en so loop die jaar haar laaste tree en kom sit ons om die laaste epos vir 2012 te skryf. Die week tussen Kersfees en Nuwe Jaar is altyd vir my ʼn week van stilte en nadenke oor die jaar wat verby is. Dit is ʼn week waarin ʼn mens jou seëninge tel en nie jou verdriet nie; dit is ʼn week wat gevul is met dankbaarheid oor die afgelope jaar; dit is ʼn week wat ʼn skuif maak van die kop na die hart om sodoende met ʼn opregte intensie onsself te fokus op die jaar wat voorlê; dit is ʼn week waarin ons met eerlikheid ons jaar wat verby is met vrymoedigheid laat los en die mooiste blomme saamdra vir die komende jaar; en met die verwagting vir die jaar wat voorlê, raak ons stil hierdie week om alles wat ons ervaar en beleef het oor te gee (wat nie opgee is nie) vir die potensiaal van ʼn nuwe jaar.
Dit is ʼn week wat ons vrese en skuldgevoelens oorgee (surrender) om plek te maak vir “new mindset” (a change of mind) want daar is nie een van ons wat nie verlang na ʼn jaar waar ons anders sal dink, anders sal optree, ander sal reageer nie. Miskien hunker jy saam met my na ʼn jaar waar ons meer sal vind as soek; om te weet waarheen ons op pad is; om vrymoedig ons eie spore te stap sonder om noodwendig ander se kaarte te gebruik; en om vry te kom van tydtafels en agendas.
Ons het die maand wat verby is, gesels oor die leer en lewe van Jesus – wie en wat hierdie Rabbi ons geleer het en hoe dit steeds relevant en betekenisvol is vir die tyd waarin ons leef. Hierdie Jesus wat vir ons die helende, heilige, allesomvattende bewussyn en refleksie van God is! Die mistieke beteken van die getal 8 is ‘INFINITY’ (∞) en ons gaan gesels oor die agt Saligsprekinge (Beatitudes) van Matteus 5 — en dit som die laaste jaar se gesprekke op:
Die Spirituele betekenis van SEËNINGE:
Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is,
want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.
Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.
Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.
Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word.
Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.
Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien.
Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is,
want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. (Matteus 5:3-10)
(die eerste 8 vorm ʼn eenheid waarvan ʼn negende een ʼn latere byvoeging en uitbreiding van die agtste een is)
Kom sluit die jaar saam met ons af eerskomende Sondag as die laaste Sondag van 2012.
Ons maak dit ʼn DIENS VAN DANKSEGGING EN TOEWYDING!
Bring gerus jou familie en vriende vir ʼn uur se aanbidding.
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“En kyk, EK is met julle al die dae tot die voltooiing (completion) van die Ewigheid” (Matteus 28:20)