30 Oktober 2011

Hierdie week se liturgie: 30_okt_2011

Dit was inderdaad ʼn maand wat ʼn nuwe seisoen met oorvol, oorloop, oorgenoeg seëninge gebring het. Die goeie dae was toe ons onthou het dat alles verander en dat ons altyd ʼn keuse het hoe ons gaan reageer op dit wat gebeur. Die beter dae was toe ons nie vergeet het waar ons vandaan kom en waarheen ons op pad is nie. Die beste dae was dae van herinnering dat ons vertroue nie afhang van ons omstandighede of situasie nie.

Ons praat Oktober oor VERTROUE — en het reeds met mekaar gepraat oor hoe heel ons vertroue wat geskaad is; hoe beïnvloed vertroue ons geloof, hoop en liefde? Ons het ons onsekerheid en twyfel met mekaar gedeel maar ook ons vreugdes en dankbaarheid.

Elke Sondag ry ek huis toe met ʼn deurleefde ervaring van wat beleef en gedeel is in ʼn gespreksirkel waar mense met vrymoedigheid, eerlikheid, openhartigheid en verantwoordelikheid hulle verhale en ondervinding deel. Dis ʼn rykdom wat geen geld kan koop nie en ʼn wysheid wat geen universiteit kan gee nie.

Iemand skryf die week op haar Facebook: Stop looking back – you’re not going that way! Ons vat die maand se gesprek oor vertroue saam met die tema:

VERTROUE EN VERANDERING — the key to change is to let go of fear (ACIM)

•             Kom ons praat oor die woorde van Reinhold Niebuhr: “God, grant me the serenity to accept the things I cannot change,  the courage to
change the things I can, and the wisdom to know the difference.” ... want elke deur wat ons open of sluit, is ʼn besluit!

Met liefde en waardering
Terblanche

Gedagte vir die Week:
“We must become the change we want to see.” – Mahatma Gandhi

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights