oor wat ons gaan eet tussen Kersfees en Nuwe Jaar sonder om te dink wat ons gaan eet tussen Nuwe Jaar en Kersfees.
Waar jou hart is daar sal jou skat ook wees (i.e. our intentions will inevitable determine our experiences).
Bring jou intensies (voornemens) eerskomende Sondag vir ʼn nuwe begin vir die Nuwe Jaar.

Gedagte vir die Week:
“For last year's words belong to last year's language and this year's words await another voice.” — T.S. Eliot

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights