30 Julie 2017

🌷 Groot asseblief — bespreek vir ons ‘Interfaith’ Spiritualiteit Konferensie op 5 Augustus by --lourita@mweb.co.za of by 071.579.45.39 — bring asseblief vriende en familie saam! 🌹
Ons het die maand gesels oor — VERSNELLERS VAN BEWUSSYN -- en begin met intuïsie, wat vloei na intensie, wat vloei na inspirasie, wat vloei na integrasie ... en eerskomende Sondag sluit ons af met INTROSPEKSIE < waarna dit weer terugvloei na intuïsie, intensie, inspirasie, integrasie en introspeksie — en daar het ons die sfeer van versnellers van bewussyn!

“Knowing yourself is the beginning of all wisdom.” het Aristoteles gesĂȘ. Vir die meeste mense is LEWE bloot iets wat gebeur tussen geboorte en afsterwe. Holderstebolder jaag ons deur die dag ... tiekiedraai, skoppelmaai, poegaai val ons saans op die bed en kry Ɖ paar uur slaap in, net om mĂŽre dieselfde tango op Ɖ wals te dans. Ons moet besig bly want besig-wees beteken ons lewe is suksesvol. ‘Ledigheid is die duiwel se oorkussing’ is ons geleer, so, moenie dat iemand jou vang dat jy sit en niks doen nie! Soos Ɖ swerm BUSY BEES jaag ons van bedding tot bedding. Eenmaal Ɖ week, vir Ɖ uur, sak Ɖ paar van ons toe op die byekorf om herinner te word dat ‘heuning’ is die doel, en nie die gefladder nie.

Reeds vir twee maande lank praat ons vanuit Ɖ Christelike perspektief oor — purpose, calling, meaningfulness, awareness, presence, connectedness, and a life in-Spirit — en elkeen van hierdie ‘versnellers’ begin by introspeksie! Dit vra vir ‘stiltetyd’ ... Ɖ tyd van uit rat haal en net wéés. Ɖ Tyd vir rustigheid, kalmte, vrede, en niks móét-doen nie. Stilte is angswekkend vir hulle wat ly aan kompulsiewe verbale diarree en sal hul Ɖ duisend redes en verskonings gee om net nie met hulself, al een te wees nie. “Introspeksie? Nee wat, ek het nie tyd vir ginnegaap nie!” Regtig? Nie TÝD nie? Of is jy dalk vrek bang die Stem aan die binnekant het niks te sĂȘ as jy vir Ɖ oomblik tot bedaring kom nie want al wat jy hoor is die ego se roesemoes oor behoeftes, verwagtinge, en verpligtinge.

“A man must find time for himself. Time is what we spend our lives with. If we are not careful we find others spending it for us 
. It is necessary now and then for a man to go away by himself and experience solitude; to sit on a rock in the forest and to ask of himself, 'Who am I, and where have I been, and where am I going?' 
. If one is not careful, one allows diversions to take up one's time—the stuff of life.” herinner Carl Sandburg ons en daarby voeg Rainer Maria Rilke sy stem as hy sĂȘ, “The only journey is the one within.”

Introspeksie kan op verskillende maniere beoefen word --

    1. Dit kan begin met Ɖ minuut of twee as ons wakker word om bewus te wees van die spirituele waarheid wat sĂȘ, ‘I come from asleep to awake’ en om saans vir Ɖ minuut of twee in stilte dankie te sĂȘ vir die dag en dit wat mooi en goed en betekenisvol was in Ɖ strikkie te maak vir die dag van mĂŽre.
    2. Êrens deur die loop van (elke) dag sit jy 15 of 30 minute opsy vir ‘stilte’ — maak jou kantoor se deur toe; gaan na Ɖ kamer in jou huis, hou stil langs die see, of waar ook al vir jou gerieflik is. Jy kan die tyd spandeer in meditasie, gebed, of net gewoon in ‘stilte’ ... dis nie stap langs die see of in berg nie, en dis nie op Ɖ treadmill in die gym nie, en dis verseker nie in jou motor in die verkeer nie. Dis in ‘stilte’ waar jy niks doen behalwe om jou gedagtes tot bedaring te bring sonder om alewig iets te wil/moet doen.
    3. Om dagboek te hou, is baie terapeuties. En ag, moet nou nie weer begin met die verskoning, “O, ek kan nie skryf nie! Ek weet nie wat om te sĂȘ nie!” Vat Ɖ pen en op die eerste bladsy skryf jy één woord: DANKIE! En dan skryf jy Ɖ paar goed neer wat op diĂ© oomblik in jou lewe manifesteer in thankfulness, appreciation, and gratitude. Probeer onthou wie en wat jy was voor die wĂȘreld vir jou gesĂȘ het wie en wat jy moet wees. Skryf oor jou verhouding met God. Word stil en skryf neer wat jou siel jou antwoord.

