Eerskomende naweek is Paasfees. Meer invloedryk, met ʼn dieper betekenis, gevul met ʼn ontsag, aanbidding, eerbied, en gelaai met ʼn diepliggende verandering wat in my beskeie mening veel groter is as Kersfees. Tog is dit vir die meeste mense net nog ʼn langnaweek ... Christene ken die verhaal reeds van kleinsaf maar die invloed het oor jare verdamp in ʼn skeptiese agterdog of ons (nog) lus is om die dood van iemand 2000 jaar gelede te vier — ongeag of ons dit letterlik of spiritueel interpreteer — en wat dit te doen het met ons in 2015. Vir my is dit altyd ʼn tyd waarin my kwesbaarheid, weerloosheid, en eie wonde baie meer broos en ontbloot lê. Nie net omdat dit die verandering van seisoene is en dié jaar se Paasnaweek in die boeg van die volmaan lê nie, maar omdat ek so intens bewus is van hierdie tyd waarin ons deur die vlies van die kokon breek en sien ... ons is skoenlappers met asemrowende mooi vlerke.
In die gebeure wat afspeel aan die kruis, word dit ʼn verhaal wat in teerheid die vulnerability van Jesus vertel en daarin herken, erken, ken ons ons eie vulnerability. Nie net in ons eie sterflikheid nie, maar ook die proses wat dit beteken om op te staan uit ons emosionele en spirituele dood. Daar is so miskonsepsie wat die woord vulnerability werklik beteken – en ek hou by die Engelse woord. Baie van ons sien dit as ʼn swakheid. Dit is iets wat ons moet oorkom om te wys hoe sterk ons is. Hoor hoe mooi verwoord Jeff Brown dit — “We are powerful beyond measure, and so deeply vulnerable at the same time. This may seem like a dichotomy, but it isn’t. We have misunderstood real power. It has been something assertive, non-surrendering, pushing on through. This is not real power. This is simply wilfulness. Real power is something else — receptivity, openness, the courage to keep your heart open on the darkest of days, the strength to feel it all even when the odds are stacked against you. Real power is showing up with your heart on your sleeve and absolutely refusing to waste one moment of your life hidden behind edginess and armour. The art of enheartened presence. Now that’s power.”
Daarom sal ons soms sê, “Ek beskerm my hart!” wat eintlik sê, “Ek wil nie vulnerable voel of my vulnerability wys nie!” Maar is dit nie juis wat Jesus ons kom leer het nie — when you love someone, truly love them, you lay your heart open to them. You give them a part of yourself that you give to no one else, and you let them inside a part of you that only they can hurt. Jesus het geweet van verraai, hy het geweet van verwerping, dat nie een van sy dissipels kon bly toe hy deur sy ergste beproewing gaan nie en tog leer hy dat waar jy jou hart oopmaak ... daar word mense heel. Die een wat sy hart oopmaak én die een wat ontvang word albei beter. Double blessing!
Dis eers as ons die vulnerability in ons hart ken en omarm dat ons leer, vulnerability teaches us to be brave, to have courage, to surrender ... and that’s the kind of stuff that love is made of! Only the vulnerable will dare to tell the truth about themselves to themselves and THAT is a power that is moving us from ‘turning on each other’ to ‘turning toward each other.’
Brené Brown het ontsettende mooi goed geskryf oor VULNERABILITY en jy kan gerus haar boeke lees of na haar luister op YouTube. In haar boek, The Gifts of Imperfection skryf sy, “We love seeing raw truth and openness in other people, but we're afraid to let them see it in us. We're afraid that our truth isn't enough - that what we have to offer isn't enough without the bells and whistles, without editing, and impressing.” en gaan dan verder deur te sê, “Owning our story can be hard but not nearly as difficult as spending our lives running from it. Embracing our vulnerabilities is risky but not nearly as dangerous as giving up on love and belonging and joy — the experiences that make us the most vulnerable. Only when we are brave enough to explore the darkness will we discover the infinite power of our light.”
Vir my is dit duidelik dat Jesus die waarde van vulnerability geken en geleer het. Ons gaan Sondag stilstaan by die SEWE STERWENSWOORDE van Jesus en die dieper spirituele betekenis en relevansie daarvan vir ons lewe ontsluit. [1] Vader, vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie. [2] Vandag sal jy saam met my in die Paradys wees. [3] Vrou daar is jou seun, seun daar is jou moeder. [4] My God, my God waarom het U my verlaat? [5] Ek het dors. [6] Dit is volbring. [7] Vader, in U hande gee ek my gees oor.
In Johannes 15:12-13 sê Jesus, “Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.” — mag ek vra, het jy al ooit so liefgehad dat jy weet, jy sal jou lewe vir hierdie persoon aflê? Ek sal letterlik, fisies sterf om haar/sy lewe te beskerm of ʼn kans te gee om te lewe. Hoor wat skryf Brené Brown in een van haar ander boeke, “We cultivate love when we allow our most vulnerable and powerful selves to be deeply seen and known, and when we honour the spiritual connection that grows from that offering with trust, respect, kindness and affection. Love is not something we give or get; it is something that we nurture and grow, a connection that can only be cultivated between two people when it exists within each one of them – we can only love others as much as we love ourselves. Shame, blame, disrespect, betrayal, and the withholding of affection damage the roots from which love grows. Love can only survive these injuries if they are acknowledged, healed and rare.”
In die SEWE STERWENSWOORDE van Jesus gaan ons saam met mooi musiek en kerse, onder die blou verligte kruis, die brood breek en die wyn met mekaar deel in ons sirkel. Glo my, jy sal daarna altyd dié sewe woorde onthou ... en dit sal deel word van jou asemhaling en ritme, asook jou sterkte wees as vulnerability jou oorrompel en ʼn eerlikheid bring oor wie jy is, in al jou ervaringe.
In die fisiese dood van Jesus en sy spirituele opstanding herdenk ons ons eie spirituele dood en opstanding. Dit is ons Yom Kippur (Day of Atonement) — ʼn kans om opnuut te begin. Vulnerability gaan nie oor wen of verloor, reg of verkeerd nie ... dit gaan oor die naakte eerlikheid om jouself te wys vir iemand anders. Dit gaan daaroor om getrou te wees aan die liefde en elke woord te bedoel in die volle omvang van die betekenis as jy sê, “Ek is lief vir jou!” want dit sê — I have the strength to share the burden of your private pain, I will be with you when you feel tender and fragile. I will be your safe harbour in which you can seek refuge. I will be there all the way from Gethsemane, through the Via Dolorosa and be at every cross(roads) life may throw at you — because you know what, that is what being a Christian is all about!
Die film, The Last Temptation of Christ, word vanaand 7pm by Kolping gewys en daarna gaan ons dit saam bespreek.
Besoek ons Facebook https://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651?fref=ts
Gedagte vir die Week:
“The strongest love is the love that can demonstrate its fragility.” ― Paulo Coelho, Eleven Minutes