6 Augustus 2017

🌷 Net ʼn paar dae voor ons ‘Interfaith’ Spiritualiteit Konferensie op 5 Augustus! Bespreek asb by --lourita@mweb.co.za of 071.579.45.39 --🌹

Ek sit en luister na ʼn onderhoud met die bekende akteur, Ramón Estévez — met meer as 100 films en handevol TV-reekse agter sy naam — gesels hy oor sy spiritualiteit en veral oor sy ‘sense of community’ wat my op ʼn innige manier raak en waarmee ek op meer as een manier assosieer. Die onderhoud begin met Ramón Estévez wat sê, “We had a phrase when I was young, in our community, that one serves oneself best by serving others first.” Hy praat oor homself as ʼn toegewyde Katoliek; wat as politieke aktivis meer gearresteer was as enige iemand anders in Hollywood; ʼn progressiewe denker wat sy spiritualiteit vind in sy medemenslikheid (humanity) en ons herinner dat ʼn ‘sense of community’ is die basis waarop die mens (móét) funksioneer. Ramón Estévez is die geboortenaam van Martin Sheen, seun van immigrante met ʼn Ierse moeder en Spaanse vader.

Met sy verwysing na die aangrypende boek, ‘The Brothers Karamazov’ deur Dostoyevsky stap ek na my boekrak opsoek na die twee Russiese skrywers wat ʼn enorme invloed gehad het op my denke, my teologie, en my ‘roeping’ in diens van my medemens. Die ander skrywer is natuurlik Leo Tolstoy. Vir my 30ste verjaarsdag het ek sy boek, ‘The Kingdom of God is Within You’ persent gekry met ʼn verwysing dat dit die een boek was wat langs die bed van Gandhi, Martin Luther King, en Nelson Mandela gelê het. Ek onthou dat ek na die lees van beide skrywers kwaad was dat Shakespeare voorgeskryf word en nie Tolstoy en Dostoyevsky nie! Dis my beskeie mening dat Shakespeare in die skadu staan van hierdie twee Russiese skrywers. Maar dis ʼn debat vir ʼn ander dag.

Waarna verwys Martin Sheen as hy sê, “But I was searching for that elusive thing that all of us search for. Most of the time, we’re not even conscious of it. But we’re searching for ourselves in an authentic way. We want to recognize the person we see in the mirror and embrace that person with all the brokenness and lacklustre, all the things that only we are aware of in the depths of our being.” Dis iets waarmee ek kan vergelyk en daarom het ek nog altyd ʼn konneksie gehad met iemand soos Dostoyevsky en Hemingway, om nie te praat van Leonard Cohen en Beethoven as dit kom by musiek nie. Mense wat die diepte van hul donkerkant ken en juis dáár ʼn baie persoonlike God ontmoet. Vir Ramón (aka Martin) lê die brug vanuit ons donkerte na die lig, in ons gemeenskap (communion) met ons ewemens. Ons ‘sense of community’ bring ʼn gevoel, en diepgaande ervaring dat ons behoort, en dat ons op ons reis verantwoordelikheid aanvaar vir mekaar se lief en leed.

Om aan te sluit by ons tema vir Saterdag se konferensie oor ‘COMPASSION’ gaan ons die maand gesels oor — ‘A SENSE OF COMMUNITY’ — en hoe ons in ons gesinne, familie- en vriendekring, werksverband en bowenal in ons Wysheidsirkel hierdie lewensbelangrike beginsel kan ontgin om weer terug te keer na die oeroue Ubuntu waarheid — ek is omdat jy is!

Is dit nie waarvan die Groot Boek praat as dit sê — “Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.” (Hebreërs 10:24-25); “Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar.” (Romeine 12:4-5); “May the God who gives endurance and encouragement give you the same attitude of mind toward each other that Christ Jesus had.” (Romeine 15:5); “Bear one another's burdens, and so fulfill the law of Christ.” (Galasiërs 6:2) en wat is die “wet van Christus” — om jou naaste lief te hê soos jouself!

Martin Sheen sluit af deur te sê, “You know how so often people say they go on this journey — and I said it too, that I’m looking for God. But God has already found us, really. We have to look in the spot where we’re least likely to look. And that is within ourselves. And when we find that love, that presence, deep within our own personal being — and it’s not something that you can earn or something that you can work towards, it’s just a realization of being human, of being alive, of being conscious. And that love is overwhelming. And that is the basic foundation of joy. And then we see it in others, and we seek to ignite that love in others.”

Dis waarna Tolstoy verwys as hy sê, “The sole meaning of life is to serve humanity by contributing to the establishment of the kingdom of God, which can only be done by the recognition and profession of the truth by every man.” Of soos Dostoyevsky dit in ‘The Brothers Karamazov’ verwoord, “Love all God’s creation, both the whole and every grain of sand. Love every leaf, every ray of light. Love the animals, love the plants, love each separate thing. If you love each thing you will perceive the mystery of God in all; and when once you perceive this, you will thereafter grow every day to a fuller understanding of it: until you come at last to love the whole world with a love that will then be all-embracing and universal.”

Vergewe al die aanhalings in dié week se vonkpos-padkos ... maar ek is seker dat as jy die tyd vind om dit weer te lees, sal jy die waarde en waarheid van dit verstaan, op jou hart skryf, en saamvat vir jou daaglikse reis want “Niemand leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie” herinner Paulus ons in Romeine 14:7 — my hoop is om ALMAL eerskomende Saterdag by die konferensie te sien en dan maak ons Sondag ons Sirkel vol vir ʼn sinvolle gesprek in Augustus.

🌺 ACIM — Kolping: 3 Augustus @ 19h30 en Stad: 7 Augustus @ 19h30 — Chapter 12, Section VII. Looking Within (p230)

Besoek ons Facebook ​​​​​​​​​​

Gedagte vir die Week:
“Strength lies in differences, not in similarities” ― Stephen Covey

Liturgie: 6_augustus_2017

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights