4 Maart 2012

Hierdie week se liturgie: 4_mrt_2012

Goeiemore op hierdie skrikkeldag — 

Op die laaste dag van Februarie is ons in die ekstra dag van ʼn jaar met 366 dae. Dis ʼn bonus! Skrikkeljaar het altyd ʼn klomp verrassings wat saam met ʼn jaar kom wat ʼn ekstra dag het: daar is natuurlik die Olimpiese Spele en helaas ook weer ʼn Amerikaanse verkiesing met TV debatte tussen die ‘hopefuls’ (of is dit hope-fools?). Elkeen gelaai met miljoene dollars om ʼn droom te jaag en hom vol spoed te jaag deur vrees in te boesem want hoe groter die vrees hoe groter die beheer (control).

Vrees pendel altyd in teenstrydighede ... soos om te luister na ʼn debat tussen die kandidate vir die VSA verkiesing en die onderwerp is “pro-life” en ek wonder by myself of hulle argument vir “pro-life” ook oorlog, doodstraf en die natuur wat ons so genadeloos verrinneweer, insluit? Om die vrees te besweer word elke toespraak afgesluit met “God bless America!” en ek wonder of dit ʼn versoek of ʼn opdrag is?

Maar dit is nie net ʼn Amerikaanse ‘ding’ nie – ons hele samelewing word verteer deur vrees. Sit jy die TV aan is elke kanaal en elke program gelaai met die onderstroom van vrees. Nuuskanale en koerante verkoop vrees vir sirkulasie en daarom is dit geen wonder dat ons hele samelewing so beangs, gespanne, bang is vir alles en almal nie.

Die heinings om ons wonings word al hoe hoër geëlektrifiseer; die sleutels vir al ons slotte by die dag meer; ons kalmeerpille is op kroniesemedikasie. Die vraag gaan lankal nie meer oor geloof, hoop en liefde nie maar eerder oor sekuriteit, veiligheid en voorsorg. Dit klink na ʼn harde onderwerp om vir ʼn uur jou Sondag te moet kom spandeer in die hoop om ʼn stukkie kalmte en gemoedsrus te kom haal.

Kom ons verken Sondag en die maand van Maart praktiese en toepaslike maniere hoe om ons vrese te sien vir wat dit is: drogbeelde in ons kop; wanvoorstellings en opinies; persepsies en projeksies — en JA! ons gaan ʼn moedige stap neem om ons vrees te verruil vir ʼn voetstuk van vertroue. Ons gaan sensitief na ons eie vrees kyk sonder om dit oordeel of die blaam te skuif op iets of iemand anders en die wonderwerk omarm dat daar vir elke vrees ʼn spirituele oplossing is.

Ons tema vir Sondag kom van ʼn bordjie wat in my huis hang en in Nederlands sê:

Van het concert des levens krijgt niemand een progammes! 
Wat vrees ons die meeste? Mislukking, die toekoms, teleurstelling?
Hoe gaan mens om met vrees? Sit die lig aan en sien dit vir wat dit is.
Kom ons maak ʼn keuse/besluit: VANDAG is ek nie vrees se slaaf nie!

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
10h00 Sondag in die kapel van die Kolping Sentrum — kom maak ons kringe sirkels.
Mag ons almal ʼn week vol seëninge hê.

Ons inleidende kursus in ACIM (A Course in Miracles) gaan môreaand 1 Maart 19h00 voort by Kolping Sentrum.
Jy is steeds meer as welkom om in te skakel. Kontak my asseblief indien jy belangstel. 

Gedagte vir die Week:
As long as you are willing to change your mind, then God will change your life !!

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights