31 Maart 2013

Vir die eerste keer in meer as 800 jaar het ons ʼn maand met 5 Vrydae, 5 Saterdae en 5 Sondae. Die seisoene verander en dis volmaan vanaand en getrou aan die maan-kalender, vier ons Goeie Vrydag op die eerste Vrydag na die eerste volmaan na die Noordelike Halfrond se Lente dag-en-nag-ewening (equinox) wat 21 Maart is. Min mense weet dat Goeie Vrydag word deur die maan bepaal soos Kersfees deur die son bepaal word. Die meeste mense kyk na die almanak en sien, ‘ah Paasnaweek is einde Maart dié jaar’ en dan begin ons beplan om êrens weg te breek om die laaste somerson te hengel. As mens vra oor die betekenis van Paasfees, ken almal die verhaal en die meeste mense voel dat hul dit nie regtig wéér wil hoor nie, buitendien – daar is meer as genoeg geweld in die wêreld om iemand se gewelddadige dood op só manier te vier.

Laasgenoemde emosie het meriete maar is dit ál waaroor Goeie Vrydag en Paassondag gaan? Indien so, hoekom nie die langnaweek van ons kalender afhaal en vervang met ʼn gewone naweek nie want ons land het verseker meer as genoeg vakansiedae? Persoonlik sal dit ʼn heuglike dag wees om in Pick & Pay of Woolies in te stap en nie één cheap-chocolate-paashaas te sien nie! Maar soos ek sit en tik, kan ek die massiewe geskree van mense op sosiale media en in koerante hoor as die regering dit sal waag om aan Paasnaweek te raak! Ons sal skree “dis Christene se Heiligste naweek!” en “julle (ANC) het géén respek vir die Christendom nie!” en dit dan Tweet en Facebook terwyl ons op pad is na KKNK of die Two Oceans Maraton. Moet my nie verkeerd verstaan nie – daar is niks fout met KKNK of maraton of naweek blaaskans met vriende en familie nie — al wat ek vra is of ons dit sal mis as ons dit nie meer gevier word nie; en is daar enige rite wat ons die naweek sal doen om ons te herinner dat Paasfees gaan oor ons EIE opstanding; ons EIE wedergeboorte (rebirth); en ʼn innerlike transformasie sodat ons die wêreld sal dien met nederigheid, afhanklikheid, menswaardigheid en dankbaarheid wat die inhoud en betekenis van dié komende naweek is?

Ons gaan Sondag praat oor ʼn “PERSOONLIKE OPSTANDING” — enige iemand wat sensitief is vir ʼn ‘dieper/groter realiteit’ (consciousness) of enigsins belangstel in kwantum-fisika, weet vandag dat ʼn liggaam ‘sterf’ maar weet dat dit eintlik net oplos in die ewigdurende siklus van lewe. In ʼn spirituele (maar ook ʼn werklike) verstaan, sterf ons nie, en is dood nie dood nie. Dit is hoe God (lewe) geskep het en wat God geskep het, leef vir ewig. Dit kan van vorm verander en aanbeweeg, of soos ons in Afrikaans sê: “ontslaap” om wakker te word waar ons vandaan kom net om te besef ons was eintlik nooit weg van die ‘huis’ nie. Wat is vorme van self-kruisiging? Haat, afguns, verwyt, woede, kritiek, jaloesie, vernedering en vele ander wonde wat ons maak in ons interpersoonlike verhoudinge. Ek is seker ons almal ken dit en miskien word selfs op dié oomblik spykers ingeslaan of voel ons hoe ons deurboor word. Soos al baie gesê — hang ons tussen die twee moordenaars van ons tyd: skuldgevoel en vrees! A Course in Miracles (ACIM) vra: How do we rise above this battleground?
Baie mense is ‘moeg’ om die kruisverhaal van Jesus te hoor, maar snaaks-genoeg raak ons nie moeg om na die gesug en gekerm van die ego se victim-verhaal te luister nie. Dit gaan nie oor die kruis of ons eie mortaliteit nie – dit gaan oor “waarlik, waarlik ek sê vir julle, hy wat in my glo, sal die werke doen wat ek gedoen het, en hy sal selfs groter dinge as dit doen!” (Joh 14:12) WHAO!! “GROTER?” Dis miskien waarna ACIM verwys as dit sê: Rise above the battleground to a place of peace. That is resurrection! Kom ons kyk na die vyf wonde aan die kruis en vind ʼn manier om dit te heel.

RISE ABOVE THE BATTLEGROUND 
            Moenie oordeel nie: dis een van die moeilikste goed om te doen want dis AL wat die ego ken. ACIM sê: the ego analyses, the Holy 
            Spirit accepted ... as ons weet dat ons nie kán oordeel behalwe om onsself te oordeel nie.
                Moenie kwaad word nie: woede is “vrees verwoord,” dit beteken nie: word nooit kwaad nie solank ons besef dat ons eintlik kwaad is 
                vir ons eie aksies-en-reaksies en vergeet het: what you do not forgive, your fear.
            Moenie aanval nie: dit beteken nie jy beskerm nie jouself of geliefdes nie; dit beteken ons hou op om ons silly ego te probeer beskerm en 
                te weet wanneer ons met persepsies en opinies aanval, is dit ʼn aanval op onsself. 
            Moenie blameer nie: die ego speel silly games en die beste manier om dit te doen is deur blame-shifting ... al wat dit is, is om die skuld op 
                jouself of op iemand anders te plaas – stop dit, en neem verantwoordelikheid.
            Moenie wegkruip nie: die meeste van ons is onbewus hoe groot rol denial speel in ons spirituele, emosionele en intellektuele bestaan wat 
                eintlik maar net sê: the insidious nature of denial is the denial of being in denial

Ons maak soms ad infinitum ad nauseam dieselfde foute oor en oor. Kom ons doen dit hierdie jaar anders! So, as jy moeg is vir ʼn spirituele balans wat ʼn tango dans op ʼn wals ...
... kom vier Sondag met brood en wyn in ons sirkel die ‘opstanding van Jesus’ as ons mekaar herinner: Ons het opgestaan ... ons het waarlik opgestaan!

Onthou ons gesamentlike ete 7 April na die diens! Ons het ons ACIM blok vir hierdie kwartaal afgesluit en begin weer na die skoolvakansie.

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“The crucifixion did not establish the Atonement; the resurrection did.” (ACIM T-3.I.1-3)

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights