Hierdie week se liturgie: 31_augustus_2014
Ons is nog nie eers by die nuwe van nuwejaarsvoorneme nie en die jaar kantel nog ʼn maand in. Voor ons te opgewonde begin raak oor Kersgeskenke is die goeie nuus dat daar nog ʼn hele seisoen voorlê voor die einde van die jaar. Die Seisoen van Lente waar die aarde geboorte gee aan Nuwe Lewe. Die Seisoen van bloeisels, blomme en blare ... al voel dit vandag of die winter reeds te lank oorwinter, kom die Lente van Herlewing weer!
Ons tema vir Augustus is — ‘DIE GESKENK VAN HERLEWING’ (THE GIFT OF REBIRTH) en ons het reeds gesels oor THE GIFT OF LIGHT; THE GIFT OF WATER; THE GIFT OF FIRE; THE GIFT OF AIR en eerskomende Sondag sluit ons die maand af met — ‘THE GIFT OF LIFE’
Ons almal ken die woorde van William W. Purkey — “You've gotta dance like there's nobody watching, love like you'll never be hurt, sing like there's nobody listening, and live like it's Heaven on Earth” en die popgroep Alphaville het daarvan ʼn lied gemaak waarvan die eerste vers sing: “You know that love's the answer, the greatest ruling force that carries you forever beyond the farthest cause. Oh, will we ever learn the lessons of the world instead repeating history without a care how much we hurt. Sometimes it seems that we will never ever understand” — jy kan daarna gaan luister op https://www.youtube.com/watch?v=DBUroXCdHFc en dan sommer saamsing terwyl jy dans!
Oscar Wilde het gesê, “To live is the rarest thing in the world. Most people exist, that is all.” Miskien het ons êrens net eenkeer te veel gehoor dat ons uit stof gemaak is (Gen 2:7); as ons net van stof gemaak is wie is ons om met die Here te praat (Gen 18:27); wanneer ons sterf, word ons net weer stof (Job 34:15 en Ps 90:3); en so eet ons stof en is bang vir God (Miga 7:17). Vanuit ons godsdienstige vroomheid het ons van kleinsaf gehoor dat die mens aan die eenkant nietig en verganklik is en aan die anderkant is ons die kroon van die skepping wat besluite kan maak sonder om enige konsekwensies of gevolge in ag te neem nie. Vreemd hoe die mens homself kan afbreek en verheerlik in dieselfde asem. Verstommend hoe ons pendel tussen minder- en meerderwaardigheid. Wanneer ons hoor dat ons gemaak is van klei en water (70% meer water as stof) en dat ons die ganse heelal in ons liggame dra wat uit dieselfde elemente bestaan as die verste son- en sterrestelsels dan staan ek in verwondering oor die groot misterie van Lewe. Dit maak my nie beter, meer of groter as enige iets anders nie maar wel onlosmaaklik deel van alles — en glo my, ALLES lewe! Van die ‘stof’ waarop jy staan tot die lug wat jy asem.
Dikwels vra mense: waarom is ons hier; wat is die doel van my lewe; is ons maar net hier om gebore te word, te leef, en te sterf? — Hoor dit vandag vir die duisend-en-eerste keer — we are here to experience this wonderful, magnificent journey we call LIFE in all its splendour, desire, delight and we have the gift of being consciously aware of it and to live in the presence of an awakening that give birth/rebirth in every second of our breathing!
Ons kan al die self-help boeke lees wat beskikbaar is en al die Facebook en Twitter clichés ‘LIKE’ en al die TED-Talks kyk vir inspirasie maar op die ou einde van die dag moet ek en jy dit vir onsself uitmaak ‘Wie is ek?’ en ‘Wat gee betekenis in my lewe?’ en ‘Hoe gaan ons sinvol om met keuses en inhoud van my lewensreis?’ Dit sou uiters aanmatigend wees om te dink dat wat vir my goed is, is vir almal goed (reg) en wat vir my sleg is, is vir almal sleg (verkeerd). Nie twee mense ervaar en reageer dieselfde op LIG nie; iemand anders verstaan nie regtig jou dors vir WATER nie; niemand kan jou VUUR wees nie; jou ASEM is jóú asem en jou LEWE is eie uniek aan jou! Natuurlik laat ons die lig skyn op almal; ons deel ons water; ons gee hout en kole waar iemand se vuur kwyn; ons help en doen alles in ons vermoë om iemand te help asemhaal; en ons is sensitief bewus daarvan dat niemand leef as ʼn eiland nie en ons het ʼn interafhanklikheid om sin en perspektief te gee aan MÝ plek en betekenis in die lewe.
Ons hoor dikwels, “Life is what you make it!” — wat beteken dit of is dit net nog ʼn cliché? Hier is ʼn paar gedagtes uit die spens van my lewenservaring wat die ‘Geskenk van Lewe’ my geleer het: Hulle sê “alles gebeur vir ʼn rede” en soms is die rede dat ons stupid is en dom keuses maak en niemand daarvoor kan blameer behalwe myself nie. Die lewe is ʼn mallemeule van klank, kleur, smaak, gevoel en prentjies en dit maak nie altyd sin in die oomblik nie en dis okay.... die ‘Geskenk van Lewe’ is dat ons altyd (áltyd) ʼn keuse het hoe ons gaan reageer op die goed wat gebeur; ons kan kies om die les te leer en die moed hê om te gaan regmaak waar ons verbrou het; ons kies om mense te inspireer om te sien hoe God hulle sien; ons weet dat ons soms seergemaak en teleurgestel gaan word maar is eerlik om te weet dat ek en jy dit ook aan ander (meestal aan onsself) doen en daarom kies ons om almal (insluitende myself) met waardigheid en respek te behandel; ons kies om nie my behoeftes en verwagtinge op ander te projekteer nie en om sagter te wees met ons reaksies (emosies) veral as ek nie my sin kry nie; ons kies om ʼn bydrae te maak tot heling en versoening in plaas van verwydering en veroordeling; ons kies vriende wat waarde toevoeg en ons soms teregwys maar steeds my hand vashou! Ons kies om verantwoordelikheid te aanvaar vir my geluk en net omdat iemand jou seermaak beteken nie dat almal so is en dit altyd dieselfde gaan wees nie. Ons kies om op te staan, weer te probeer, en te sê, “this is my life and I will always, always, always believe that the ‘Gift of Life’ is also MY gift and contribution!
Om my gebrokenheid en onsekerheid te erken, beteken nie ek is stukkend nie en dis eers wanneer ek werklik eerlik is met my wondbaarheid dat ʼn mens besef dat ‘vulnerability’ is nie ʼn swakheid nie. Verseker voel ek my hartseer, en my trane vloei maklik maar elke dag is ʼn geleentheid om van vooraf te begin en my skuldgevoelens en vrees te tem – dit maak my nie ʼn swakkeling nie, dit maak my ʼn mens wat weet ek het ʼn keuse. Ja, ons kan kies om op te gee of ons kan kies om met geloof, hoop, en liefde groter as ons omstandighede te wees. Ja, ons kan kies om naïef te wees en advies te ignoreer of ons kan kies om te vergewe en te vernuwe. Ja, ons kan kies om kwaad te wees en te trots om ons opinies en voorveronderstellings te verander of ek kan kies om ons waarde te ontgin en te groei in al die fasette van my menswees en in al verhoudinge waarin ons staan. Dis verseker nie elke dag maklik nie, but you know what — that is also part of the journey! Will we sulk about it and write a moanologue or will we celebrate our rhythm of birth and rebirth with three words: live life alive?
Vir my lê elke oomblik se keuse ten diepste gewortel in my verhouding met God (i.e LEWE). Daarin maak hierdie wonderlike ontdekkingsreis sin — daarin is die Goddelike Lig my bron van lewe; drink ek elke dag die fontein se Water wat my emosionele, intellektuele, spirituele dors les; is God die Vuur van my verligting en veiligheid; asem ek die Asem wat in en deur my asem maar nie van my is nie en dít is die Lewe van my herlewing en wedergeboorte!
Hierdie is my laaste boodskap aan julle voor ek vir ʼn maand gaan asemskep en herlaai. As alles vergeet word wat ek week na week probeer verwoord, onthou net dit: Wees die beste wat jy kan wees. Vergewe waar jy seergekry het. Moet niks ooit vanselfsprekend aanvaar nie. Leer om te gee en om te gee sonder om iets terug te verwag. Kies liefde, altyd liefde want liefde is genoeg. Bid gereeld want gebed fokus ons intensies om die seëninge te sien wat reeds daar is. Bowenal, wees altyd en in alle omstandighede “the Awareness of the Presence of God”!
Bring jóú lewenslesse saam Sondag vir ʼn dans op die ritme van A Celebration of Rebirth en dan sing ons — “You've gotta dance like there's nobody watching, love like you've never be hurt, sing like there's nobody listening, and live like it's your last day on Earth!”
>>>> ACIM — Donderdagaand om 19h00 by Kolping word die hele boek saamgevat in die 10 belangrikste goed om te weet wat ACIM leer! ALMAL welkom wat al ooit by ACIM was!
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“And behold, I am with you every day, until the completion of eternity.” ― Matthew 28:20