Die krag van introspeksie lei jou om Ɖ rigting te vat, dis nie Ɖ bestemming nie. Dis Ɖ oomblik se besinning, nadenke, bepeinsing, oorweging om weer in kontak te kom met jou intuïsie (taal van die siel), jou intensies (taal van die hart), jou inspirasies (taal van die gees), jou integrasie (taal van die gevoel) deur middel van introspeksie (taal van die gedagtes). Introspeksie fokus ons gedagtes en bring ons terug na ons Bron (i.e. God). Dit kultiveer Ɖ bewussyn wat kop, hart, lyf en siel in lyn bring met ons Oorsprong (i.e. God). Deur introspeksie kom daar Ɖ hernude toewyding om ons lewe te lei as Ɖ refleksie van God ... to become the awareness of the presence of God — soos ons liturgie elke week afsluit.
Die uitdaging van introspeksie is die feit dat dit geen einde het nie. Dis Ɖ daaglikse proses, Ɖ lewenslange dissipline. My leesprogram is deel van my herkenning om tot insig (waarheid) en uitsig (wysheid) te kom. Om te lees is om Ɖ stil gesprek met myself te hĂȘ. Want ek lees vir introspeksie. Ek praat om te verstaan. Ek onderrig sodat ek kan leer. Dit alles gebeur, in die woorde van die groot filosoof Degenaar, “om van die intellek Ɖ siel te maak” want met my laaste asem wil ek weet dat ek Ɖ deurleefde mens was!

“Your visions will become clear only when you can look into your own heart. Who looks outside, dreams; who looks inside, awakes.” het Jung gesĂȘ. Van tyd tot tyd moet ons stock-take om te verstaan waar ons vandaan kom sodat ons weet waarheen ons op pad is. Besin oor jou seĂ«ninge en nie jou tekortkominge nie. Soos jy tyd maak vir jou liggaamlike behoeftes (eet, slaap, oefen, sosiaal verkeer) móét ons tyd maak vir ons spirituele ontwikkeling. Ja, introspektiewe siele kry soms die seerste in diĂ© wĂȘreld omdat introspeksie Ɖ sekere sensitiwiteit kweek, maar ten minste kan jy één ding van mense sĂȘ wat gereeld introspeksie doen in hul lewe — hul is nie onwetend (ignorant) nie. Hulle daag hul geloofsisteme uit. Hulle breek deur heinings. Hulle waag dit om te bevraagteken waar ander goedsmoeds napraat. Hul stap moedig hul eie spore daarom kan jy na elke liewe groot gees in die geskiedenis gaan kyk wat Ɖ verskil gemaak het — elkeen het gereeld, gedissiplineerd, tyd gemaak vir introspeksie.

Kom sluit Sondag by ons aan vir Ɖ uur se introspeksie as ons die maand se gesprekke saamvat in die woorde van Spreuke 20:5 — “The purposes of a man’s heart are deep waters, but a man of understanding draws them out.”

🌺 ACIM — Kolping: 3 Augustus @ 19h30 en Stad: 7 Augustus @ 19h30 — Chapter 12, Section VII. Looking Within (p230)

Besoek ons Facebook ​​​​​​​​​​

Gedagte vir die Week:
“Many people suffer from the fear of finding oneself alone, and so they don't find themselves at all.” ― Rollo May, ‘Man's Search for Himself’

Liturgie: 30_julie_2017

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights