... en so blaai die jaar om na 2015. Mag dit ʼn mooi en geseënde jaar wees en mag ons wense, drome, en goeie intensies realiseer in ons verantwoordelikheid om die ‘happiness’ te wees/word in “HAPPY New Year!”
Ons tema vir dié maand is NUWEJAARSVOORNEMENS en ons skop die jaar af deur te gesels oor die waarde/deug van OPTIMISME (being optimistic). Optimisme staan in die lig van entoesiasme, ʼn positiewe gesindheid, blymoedig en hoopvol vir wat die jaar ons gaan bied. Die nuwe jaar lê voor ons soos ʼn skoon skilderdoek met die maande as ons kwasse en die dae die verskillende kleure. Die vraag is, hoe gaan ons ons nuwe jaar inkleur; wat sal die eerste kleur, eerste lyn wees; en wat is die prentjie wat die einde van 2015 vir ons sal opsom?
Vergun my as ek ʼn paar aanhalings deel wat hul pad na my dagboek gevind het as ʼn herinnering hoe om die eerste tree van die nuwe jaar met optimisme te gee. Kom ons begin deur vir onsself te vra, wat is die beste van 2014 wat ons saamdra die nuwe jaar in en sal ons geloof, hoop, en liefhê ons dra deur die dae wat ons nie weet hoe verder met ons kiekie-skildery nie, en hoe neem ʼn mens verantwoordelikheid vir die jaar wat verby is en die jaar wat voorlê? Mahatma Gandhi se wyse woorde is ons eerste broodjie, “Man often becomes what he believes himself to be. If I keep on saying to myself that I cannot do a certain thing, it is possible that I may end by really becoming incapable of doing it. On the contrary, if I have the belief that I can do it, I shall surely acquire the capacity to do it even if I may not have it at the beginning.”
Ek lees weer Christian D. Larson se ‘Your Forces and How to Use Them’ en sy woorde versamel my gedagtes in ʼn ruspunt oor die geleenthede wat die volgende jaar ons bied. Hy skryf — “Promise yourself to be so strong that nothing can disturb your peace of mind. To talk health, happiness, and prosperity to every person you meet. To make all your friends feel that there is something in them. To look at the sunny side of everything and make your optimism come true. To think only the best, to work only for the best, and to expect only the best. To be just as enthusiastic about the success of others as you are about your own. To forget the mistakes of the past and press on to the greater achievements of the future. To wear a cheerful countenance at all times and give every living creature you meet a smile. To give so much time to the improvement of yourself that you have no time to criticize others. To be too large for worry, too noble for anger, too strong for fear, and too happy to permit the presence of trouble. To think well of yourself and to proclaim this fact to the world, not in loud words but great deeds. To live in faith that the whole world is on your side so long as you are true to the best that is in you.”
Party mense kies om die nuwe jaar met siniese pessimisme in te gaan wat skepties sug dat “alles is anyway soos dit is en wat help dit om enige voornemens te hê?” Wat optimisme vra, is dat ons “JA!” sal sê vir die jaar wat voorlê ... want “JA!” is hoe iets begin. Om “JA!” te sê, is hoe ons groei. Om “JA!” te sê, lei tot kennis en ervaring en wysheid. Solank my hart nog klop en ons asemhaal, sê “JA!” Om hoopvol te wees oor die nuwe jaar is nie sentimentele romantiek nie maar gebaseer op die feit dat ten spyte van soveel nood en hartseer is dit steeds ʼn wêreld wat oorloop aan compassion, sacrifice, courage, and kindness. Dit waarvan Nelson Mandela praat as hy in sy boek ‘Long walk to freedom’ skryf — “I am fundamentally an optimist. Whether that comes from nature or nurture, I cannot say. Part of being optimistic is keeping one's head pointed toward the sun, one's feet moving forward. There were many dark moments when my faith in humanity was sorely tested, but I would not and could not give myself up to despair.”
Die geraas in ons koppe is soms pessimisties maar dis die hart, altyd die hart, wat ons die hoop van optimisme gee want optimisme is daardie klein individuele ‘acts of grace’ in tye waar ons ons doek oorverf en van vooraf begin. Dis makliker om ʼn glas te breek as om ʼn glas te maak. Dis soveel makliker om op te gee as om moed en durf te skep dat vandag is die beste dag van die jaar. Hy wat vandag oes, is ryk. Hy wat vandag se vrees en verwydering ruil vir liefhê en versoening is welaf. Maak elke dag klaar en laat dit los (let go). Jy het gedoen wat jy kon gister, jy het die beste gegee wat jy kan. Ja, daar lê soms wonde en bloukolle en miskien ʼn onvoltooide legkaart maar vandag begin ons weer en so oorkom ons gister se nonsense. “What day is it?" asks Pooh. “It's today," squeaked Piglet. “My favourite day," said Pooh. (From: The Tao of Pooh)
Dis gewoon menslik om soms te verdwaal in ons onsekerheid. Miskien het jy ʼn angstigheid oor die jaar wat voorlê of miskien is jy gevul met ʼn opgewonde, kinderlike nuuskierigheid oor wat die volgende jaar inhou. Kom ons maak Sondag, die eerste Sondag van 2015, ʼn uur afspraak om met optimisme ons nuwejaarsvoornemens met mekaar te deel. Ons word stil in ons sirkel, ons dra ons nuwe jaar op aan God ... en maak strikkies om die beloftes uit ou sitate wat ons padkos sal wees vir die volgende jaar. Broodjies soos —
“Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here ’n veilige vesting is; so iemand is soos ’n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; ’n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie.” (Jeremia 17:7-8)
... met toewyding vul ons ons waterbottels vir die reis --
“But as for me, I am like a green olive tree in the house of God; I trust in the lovingkindness of God forever and ever.” (Psalm 52:8).
... al wat nog kort is ons Kompas om vir ons te wys waar Noord is --
“Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.” (Johannes 14:27)
So begin ons dan ons Nuwe Jaar met entoesiasme en optimisme en ʼn hoopvolle blymoedigheid as ons die eerste laag kleur op ons skilderdoek sit --
“Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!” (Romeine 15:13)
Maar vir vanaand — kop op ... hart oop ... voete op die grond ... drome vir die sterre ... glase vol ... “CHING-CHING!!”
ʼn Voorspoedige Nuwe Jaar vir elkeen van julle!
Besoek ons op Facebook https://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651
Gedagte vir die Week:
“Dwell on the beauty of life. Watch the stars, and see yourself running with them.” ― Marcus Aurelius