31 Januarie 2016

Toe ek kind was en ons gery het van een dorp na ʼn ander, was daar sulke klein padtekens langs die pad wat gewoonlik ʼn reghoekige klip was wat wit gekalk (of dalk geverf) was waarop die afstand aangedui was na die volgende dorp. Daardie klein padteken het bekend gestaan as ʼn predikantjie ... nooit sou ek dit vergeet het dat ʼn ‘predikant’ is iemand wat die rigting AANWYS — hy of sy IS nie die pad nie al sou ons soms saam met mense reis. ʼn Predikant is nie die bestemming nie ... because, maybe, the journey is the destination. Op die beste van tye is ʼn predikant net die vinger wat na die maan wys. ʼn Predikant (padteken) behoort genoeg aanvoeling, lewenservaring, sensitiwiteit, wysheid en eerlikheid te hê om met selfvertroue te kan sê, ‘dié pad, is ʼn goeie pad en as jy met dié pad aanhou gaan dit jou bring na ʼn groot oop strand waar daar branders breek en golwe wat vêr uitspoel vir vars voetspore.”

Vir te lank, te veel, matig predikante hulself die reg toe om te wil voorskryf met ʼn beterweterigheid oor ʼn pad waarop hul nog nooit was nie, met ‘raad’ oor ʼn menu waarvan hul nie een enkele resep ken nie. Miskien is dit hoekom jy my nog altyd sou vind saam met hulle wat teen die grensdrade van georganiseerde godsdiens vasgewaai het. Vermoedelik met ʼn paar skrape, kneusplekke en littekens waar daar gewaag is om die grensdrade te skuif en die heinings met mening te versit. Hier, teen die grensdrade, sou ek ‘gewone mense’ ontmoet ... mense wat reis sonder ʼn CV en sonder pretensie dat hul die eienaars van die Waarheid is. Gou daarna sou ek elkeen aanspreek as “Rabboeni” omdat hul my grootste teachers geword het. Rigtingwysers ... mense wat dit waag om hul eie voetspore te trap. Manne en vroue en kinders met net één dogma, “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en jou naaste soos jouself!” — wat meer het ʼn mens nodig vir jou reis?

Dis eers as ʼn mens met verantwoordelikheid kan omgaan met jou keuses dat ʼn mens ʼn padteken kan inslaan om die rigting te wys na die see met sy golwe en skulpe. Dis eers wanneer ʼn mens verantwoordelikheid neem vir jou besluite dat jy ʼn padwyser kan plant wat sê hoe ver dit is tot by die volgende oase met haar fontein en koeltebome. Van seestrand tot woestyn oase stap ons die pad moedig en dapper. Soms verdwaal ons en vind ʼn pad ons weer. Soms raak ons moedeloos en skep weer moed. Soms vertoef ons vir ʼn oomblik op die kruin vir ʼn uitsig voor ons die volgende kronkel-kronkel paadjie vat na die vallei van insig.
“Be confused, it's where you begin to learn new things. Be broken, it's where you begin to heal. Be frustrated, it's where you start to make more authentic decisions. Be sad, because if we are brave enough we can hear our heart's wisdom through it. Be whatever you are right now. No more hiding. You are worthy, always.” — S.C. Lourie

Ons gesels hierdie maand oor FOOTPRINTS, FOOTSTEPS and FOOTPATHS of LIFE. Hierdie Sondag sit ons die gesprek voort oor ons elkeen se verhaal oor wat die beteken om ‘The Beloved of God’ (Amadeus) te wees, terwyl ons voetpaaie en voetstappe ʼn ‘purposeful life’ uitkerf. Louis van der Riet kom deel in die wysheidsirkel sy ervaring by Taizé — ʼn geloofsgemeenskap in Frankryk — waar hy nuwe ontdekkings gemaak het oor hierdie voetpaaie van betekenis en liefde. Taizé se voetspore lê die wêreld vol, deels as gevolg van die betowerende musiek waarvoor die gemeenskap bekendheid verwerf het. Ons deel ook Sondag hierin. Vir 75 jaar leef die Brothers (daar is sisters wat ook in die dorp woon) al hul kern waardes van JOY, MERCY & SIMPLICITY – en dit verander die lewens van die ongeveer 100 000 jongmense wat die gemeenskap elke jaar besoek. Kom stap hierdie Sondag saam ons as ons hierdie drie rigtingwysers verken.

“I just don’t think I’m looking for the big moments in life anymore. It’s more the simple ones that make for a beautiful day now. Like the sun rising and the moon dancing and the wind singing and the leaves grooving, and kids laughing and music playing, butterflies twirling, heart-smiles staying…and me being present to witness all these little beautiful things. This is what makes for a happy and peaceful life, I’m sure.” – S.C. Lourie
Ons almal het ʼn storie om te vertel. Ons almal se voetspore is uniek eie aan ons eie lewenservaring en persoonlikheid. Elkeen van ons dra die naam, ‘Geliefde van God’ en ons stap ons lewenspad met die ondersteuning van ons naastes en die inspirasie van engele. Almal van ons is gelyk leerling en leermeester. Ons los bakens vir ons medereisigers en maak padtekens om te onthou — elke dag is ʼn nuwe geleentheid, elke oomblik is ʼn voetspoor. Make it count today — and remember, you are Amadeus ... a Rabboeni of mindfulness!

ACIM — 28 Januarie by KOLPING en 1 Februarie STAD 19h30 — Lessons of the Holy Spirit p103 Hardeband Boek ... ons lees al drie lesse en bespreek dit.

Besoek ons Facebook 

Gedagte vir die Week:
“Although no one can go back and make a brand new start, anyone can start from now and make a brand new ending” — Carl Bard

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights