5 Mei 2013

Goeiemore — so op ʼn vakansiedag vir ons land se miljoene werkers, is dit ook vir elkeen van ons ʼn dag waarop ons dankie sê vir ons werk, en dat ons nie net werk om ons verpligtinge na te kom nie maar ook vir werk om ʼn bydrae te maak. Ons sê dankie vir ons werk en ons sê dankie vir elkeen vir wie ons werk of wat vir ons werk.
Ons gaan Mei-maand gesels oor die boek Jakobus ... 
Jakobus het ʼn baie beskeie plek in die Nuwe Testament, so half ingedruk tussen Paulus en Petrus se briewe, wat jammer is want daar is baie te leer uit hierdie boek. Wie was hierdie Jakobus?
Ons lees in die Nuwe Testament van vier mense genaamd Jakobus:
·         Jakobus (beteken: seun van die donder), die broer van Johannes — seun van Sebedeus en Salóme. Vader Sebedeus was ʼn visser van Galilea en
moeder Salóme was ook een van die vroue by die kruis en later by die graf.
·         Dan is daar Jakobus – seun van Alfeus, ook een van die 12 Apostels. Tien teen een dieselfde as ‘Jakobus die Geringste’ waarvan ons lees in Matt
10:3 en Hand 1:13.
·         Die derde een is Jakobus, die vader van Judas. Hy word genoem in die lys van Apostels in Lukas 6:16 waar Christus die 12 kies en word ook in
Handelinge 1 genoem.
·         Dan is daar nog ʼn Jakobus wat heel moontlik ons briefskrywer is ... hy is die broer van Jesus. Die skeptiese realis wat aanvanklik gekant was
teen sy broer Jesus se optrede en leer, maar dan ontdek hy die inhoud en betekenis van sy broer se optrede, en word ʼn steunpilaar van die
kerk. Maar ons kan nie met sekerheid sê dat dit hy is wat die brief geskryf het nie, alhoewel die aanduiding van Paulus wat na hom verwys in
Galasiërs 1 en 2 tog daarop dui dat dit dieselfde Jakobus is wat die brief geskryf het.
Wat sê hy? Hy skryf dat geloof is ʼn werkwoord. Nie net woorde nie maar optrede. Hy praat oor ʼn sorgsame samelewing. Hy skryf oor geduldeerlikheid en beskeidenheid. Hy is nie van die tipe wat Jesus se naam in elke asemteug noem nie — hy staan vir ʼn toepaslike en relevante Christendom.
Die skrywer van Jakobus het dit oor ons sintuie. Hy praat baie oor die tong, die goed wat ons sê. Hy praat oor ore en dat ons nie hoor wat ons vir onsself, van onsself en van ander sê nie. Hy praat oor kwaad-word en die beheer wat ons het oor ons humeur. Hy gebruik die beeld van ʼn SPIEËL — ʼn wonderlike beeld veral in die niveau van moderne spiritualiteit. ʼn Spieël kommunikeer sonder woorde. Die Jakkals sê vir die Klein Prinsie: “woorde is die begin van alle misverstand” en Jakobus wys deur sy hoofstukke dat ons eerstens kommunikeer met ons siele (intuïsie), dan met gevoel, dan met gedagtes, dan met gebare, en dan eers met woorde.
Die vraag wat die skrywer vra, is of die spieël ʼn refleksie óf ʼn projeksie is? Wie kyk vanuit die spieël? Kyk ons met ons ego-denke of met ons siel-denke? Ons is verslaaf aan ons gedagtes en die meeste van ons dink dat as jy ophou dink, is jy dood. Ons sê so mooi in Afrikaans “jou kop raas!” en dit is ʼn goeie beskrywing van die mens wat nie weet hoe om stil te word nie. Geen wonder ons weet nie meer wat ons voel nie want alles is emosies! En elke emosie is ʼn reaksie op ʼn sekere ervaring (experience), erger nog, emosies is gemanipuleerde gedagtes! Met ander woorde, emosies is wat die brein doen met jou gevoel.
Solank as wat ons aan die brein verknog is, sal behoeftes en begeertes ons regeer. Solank as wat ons behoeftes en begeertes in beheer is, sal ons los (disconnected) van mekaar voel. Vir die skrywer van Jakobus hou pyn nie op as daar geen pyn meer is nie maar wanneer pyn nie meer pyn is vir ons. Seer sekerlik praat hy van emosionele pyn! Ons het ʼn keuse as dit donker is, óf ons kan oor die lig praat, óf ons kan dit wees!

SPIEELTJIE, SPIEELTJIE AAN DIE WAND 
        Versoekings en Begeertes
        Gedrag en Gesindheid

As ons mekaar se beste intensies reflekteer, sal ons verhoudings groei! Bring jou lig vir ons Sondag-Sirkel.

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Ons eet weer lekker saam op 5 Mei direk na die diens. Laat my asseblief weet hoeveel kom.

Gedagte vir die Week:
“That's the problem with religion: you beat your way past the clerics, fight your way through the demons, stand before the holy of holies, and when you rip away the veil, there's nothing there but a mirror” — Owen Rowley

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights