Hierdie week se liturgie: 30_maart_2014
Wat het God, my 1977 kapoen kleur VW Beetle wat ek op Universiteit gery het, en Jona ingemeen? — dis waaroor ons eerskomende Sondag gaan gesels.
Daar is altyd iets kinderlik opgewonde as ʼn mens ʼn nuwe boek begin lees ... en hoe maklik en bekostigbaar het die nie geword danksy Kindle nie? Rob Bell se nuwe boek ‘What we talk about when we talk about God’ vra dat ons as kinders van die 21ste eeu moet besin oor die feit dat God het nie verander nie, maar ONS het verander – en ons verstaan oor God het verander. Soos al dikwels genoem, het ons Godsbeeld alles te doen met die manier waarop ons na die wêreld, mense om my, en na myself kyk. In my eie ervaring van ‘God’ gaan dit nie oor wie is reg en wie is verkeerd; wie is in en wie is uit nie — God vra, “Sien jy? Voel jy? Ervaar jy? Weet jy dat die lewe in jou is nie van jou nie?”
Rob Bell praat oor die woord ‘reverence’ (respect, admiration, worship, awe) ... dit is die energie wat ons nader aan God trek. Dit is waar ons ons kritiek en agterdogtigheid oor God neersit en onthou wie ons werklik is – sonder maskers en omhangsels. Bell sê so mooi, “There is this sacred holy value to life ... the things that weigh the most can’t be weighed. There is this gift, if you are breathing, you are at the most profound basic level of existence a recipient of a gift. We ALL share it! We all have this life, this breath, this gift.”
Die Hebreeuse woord — RUAG — is daardie elektriese energie wat deur alles vloei. Waarom groei blomme, waarom kom die son op, waarom roer iets in my as ek na sekere musiek luister? RUAG is daardie siel van vrugbaarheid wat lewegewend is en in alles vibreer. Die Bybel begin in Genesis 1 met ʼn gedig, ʼn credo, wat oorloop van die boodskap dat ons geskep is in die ‘beeld’ van God. Die verhaal van Job vertel van God wat nie wag om jou te seën nie — dit gebeur outomaties — selfs in ons diepste seer, onsekerheid, ongelukkigheid. Ons besef (sien en ervaar) dit wanneer ons vir ʼn oomblik toelaat dat die RUAG van God deur ons beweeg om anders te dink en anders te reageer. Wanneer ons na die plek in die binnekant gaan waar ons rou eerlik is met onsself; in die plek waar ons op ons leegste voel ... daar besef ons dat God is by ons die hele tyd. (Job 38 – 41)
Ek vind die TED Talks op YouTube geweldig inspirerend. Bryan Stevenson, ʼn prokureur in LA wat sy lewe toewy om mense te verteenwoordig wat nie ʼn prokureur kan bekostig nie. Hy lewer ʼn roerende gesprek oor ‘IDENTITEIT’ en sê, “die teenoorgestelde van armoede is nie welvaart nie – die teenoorgestelde van armoede is regverdigheid. ʼn Samelewing word nie geweeg aan ons uitvindings en ontwerpe nie, nie deur ons intellek en ons idees nie maar in die manier wat ons omgee vir hulle wat minderbevoorreg is – (how we treat the poor). Koerante en tydskrifte loop oor van stories oor ander mense want solank ons kan praat oor ander mense, hoe minder hoef ons te praat oor onsself.” En dan maak hy die opmerking oor ʼn ‘regverdige verhoor’ en dit laat my dink aan die hele Oscar hofsaak wat op die oomblik afspeel, “Die regsisteem behandel jou baie beter as jy ryk en invloedryk en skuldig is as wat dit jou behandel as jy arm en onskuldig is. Is dit regverdig?” (gaan kyk dit gerus: https://www.youtube.com/watch?v=c2tOp7OxyQ8)
Ons TV programme is deurweek van geweld, afguns, afpersing, skinder, moord, onregverdigheid, geknoei, agterbaksheid, oneerlikheid, woede, sluheid, bedrog ... ons noem dit, “entertainment!” Is dit hoe siek ons psige geword het? En dan wonder ons hoekom ons so ongelukkig is!
Die moderne mens is arm, naak, en ondervoed aan die waarde van ‘reverence’ (respek, verwondering, aanbidding, eerbied). Wanneer ons na ʼn baba kyk, maak ons die vreemdste geluide (“tshoe tshoe, doe-da-doe-da”) omdat daar in ons verwondering van ʼn baba ʼn refleksie is van ons eie lewe wat misterieus heilig en gewyd is. Wanneer ons in eerbied die klein vingertjies en toontjies bewonder is daar ʼn intuïtiewe aanvoeling dat lewe het betekenis ... MY lewe het betekenis (LIFE matters) en ons is verbind (connected) aan mekaar. Waar ons dit onthou, is daar ʼn diep happiness wat vanuit ons siel oorborrel. Ons het méér sulke oomblikke nodig soos Powell Davies sê, “Life must have its sacred moments and its holy places. We need the infinite, the limitless, the uttermost — all that can give the heart a deep and strengthening peace.”
Terry is ʼn wonderlike Sotho vrou wat eenmaal per week my huis kom skoonmaak. Ek vra haar vanoggend of sy al ooit gedink het om iets anders te doen? Sy antwoord trots dat dit haar ‘calling’ is om mense se huise mooier te maak as wat dit reeds is en ek wonder of dit nie ons elkeen se
‘roeping’ is nie — om mense se huise (lewe) ‘mooier te maak as wat dit reeds is ...’ — dis waarvan ek praat as ek praat oor God!
Bryan Stevenson vra, “Will you do the right thing even if the right thing is the hard thing?” As ons ongelukkig is, kla ons maklik dat die lewe onregverdig is en vergeet ‘happiness’ is ʼn keuse. Ek kies om te glo dat elkeen van ons is meer as enige iets wat ooit gebeur het of wat ons gedoen het. Ek glo ons het die vermoë om meer te wees as ander se opinie en al die kere wat ons verkeerd gediagnoseer is. Rob Bell skryf, “People are interesting because they find the world interesting. The stories we tell shape us. The Gospels are a reminder of who we already are. Words create a world (Genesis 1). Words make us happy or unhappy. You choose!” Wat is die woorde wat jy gebruik om oor dié lewe in die algemeen en jóú lewe in besonder te praat? Miskien soek ons God (happiness) op al die verkeerde plekke ...
“Skielik was daar ’n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na
die wind was daar ’n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar ’n vuur. Maar in die vuur was die
Here nie. En na die vuur was daar ’n fluistering in die windstilte. Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van
die grot gaan staan. Toe hoor hy ’n stem wat vir hom sê: “Wat maak jy hier?” (1 Konings 19:11-13)
Mag ons mekaar Sondag vir ʼn uur ontmoet in ʼn nuwe seisoen en die hartlike toegeneentheid van God se teenwoordigheid ervaar vir een uur wat anders is as al die ander ure van ons week.
>>>> ACIM SLUIT EERSKOMENDE DONDERDAG AF VIR DIE BLOK — 27 Maart 19h00 by Kolping
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“Do not try to change people, LOVE THEM … because by loving them you will change them.” ― Anonymous
Ons eers Algemene Vergadering van Neo-Spektrum as NPO vind plaas op 13 April 2014 direk na ons oggenddiens. Meer inligting daaroor word eersdaags gestuur. Almal is uiteraard welkom by die vergadering alhoewel volgens wet slegs lede stemreg het op die vergadering. Indien jy ʼn lid wil word van ons amptelike struktuur kan jy ʼn epos stuur aan Riaan Neethling wat die nodige vorms vir jou sal aanstuur — riaan.neethling@gmail.com